PANNEKOEK: Baie planne met soet en sout vulsels

  • Net so met kaneelsuiker, of met ’n vulsel – pannekoek bly maar ’n veelsydige ding. Baie dankie aan al die Smul en Spaarders vir julle idees!

    SOUT VULSEL:

    * Gerasperde kaas met sweet chilli sous

    * 'n Lekker dik wit kaassous, met verskeidendeid van uie, hoender, bacon, aspersies, ham, rissies, feta, swartpeper. (Ilze Zimmerman Burger)

    * Lekker "savoury" maalvleis binne-in opgerol met 'n kaassous bo-oor. (Rolene de Beer)

    * Tunavis gemeng met ui,Worcestershiresous, mayonnaise en kaas. Dis prima lekker! (Petro Bezuidenhout)

    SOET VULSEL:

    * karamel met piesang, room, bessies, gerasperde sjokolade, neute ens, ens! (Ilze)

    * appel en kaneelsuiker, vinnig in die mikrogolf gaargemaak (Denyse Laing)

    * roomys!

    * lekker dik vla

    * grondboontjie-karamelsous (sien resep onder ‘DISCUSSIONS’)

    * enige pakkie kitspoeding: maak aan volgens instruksie op die pakkie

    * suurlemoensmeer (sien resep onder ‘DISCUSSIONS’)

    * enige vars vrugte: piesang, kiwivrug, aarbeie

    WENKE VIR ’N PANNEKOEKPARTYTJIE:

    Sien Smul En Spaar / The Budget Cookbook, p.93

    Beskikbaar teen R135 + R20 RSA posgeld (winkelprys R160)

    BESTELLINGS: smulenspaar@gmail.com



    Like this post to subscribe to the topic.