3 BRAAIVLEIS - IETSIE ANDERS PLASINGS 14/01/2012
RESEP 1 HOT DOG ROLL UPS
MOES NET HIERDIE IDEE MET JULLE DEEL: HOTDOG ROLL-UPS
(LET WEL BESTANDDELE IS VIR SLEGS 1 HOTDOG SO PAS JOU BESTANDDELE AAN. FOTOS WYS BAIE MOOI WAT OM TE DOEN)
Step 1: Collect the ingredients. You will need:
ground beef (about 6 oz.)
1 hotdog
2 slices of cheese
a large sub or bread roll
2 slices of bacon
2 eggs
salt and pepper
Preparation
Break 2 eggs into some type of bowl.
Mix them up until they look like scrambled egg makings.
Meatcake
Prepare the meatwad! You'll need about 4-6 oz. of meat.
Smash all the meat into a meat pancake (A meatcake if you will)
Lay the hotdog on the meatcake and trim it so that you have enough to roll the meat around the hot dog into a Ho-Ho like fashion.
Remove the hotdog and dump enough of the eggs onto the meat to more or less soak it. Also add salt and pepper.
Bacon + hot dog = WOW!
Wrap the hotdog in 2 slices of bacon so that the whole thing is more or less covered with bacon...looks delicious doesn't it?
Now it's time to fire up the grill and start some cooking. Put the bacon-wrapped hot dog on the grill and begin cooking.
Because of all the bacon fat you may get a huge fire...this is normal, just don't let it get out of control.
Prepare the wrap
Dump all the egg off the plate, so that you have only egg soaked meat, and add your favorite seasoning.
Put the cheese on the egg soaked meatcake (about 1 1/2 slices)
Now it's time to wrap this thing up. This takes a lot of concentration, and a large spatula. Put the bacon covered hotdog on the cheese, brace it all with a spatcula, and start wrapping.
If you put the meatcake on a piece of plastic wrap, this process could be made much easier, and you will probably not need a spatula**
The easiest way to do it is to just flip the meat over, and then kinda press it all together with your hands, and roll it around on the plate.
You end up with something that looks like this. Yeah, I know what you're thinking " wow, that looks so good I just came in my pants!" Well, just hold on, because it gets better!
Cook / Eat
Put the roll of goodness on the grill. It will need to cook for about 20 minutes or so, you want to make sure that you cook the meat the whole way through
While it's cooking you need to prepare the roll. Get a load of butter on a knife and spread that shit out. The more butter, the better it tastes, Throw that roll on the grill and let it toast for about 3-5 minutes.
The meat should be done now, so take that perfectly toasted butter roll and slap it on top of the now sizzling and oozing cheese hot-dog-rollup. Lift the whole thing off the grill with a spatula, make sure to use two hands, this thing is huge.
Now add your favorite condiments and topping.
(RESEP EN FOTO'S goonswithspoons)
RESEP 2
Ann - OORSKIED BRAAIVLEIS:
Hoeveel keer braai ons en na die tyd bly daar hierdie enorme bak vleis oor. Hierdie sousie is `n regte wenner vir oorskiet braaivleis en dis minimum moeite om aan mekaar te slaan.
Gooi die volgende bestandele in `n potjie op die stoof en kook vir so 5 min saam... 1 Koppie Tamatie sous
½ Koppie Assyn
¾ Koppie Suiker
1½ Teelepel Tabasco Sous of `n knypie Cyan Peper
Sny die oorskiet braaivleis op in blokkies en giet die sousie daaroor.
Sit in die oond teen 220° vir so 20 min en geniet..saam met lekker pap of kapokaartappels
RESEP 3 Ann - ROOI HOEDER GEBRAAI OOR DIE KOLE
BESTANDELE
2 KG HOENDERPORSIES (WANT ALMAL EET MEER)
1 BOTTEL TAMATIESOUS
1 E WORCHESTERSOUS
1 KOPPIE ASYN (250 ml)
HALF KOPPIE KOOKOLIE (125ml)
1 GROOT UI FYNGEKAP
METODE
MENG DIE SOUS BESTANDELE
MARINEER HOENDER 8-12 URE IN DIE SOUS
STROOP MARINADE AF EN BRAAI TOT AMPER GAAR OOR MATIGE KOLE
KOOK INTUSSEN SOUS VIR SO 10 MINUTE EN PLAAS DAN DIE HOENDERPORSIES IN DIE SOUS EN KOOK VIR NOG 20 - 30 MINUTE
HAAL UIT EN GEUR DIE PORSIES NA SMAAK MET SOUT ,PEPER EN STERK GOED AS JY WIL
BEDIEN SAAM MET RYS EN VARS BROOD EN VEE DIE POT UIT MET NOG BROOD
SLAAI KAN JY MAAK MAAR OP EIE RISIKO WANT DIT GAAN MORS!
RESEP 4 Ann - Bacon en mushroom sous saam met braaivleis
Hierdie een bou ek sommer so op gevoel, maar hier is min of meer hoe dit werk:
2 uie, fyn gekap
250g gesnipperde bacon
een pakkie vars mushrooms / een blikkie gesnipperde mushrooms
250ml room
sampioenroomsop
melk
sout en swartpeper na smaak
Braai die uie in klein bietjie olie tot deurskynend. Gooi die bacon by en braai tot bros. Gooi die mushrooms by en braai so 5 minute. Meng die room met die helfte van die soppoeier, en vul aan met melk tot 500ml. Voeg by die bacon mengsel. Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en laat prut vir 10 minute.
Jy kan dit maklik meer maak met die res van die soppoeier en nog melk. Bepaal ook hoe dik jy dit wil hê deur nog bietjie soppoeier by te gooi.
Heerlik saam met braaivleis en pap, oor steak, net so op buns, en die kinders is gewoonlik mal daaroor.
RESEP 5 CASTLE PERI-PERI BUFFALO WINGS (LEON PIENAAR)
12 Buffalo Wings (Hoender Vlerkies)
20ml Soya Sous
5ml Gemmer
10ml Stroop / Heuning
10ml Knoffel en Peri Peri
20ml Suurlemoen Sap
1 bottel Castle Peri - Peri Marinade
Laat le Vlerkies in Castle Marinade vir 4 tot 8 ure.
Basting Sous:
Meng Soya , Stroop , Gemmer Knoffel & Peri Peri , Suurlemoen sap alles saam.
Braai Vlerkies op matige kole en smeer met basting tot gaar.
Bedien met 'n Peri – Peri sous.
RESEP 6 Ann - Broodslaai
Bestanddele:
halwe brood, in blokkies gesny
2 eiers
driekwart koppie suiker
halwe koppie asyn
1 eetlepel mosterd poeier (ek maak dit soms 2)
6 eetlepels mayonnaise (hier gaan ek ook wild – proe aan die sous! jy sal weet)
halwe bakkie room (125ml, ek dink)
olie vir diep braai
Braai die broodblokkies in diep, warm olie tot goudbruin. Dreineer goed op kombuispapier. (Servette doen ook die ding) Klits die eiers en suiker saam. Meng asyn en mosterd poeier, en voeg by eiermengsel. Kook alles op lae hitte saam tot deurskynend. Roer aanhoudend. Verwyder van hitte en voeg mayonnaise en room by. Meng goed en laat afkoel. Gooi die sous oor die brood blokkies so 10 minute voordat daar geëet word.
RESEP 7 Lynne Van Vuuren Ek het ook die resep en dit is fantasties. Ek gooi ook net voordat ek die sous wat oornag in die yskas was klein blokkies kaas in. Die enigste ding van die resep is dat jy die brood baie goed moet droog om al die olie uit te kry. Ek maak myne in die aand en sit verskuif dit n paar keer na skoon bruin papier
RESEP 8 BRAAI BAKE
HIERDIE IS 'N KNORR RESEP MAAR SOOS JULLE WEET KRY ONS NIE MEER DIE Knorr Pap Mix NIE NOU WAT KAN EK IN PLAAS DAARVAN GEBRUIK>
BRAAI BAKE : Serve this tasty bake as an accompaniment at braais and barbecues for something different to the usual bread selection.
Serves 6 | Preparation Time: 10 mins | Cooking Time: 60 mins
Ingredients
• 2,5 litres water
• 30 ml margarine
• 5 ml baking powder
• 250 ml cream
• 1 sachet Knorr Pap Mix Cheese Flavour
• 1000 ml maize meal
• 500 ml cheese, grated
• Chopped parsley for garnish
Instructions
1. Fill a pot with 2 litres of water, add the contents of Knorr Pap Mix sachet, add
the margarine and bring to the boil
2. In a bowl, mix the maize meal with the remaining water then stir into the pot
and simmer until cooked
3. Scoop the maize into a casserole dish using an ice-cream scoop, sprinkle with
grated cheese and pour over the cream
4. Bake at 180°C for 15–20 min or until cheese has melted and the cream has
thickened
5. Sprinkle with chopped parsley
NOTA :
NR 1 Maritza Backhouse Bezuidenhout
wat van gewone soppoeier, of potato bake ini pap in gemeng
NR 2 Annelie Rabie ja leke pap ballekies geur met aromat, knoffel ui sop enige lekke spice.
NR 3 Veronica Louw In die plek van pap mix gebruik ek potato bake. Dis ook baie lekker.
RESEP 9 MIELIE OP DIE BRAAIROOSTER / CORN ON THE COB
HOE MAAK JY JOUNE LEKKER!!!
IDEE 1
These cheese-flavoured corn on the cobs are a treat for family and friends and taste delicious cooked on an open braai.
Serves 4 | Preparation Time: 40 mins | Cooking Time: 30 mins
Ingredients
• 4 ears of corn with husks still attached
• 1 packet Knorr Creamy Three Cheeses Sauce
• 3 piquant peppers, chopped
• 115 g margarine, softened
• 5 olives, pips removed and chopped
• 2 sprigs rosemary, chopped
Instructions
1. Soak the corn whole in plenty of water for 30 min
2. Remove and shake to get rid of excess water, gently peel back husks without
tearing the cob, then remove and discard the silk
3. Mix the margarine with the Knorr sachet contents, olives, piquant peppers and
rosemary, smear all over the cobs then tie the husks with cotton thread at the
top to secure
4. Braai or bake the corn for 20–30 min until tender
IDEE 2 MIELIES WITH A BACON TWIST Craig from Durban)
Ingredients
4 Sweet Mielies with their leaves on
2 Packets streaky bacon
Method
Open up your mielies
Soak the mielies in a bucket of water for half an hour.
Take out the mielie and open up the leaves.
Take a piece of streaky bacon and stretch with the back of a knife.
Then take the stretched bacon and wrap around the Mielie.
Wrap as many pieces of bacon as you want.
Close the leaves and toss on the braai for about 20-30 minutes
Take off the braai. Open up
RESEP 10 Ann - BIERMARINADE
175ml bier
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30ml suurlemoensap
30ml suurlemoenskil, gerasper
Meng alles saam.
BRAAISOUS
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10ml olie
200ml tamatiesous
150ml water
75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous
5ml sout
10ml mosterd
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend. Voeg die res van die bestandele by en prut vir 5 minute. Heerlik saam met oor die kole gebraaide hamburgerkoekies
BRAAIVLEISMARINADE
200ml vleisaftreksel
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.
PYNAPPELMARINADE
200ml pynappelsap
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15ml gemmerwortel, gekap
5ml fyn gemmer
Meng alles saam.
WYNMARINADE
200ml rooiwyn
100ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.
RESEP 11
ust before serving the braaibroodjies, insert one sunny side up egg or wors
photo 1
Ingredients:
cheese (I prefer aged cheddar)
tomato
onion
chutney
salt & pepper
butter
eggs (baked sunny side up in a pan)
Method:
The braaibroodjie (braaied toasted sandwich) is arguably the highlight of any braaing experience. Many South Africans braai meat simply as an excuse to also have braaibroodjies. The traditional braaibroodjie is done by making a sandwich with cheese (I prefer aged cheddar), tomato, onion, chutney, salt & pepper with butter on the outside. Braai this sandwich in a closed grid over very mild coals until the outsides are golden brown and the cheese is melted. bake some eggs sunny side up in a pan on the braai or stove, and when your braaibroodjies are finished gently pull them open and insert one egg into each.
photo 2
Thin boerewors braais for about as long as braaibroodjies. When both are done, insert some of the former into the latter.
(foto's en idee en resep : Jan Braai)
RESEP 12 Ann - KWAAI BRAAI PASTEI RESEP
Hierdie pastei wat op die kole bebraai kan word, is ons gunsteling en ons het reeds baie variasies uitprobeer met verskillend vulsels. Sommige met vleis en ander heeltemal vegetaries. Probeer gerus jou eie variasie. Die pastei kan die volgende dag weer koud ge-eet word en is dan net so lekker.
BESTANDDELE
Twee rolle skilferkorsdeeg
Twee dubbelle handevol gesnipperde spinasie
Enige tipe gaar vleis, maar gerookte hoederborsies is lekker
250 gm spek
1 groot ui
1 rooi soetrissie
1 geel soetrissie
250 gm sampioene
100 gm Fetta kaas
100 gm Cheddar kaas
100 gm Mozzarella kaas
1 hoendereier
¼ koppie melk
METODE
Ontdooi die deeg vooraf en rol uit op 'n snyplank.
Braai die ui en spek en laat effens afkoel.
Kerf die vleis, spinasie, kaas en rissies grof.
Plaas nou eers die helfte van die rou spinasie op die deeg, pak dan die vleis op, dan die spek en uie gevolg deur die sampioene.
Sprinkel so nou en dan 'n bietjie van Ina Paarman se Rosemary en Olive speserye en swart peper op - nie sout nie. Die bestanddele is sout genoeg.
Nou volg die drie kase en laastens word alles afgerond met die ander helfte van die spinasie.
Sit die boonste laag deeg op en vou die rante dig toe. Dit is nogal 'n hoë hopie bestanddele, maar druk dit maar vooraf 'n bietjie plat en sit dan die deeg op. Verf die deeg met 'n mengsel van eier en melk
Gebruik 'n toebroodjierooster met randjies en braai die pastei nie te laag op die kole nie. Draai gedurig om en braai vir ongeveer 20 minute tot die deeg mooi bruin is. Sny in porsies en geniet dit.
Vir 'n vegetariese pastei kan die vleis net uitgelos word. Dis steeds heerlik. Maak ook jou eie kombinasies op.
RESEP 13 HIER IS DIE DEEG SOMMER BY P&P GEKRY WAT KAN ONS BYVOEG VIR ‘N LEKKER BROODJIE OM SAAM MET DIE BRAAI VLEIS TE GENIET
BACON AND ONION BREAD
Ready made bread dough
Chopped Bacon
Chopped Onions
Chopped Greenpeppers
Method
Fry bacon, onion and greenpeppers in a pan.
Roll out bread dough and spread bacon mix on surface.
Roll up like a swissroll.
Put into flat bottom potjie and bake on coles or
put into a ovensafe dish and bake in oven.
Eileen Moore Karsten Rol di deeg uit smeer chakalaka oor di deeg en strooi gerasperde kaas oor. rol di deeg op soos n swiss roll. plaas in brood pan en strooi kaas bo-oor en bak
Christa Jordaan Die broodjie nou gemaak. Rol deeg dunner uit. Gooi oor gekapte uie, fyngekapte biltong en rasper kaas. Rol op soos swiss roll. Sit in brood pannetjie. Bak 1 uur op 160
RESEP 14 Ann - ASBROOD
750ml bruisbroodmeel
25ml witbroodmeel
10ml bakpoeier
2.5ml sout
500ml karringmelk
Meng dro bestanddele en maak aan met karringmelk. Druk deeg plat (3cm dik) op 'n groot stuk aluminium foelie. Vou dig toe in foelie maar laat ruimte om te rys. Plaas op half uitgebrande kole en gooi toe met oorblywende kole. Bak ongeveer 45 minute.
RESEP 15 Ann - MAKLIKE ROOSTERKOEK
500g bruismeel
340ml bier
5ml sout
olyfolie
Meng die bestanddele deeglik en knie. Vorm die roosterkoekies en smeer dit met olyfolie. Rooster dit 20 minute lank oor baie stadige kole. Draai dit gereeld om.
VARIASIE:
Voeg 5ml gekapte knoffel, 125 ml gerasperde Cheddarkaas en 'n gerasperde ui by.
RESEP 16 Ann - Oor-die-kole-snoek met gebakte patats
Daar's niks so heerliks soos 'n snoek oor die kole ni
(4 - 6 porsies)
30 ml heuning
15 ml tiemie, gekap
5 ml fyn kaneel
30 ml olyfolie
7 klein patats, gehalveer
45 ml appelkooskonfyt
100 ml botter
2 knoffelhuisies, gekap
sap en skil van 2 suurlemoene
800 g snoekfilet, vars of bevrore
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
appelkooskonfyt vir brood
Verhit oond tot 200 ˚C. Meng heuning, tiemie, kaneel en olie. Plaas patats in 'n oondvaste bak en gooi heuning-mengsel oor. Bedek bak met tinfoelie en bak vir 25 - 30 minute of tot sag en gaar.Meng konfyt, botter, knoffel en suurlemoensap en -skil in 'n klein potjie. Plaas oor lae hitte en smelt alles saam. Plaas snoek op 'n toeklap-rooster wat gespuit is met kleefwerende sproei. Maak 6 snye in die vis se vel en verf met die bottermengsel. Plaas die vel-kant eerste oor die warm kole en braai stadig vir 5 minute. Verf met die botter-mengsel terwyl dit braai en draai om. Herhaal totdat die vis goudbruin en gaar is - sowat 15 - 20 minute. Sit warm vis saam met patats, stokbrood en appelkooskonfyt voor.
RESEP 17
Ann - Anders Tamatie en Kaas braaibroodjies oor kole
Hier is wat ek doen vir braaibroodjies wat ook anders is.
Appelkooskonfyt
Jalapeno peppers (die gekerfdes in bottel)
Tamatie
Uie
Kaas
Smeer die appelkooskonfyt op broodjies, jalapeno peppers, tamatie, uie en kaas alles tesame op broodjie. Rooster op vuur. (Dit gee so lekker sout, byt smakie)