EKONOMIESE GEREGTE

  • EKONOMIESE GEREGTE

    EKONOMIESE RESEPTE

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE GEURIGE HOENDERGEREG - 50ml koekmeel, 5ml sout, swartpeper, 25ml olie, 500g hoenderporsies, 2 gekap uie, 50ml tamatiesoppoeier of hoenderroomsoppoeier, 250ml water, 25ml blatjang, 1 greenpepper gekap, 125ml water of vrugtesap van jou keuse, 250ml wortelblokkies, 250ml gaar ertjies. METODE - Meng meel, sout en peper. Bedek hoender met die meel. Braai hoender bruin in olie. Voeg uie by en braai sag. Meng soppoeier en water en voeg by. Kook tot verdik. Voeg blatjang, greenpepper, water/vrugtesap, wortels en ertjies by. Prut 20min of tot gaar. VARIASIE - Botterbone in plaas van ertjies kan gebruik word. Kan ook in die mikrogolf gaargemaak word vir 12min by 70%. Porsie 4 tot 6.

    Tereza Boshoff >

    Hierdie vlg Piesangslaai is Super Lekker, en hoe langer dit staan hoe lekkerder!! EKONOMIESE KERRIE PIESANGSLAAI - 15ml botter, 3 uie in ringe, 750ml kookwater, 10ml kerrie, 5ml mosterdpoeier, 40ml suiker, 3ml sout, 1ml swartpeper, 25ml maizena, 125ml asyn, 125ml water, 8 groot piesangs in skyfies. METODE - Braai uie in botter tot sag. Voeg kookwater by en prut tot uie sag is. Meng res bestanddele behalwe piesangs, en voeg by. Prut tot sous verdik. Verkoel in yskas tot yskoud. Voeg piesangs by. En laat staan weer 2ure. Porsie 10.

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE SOUSKLUITJIES - 250ml koekmeel, 10ml bakpoeier, 1ml sout, 15ml botter, 1 geklits eier, 125ml melk, 500ml water, knypie sout, kaneelsuiker, 10ml botter. METODE - Sif droe bestanddele en vryf botter in tot growwe krummels. Klits eier en melk en voeg by. Meng tot n deeg. Kook water en knypie sout. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Moenie te veel inskep nie. Deeg moenie teenmekaar le nie want dit rys baie. Sit styfpassende deksel op en kook 10min. Skep in opskepskottel en strooi kaneelsuiker na smaak oor. Stip met botter. 5ml botter en kaneelsuiker kan by res van die water gevoeg word en as sous saam met kluitjies bedien word. Porsie 8 tot 10.

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE VARKVLEIS EN KOOL BREDIE - 15ml olie, 750g varkrib in stukke of vark van jou keuse, 2 gekap uie, 1 gekap knoffel, 1ml kerrie, 10ml sout, 1ml swartpeper, 500g kool gekerf, 50ml maizena, 125ml vleisaftreksel, 10ml suiker. METODE - Braai vleis bruin in olie. Voeg uie, knoffel en kerrie by en braai sag. Voeg sout, peper en kool by. Meng maizena en aftreksel en voeg by. Prut stadig met deksel 40min of tot sag. Voeg suiker by en bedien. VARIASIE - Vervang kool met spinasie. Gebruik sampioensoppoeier in plaas van maizena. Om vliee weg te hou van die kool reuk - strooi bietjie peper op deksel. Porsie 6.

    EKONOMIESE TUNA SOP

    Natalie Enslin Kruger

    1 x blikkie tuna, 1 x blikkie Cream of Tomato Soup, 1 x 250ml room. Meng als saam en verhit. Cream of Mushroom Kan ook bebruik word.

    Tereza Boshoff > EKONOMIESE KITS KAASGEREG - 10ml olie, 1 gekap ui, 1 gekap greenpepper, 6 snye volkoringbrood of van jou keuse, 2 eiers, 500ml melk, 3ml sout, 5ml paprika, 250ml rasper kaas, 25ml gekap pietersielie. METODE - Braai uie en greenpepper sag in olie. Klits 1 eier en half melk. Halveer brood en doop in eiermengsel. Plaas laag van die brood op bodem van gesmeerde oondbak. Geur met sout en paprika. Skep van die uiemengsel op. Strooi van die kaas oor. Herhaal die lae tot brood op is. Klits ander eier met res melk en gooi oor. Strooi res kaas oor. Strooi pietersielie oor. Bak 25min by 190 of tot gestol. Porsie 4 tot 6.

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE AARTAPPEL EN EIER PASTEI - 4 gaar aartappels in skywe, 4 hard gekook eiers in skywe, 125ml rasper kaas, 25ml botter, 25ml volkoringmeel, 2ml sout, 250ml melk, broodkrummels. METODE - Plaas laag aartappels in gesmeerde oondbak. Dan laag eiers. Strooi half kaas oor. Herhaal weer laag aartappels en eiers. Smelt botter. Roer meel by. Roer melk geleidelik by tot kook en sous verdik. Geur met sout en gooi oor aartappels. Strooi krummels oor. Bak 20min by 180 of tot bruin. VARIASIE - 1 gekap gebraaide ui kan op aartappels geskep word. Broodkrummels kan weggelaat word. Porsie 4.

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE HOENDERRISOTTO - 25ml olie, 1 gekap ui, 1 gekap knoffel, 1 gekap seldery, 250ml rou rys, 250ml gaar hoenderblokkies, 500ml hoenderaftreksel, 3ml sout, 1ml swartpeper, 1ml droe roosmaryn, 250ml gaar ertjies, 75ml rasper kaas. METODE - Braai uie, knoffel en seldery in olie 3min. Voeg rys en hoender by en braai 2min. Voeg aftreksel en geurmiddels by en verhit tot kook. Prut laag vir 15min. Voeg ertjies by. Skep in n oondbak. Strooi kaas oor. Bedek en bak 10min by 180. VARIASIE - 250ml gemeng groente kan bygevoeg word. Porsie 4.

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE GEBRAAIDE KOOL - 650g kool repies, 25ml botter, 2 wortels gerasper, 1 ui gekap, 2 gekap seldery, 2 gekap tamaties, 10ml suiker, 3ml sout, swartpeper. METODE - Braai kool, wortels, uie en seldery in botter 7min. Voeg tamaties by en braai 3min. Geur met suiker, sout en peper. Braai 2min. Porsie 4 tot 6.

    Tereza Boshoff ▶

    Hierdie is seker die maklikste appeltert wat jy kan maak!! EKONOMIESE APPELKRUMMELTERT - 500ml koekmeel, 5ml bakpoeier, 250ml suiker, 120g botter, 840g blik tertappels, kaneelsuiker. METODE - Meng al die droe bestanddele. Vryf die botter in. Skep 2derdes van die deeg in gesmeer vierkantige tertbord. Skep appels bo-op. Strooi res van die deeg oor. Strooi kaneelsuiker oor. Bak 20 tot 30min by 180. Bedien met room of vuurwarm met vanilla roomys. Porsie 12.

    Tereza Boshoff >

    Maak jou eie jogurt. Jy kan dit geur met fyn gesnyde vrugte van jou keuse. JOGURT - 500ml melkpoeier, 1 liter warm water, 500ml ongegeur jogurt. METODE - Meng alles goed saam en plaas in n houer met n deksel wat in die oond kan gaan. Voorverhit oond tot 100. Wanneer hitte bereik is plaas houer in oond en skakel oond dadelik af. Laat staan oornag. Roer vlg dag die vrugte by en hou in yskas.

    Tereza Boshoff ▶

    EKONOMIESE KERRIEHOENDER MET GROENTE - 20ml olie, 2 gekap uie, 1 greenpepper repies, 3 aartappels blokkies, 1 gekap knoffel, 1ml paprika, 10ml kerrie, 2ml gemmer, 3ml sout, 500ml gaar hoenderblokkies, 3 gekap tamaties, 10ml suurlemoensap. METODE - Braai uie, greenpepper en aartappels 5min. Voeg geurmiddels by en braai so 8min tot sag. Voeg hoender en tamaties by. Prut 10min tot sous dik is. Roer sap by. Bedien op samp, rys of pasta. Porsie 6.

    Tereza Boshoff >

    Hierdie koek is tog te lekker. Bedien dit warm. EKONOMIESE KAAS EN MARMITEKOEK - 250ml koekmeel, 10ml bakpoeier, 3ml sout, 90g botter, 125ml rasper kaas, 250ml melk, 25ml botter, 5ml marmite. METODE - Sif droe bestanddele. Vryf botter in meel. Voeg kaas by. Voeg melk by en meng goed. Skep in gesmeer vierkantig tertbak en bak 20min 180. Smelt die 25ml botter en 5ml marmite. Prik koek en skep bottermarmite egalig oor koek. VARIASIE - Kan in die mikrogolf gaargemaak word soos volg - Plaas op n omgekeerde piering en mikro 7min 70% en dan 3min 100%. Laat staan 5min. As nie gaar is nie mikro 30sek 70% of tot gaar. Porsie 10 tot 12.

    Tereza Boshoff > EKONOMIESE BOTTERKOEK - 100g wit margarien, 175ml suiker, 1 geklits eier, 2ml vanilla, 375ml koekmeel, 12ml bakpoeier, 1ml sout, 120ml melk. METODE - Room margarien en suiker. Klits eier en vanilla by. Sif droe bestanddele en voeg om beurt met melk by bottermengsel. Skep in 2 koekpanne 20cm. Bak 30min by 190. VARIASIES - Vir n Speserykoek voeg by 5ml kaneel, 5ml gemmer en 2ml fyn kruienaeltjies en laat die vanilla weg. Vir n Sjokoladekoek voeg by meng 50ml kakao met 30ml water en los dit op in warm melk. Koel af voor by deeg gevoeg word. Vir n Klapperkoek week 50ml klapper in die melk en voeg by deeg. Vir n Piesangkoek roer 200ml fyn piesang by die deeg. Porsie 10 tot 12.

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE STOOMPOEDING - 80ml botter, 175ml suiker, 250ml koekmeel, 2ml sout, 10ml bakpoeier, 80ml melk, 2 styfgeklits eierwit, 25ml gouestroop. METODE - Room botter en suiker. Sif droe bestanddele. Meng om beurt met melk by bottermengsel. Vou eierwit in. Skep stroop in gesmeerde stoompoedingvorm. Skep deeg bo-op maar nie meer as 2derdes vol nie. Plaas die deksel dig toe op die vorm en maak toe met foelie. Stoom 2ure. Bedien met warm vla VARIASIE - voeg 7ml gemmer by deeg. Of voeg 25ml kakao en 25ml suiker by droe bestanddele. Of geur deeg met 15ml sterk koffie en 3ml vanilla. Porsie 6.

    EKONOMIESE TUNA SAAM MET PASTA 2

    Nicolene Weyers

    Ek maak kaassous, kook macaroni en roer tuna by, meng als saam en geur met speserye na smaak.

    EKONOMIESE TUNA SAAM MET PASTA RESEP

    Zelmarie Pretorius >

    Braai 'n ui en gooi die tuna by! Gooi 'n pakkie mushroom sop by met biekie water of room tot dit 'n lekker sous is vir pasta! Meng met pasta!

    Tereza > EKONOMIESE KERRIE-EIERS MET PIESANGS - 10ml olie, 2 gekap uie, 10ml kerrie, 1 groen appel grof gerasper, 15ml koekmeel, 15ml suiker, 15ml suurlemoensap, 1ml sout, 200ml water, 4 piesangs, 500ml gaar rys, 4 hardgekook eiers. METODE - Braai uie in olie sag. Voeg kerrie by en braai 1min. Voeg res bestanddele, behalwe piesangs, rys en eiers by. Prut bedek 10min. Sny piesangs in helfte deur en plaas in sous. Kook 5min. Skep op warm rys en rangskik kwart eiers bo-op. Porsie 4.

    *Tereza* EKONOMIESE BEESSTERT GEREG - 1.8kg beesstert in stukke, 125ml koekmeel, 5ml sout, swartpeper, 25ml olie, 50ml botter, 250g sampioene in kwarte, 4 gekap uie, 4 gekap seldery, 2 wortels dun repies, 4 gekap knoffel, 250ml droe witwyn(opsioneel), 6 tamaties geskil gekap, 375ml biefaftreksel(voeg die ml van wyn by as die wyn nie gebruik word nie), 1 lourierblaar, growwe sout, 45ml ongeg...eur jogurt of room. METODE - Verhit oond 180. Sny sigbare vet van vleis af. Meng meel sout en peper. Rol vleis in meel. Braai vleis in olie en botter. Skep uit en hou eenkant. Braai sampioene en skep uit by vleis. Braai uie, seldery, wortels en knoffel 3min. Voeg aftreksel by en prut 3min. Voeg vleis, sampioene, tamaties, lourierblaar en sout na smaak by en verhit tot kook. Haal van stoof. Roer room by. Skep in oondbak. Bedek en bak 4ure of tot sag. Bedien op rys of stampmielies. Porsie 6.Sien meer

    Tereza Boshoff >

    EKONOMIESE VOLKORING KARRINGMELK BESKUIT -

    6 x 250ml volkoringmeel, 625ml broodmeel, 125ml suiker, 10ml sout, 10ml bakpoeier, 10ml koeksoda, 10ml kremetart, 200g wit margarien, 125ml pitlose rosyne, 450ml karringmelk, 1 geklits eier, sagte xtra margarien, melk verdun met bietjie water. METODE - Meng droe bestanddele. Vryf margarien in. Voeg rosyne by. Dit kan uitgelos word as v...erkies. Klits karringmelk en eier en voeg by. Meng goed tot n sagte deeg. Keer uit op meelbestrooi oppervlak. Druk deeg liggies aanmekaar. Knyp balletjie van deeg af en pak styf teen mekaar in gesmeerde broodpan. Smeer tussen elk ry balletjies van die sagte margarien en van die melkwater. Verf van die melkwater bo-oor. Bak 10min by 240 en dan 50min by 190 of tot gaar. Keer uit en koel af. Breek in beskuite en droog uit so 4ure by 120. Porsie 50.



    Like this post to subscribe to the topic.
  • EENBAKETE MET SOUTBEESVLEIS: [maak hom in jou potjie]

    Bietjie olie

    2 Uie Gekap

    ½ Pakkie Spek, gekap

    2 Knoffelhuisies, gekneus

    ½ Teel Gedroogde pietersielie

    1 Rooi Soetrissie, ontpit en in blokkies gesny

    1 Blik Soutbeesvleis, fyn gemaak

    1 Blik Geroomde sampioene

    1 Blik Sampioene in skyfies gesny

    2 Teel Bruinsuiker

    1 Teel Kerriepoeier

    3 Eetl Blatjang

    1 Teel Worcestersous

    Sout en gemaalde swartpeper na smaak

    1 Koppie Water

    3 Koppie Amper gaar rys

    1 Koppie Cheddarkaas, gerasper

    Stel oond op 180C. Soteer uie, spek en knoffel oor lae hitte tot sag. Voeg pietersielie en soetrissie by en soteer nog ‘n bietjie. Voeg die soutvleis en al die sampioene by. Meng suiker, kerrie, blatjang, worcestersous, sout en peper met water en roer goed deur. Voeg by vleismengsel in kastrol en prut oor lae hitte vir 5 minute. Skep rys in ‘n groot genoeg gesmeerde oondbak. Skep vleismengsel bo-op en sprinkel kaas oor. Bak vir 30 minute of tot alle vloeistof geabsorbeer is.

    Jeanette>

    BULLYROL

    Bestanddele

    1 x Blaardeeg

    Marmite

    1 eier (geklits)

    1 blikkie bullybief

    1 ui - fyngekap

    Koppie kaas

    2 eetlepels Chutney

    Green Pepper na smaak (opsioneel)

    Metode

    Kap die ui fyn.

    (Ek kook die fyngekapte ui met 'n bietjie water in die mikrogolf vir so 1 minuut net om die ergste branderigheid uit te haal).

    Meng die ui en Bullybief.

    Rol blaardeeg oop.

    Neem die agterkant van 'n teelepel en "smeer" die marmite eweredig oor die blaardeeg.

    Skep bogenoemde gemengde bestanddele op blaardeeg. Versprei eweredig. Rol blaardeeg op.

    Plaas op bakplaat.

    Sny blaardeeg ? moenie deursny nie.

    Verf geklitste eier oor vleisrol.

    Bak op 180 grade tot goudbruin.

    Kan warm of koud geniet word.

    Kan ook as hoofgereg bedien word, met slaai daarby

  • Jeanette>

    BOELIEBEEF GEREG:

    .by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Friday, June 3, 2011 at 1:54pm.

    Uie, so 3 – 4 , maar ek hou nogal van uie, so ek sal nog meer insit.

    Knoffel (dis my eie toevoeging, maar ek like dit ook!) So een huisie, fyn gekap.

    Braai die lotjie in botter/marge (verkieslik nie olie nie, die botter gee ‘n lekker smaak) tot sag.

    Boeliebeef 1 – 2 blikkies, opgesny in blokkies.

    Roer in saam met die uie en braai dit ‘n rukkie.

    Skil aartappels, soveel as wat jy dink genoeg is vir jou mense – dis die aartappels wat hulle gaan dik maak.

    Sny in kleinerige blokkies en gooi bo-op die uie-en boeliebeefmengsel. MOENIE DEURMEKAAR ROER NIE.

    Geur met sou en peper.

    Gooi ‘n knertsie water by – so 50 ml

    Baie NB:

    Stip met botter/margarien.

    Sit deksel op en kook tot gaar. (ongeveer ‘n uur) Matige hitte

    Die uie en boeliebeef behoort effens aan te brand – dis deel van die lekker.

    Roer die hele spulletjie deurmekaar en enjoy!

  • Jeanette>

    TOASTED BULLY BEEF SAMIES:

    Bread, margerine and your choice of filling (Try Bully Beef with tomato onion and cheese and chutney)

    Prepare sandwich as normal, buttering the outside thoroughly. Place whole on skottel and brown both sides.

    Jeanette>

    DEEG VIR BULLYBEEF-SKYWE:

    by Kos vir kampeerders met idees vir kampering on Wednesday, April 27, 2011 at 12:26pm

    Klits 125 ml melk en 1 eier saam.

    Voeg by: 180 ml koekmeelblom

    5 ml sout

    knypie peper

    Meng tot gladde beslag.

    Doop skyfies vleis (± 1 - 1½ cm dik gesny) in beslag en braai in olie.

    Jeanette>

    BOELIEBEEF-KONKOKSIE:

    125 g spekvleis in stukkies gesny

    2 knoffelhuisies, fyngedruk

    2 ertappels, geskil en in blokkies gesny

    2 groot ryp tamaties, ontvel en fyngekap

    250 ml hoenderaftreksel of een hoenderblokkie, of hoendersop

    1 blik bief in blokkies gesny

    2 ml gemengde kruie

    sout en peper

    4 snye roosterbrood met botter gesmeer en in vingers gesny.

    Braai die spekvleis tot gaar, maar nie bros nie.

    Voeg knoffel en ertappels by en roerbraai ongeveer 1 minuut lank.

    Voeg die tamaties en aftreksel by.

    Verlaag die hitte en prut tot ertappels gaar is,

    Voeg die res van die bestanddele by behalwe die roosterbrood.

    Prut saam vir 5 minute.

    Dien op met die gesmeerde roosterbrood.

    Genoeg vir 4 mense.

    Jeanette>

    BOELIEBEEF GEREG:

    .

    Uie, so 3 – 4 , maar ek hou nogal van uie, so ek sal nog meer insit.

    Knoffel (dis my eie toevoeging, maar ek like dit ook!) So een huisie, fyn gekap.

    Braai die lotjie in botter/marge (verkieslik nie olie nie, die botter gee ‘n lekker smaak) tot sag.

    Boeliebeef 1 – 2 blikkies, opgesny in blokkies.

    Roer in saam met die uie en braai dit ‘n rukkie.

    Skil aartappels, soveel as wat jy dink genoeg is vir jou mense – dis die aartappels wat hulle gaan dik maak.

    Sny in kleinerige blokkies en gooi bo-op die uie-en boeliebeefmengsel. MOENIE DEURMEKAAR ROER NIE.

    Geur met sou en peper.

    Gooi ‘n knertsie water by – so 50 ml

    Baie NB:

    Stip met botter/margarien.

    Sit deksel op en kook tot gaar. (ongeveer ‘n uur) Matige hitte

    Die uie en boeliebeef behoort effens aan te brand – dis deel van die lekker.

    Roer die hele spulletjie deurmekaar en enjoy