BOTTEL EN BERE

  • 1BONE-BLATJANG

    1 lb bone halwe t peper

    4 groot uie 4k suiker

    1 bottel asyn 2e kerrie

    5 groot tamaties 1e sout

    maizena naeltjies

    borrie

    Kook bone en uie in asyn tot sag.

    Kap in stukkies en voeg tamaties by.

    Voeg by peper, suiker, kerrie, sout, 10-15 naeltjies en borrie.

    Voeg maizena laaste by.

    GEELPERSKE-BLATJANG

    1,5kg geelperskes 125ml bruinsuiker

    2 gekapte uie 15ml kerriepoeier

    3 rissies 15ml borrie

    1 bottel asyn 15ml sout of na smaak

    7,5ml wonderpeper 1 klein knoffelhuisie

    Skil perskes, verwyder pitte en kap fyn. Kap uie fyn.

    Plaas alle bestandele in kastrol en kook tot dik.

    Skep in skoon flesse en verseël.

    APPELKOOS-BLATJANG

    1,4kg ryp appelkose 10ml sout

    1 groot ui 10ml gemmer

    ½ knoffelhuisie 5ml mosterd

    450g pitlose rosyne 3ml rooi peper

    450g suiker 1 bottel asyn

    Maal appelkose, ui en knoffel.

    Voeg alle ander bestandele by en kook stadig tot mengsel sag en dik is.

    Roer af en toe.

    Bottel en verseël.

    GEELPERSKEPIEKELS

    2kg geelperskes 30ml kerriepoeier

    6 groot uie 2-3 rissies

    125ml bruin suiker 1½ bottel asyn

    15ml wonderpeper paar koljandersade

    Skil perskers en uie.

    Plaas perskes in bak en bedek met sterk soutoplossing.

    Laat oornag. Gebruik 500g sout op 4,5liter water vir oplossing.

    Dreineer perskes en uie volgende dag.

    Verwyder pitte en sny perskes en uie in skywe.

    Kook saam met die res van die bestandele tot dik.

    Laat koud word, skep in gesteriliseerde flesse en verseël.

    SULTANA BLATJANG

    6lb (2,5-3kg) druiwe 1e borrie

    2.5lb(1-1,5kg) uie 1,5e kerrie

    1.25bottel asyn 1e sout

    2.5lb(1-1,25kg) suiker 1,5e mielieblom

    Kook asyn, sout, suiker en uie vir 15 minute.

    Voeg speserye by en kook 30 minute.

    Gooi druiwe by en kook 30 minute.

    Meng mielieblom met bietjie asyn en roer by.

    Kook goed deur en bottel warm.



    Like this post to subscribe to the topic.
  • 2Gooseberry jam

    1. First sterilise your jars by washing thoroughly in very hot soapy water. Rinse in very hot water then put on a baking sheet in a 140C/fan 120C/gas 1 oven until completely dry.

    2. Put the gooseberries, lemon juice and 400ml water in a large wide pan (use a preserving pan if you have one). Bring to the boil then simmer for 15 minutes until the fruit is very soft and pulpy. Put 2 or 3 small saucers in the freezer (these will be used to test the setting later on).

    3. Add the sugar and stir over a gentle heat for another 10 minutes until the sugar is completely dissolved. You don't want it to boil at this point as the sugar could crystallize. Once you can't feel or see any grains of sugar bring to the boil and boil hard for 10 minutes, skimming the surface as you go and stirring now and again to stop it catching. The jam will start to turn a pinky red hue as it cooks.

    4. Spoon a little jam onto a chilled saucer, leave to cool then run your finger through it. If it's ready it will wrinkle up. If this doesn't happen boil for another 5 minutes then keep testing and boiling until it does.

    5. Do a final skim on the finished jam then pour into the sterilised jars and seal. Store in a cool dark place - the jam will be good for up to 6 months. Keep in the fridge once opened.

    Gooseberry jam

    Make the most of summer gooseberries by making this delicious jam. For added summer flavour add a few tablespoons of elderflower cordial.

    Ingredients

    • 1 kg/2lb 4oz gooseberries

    • 1 kg/2lb 4oz granulated sugar

    Preparation method

    1. Wash, top and tail the gooseberries, discarding any that are damaged. Place a saucer into the freezer.

    2. Put the gooseberries and 150ml/5fl oz water into a large pan or preserving pan. Bring to the boil and simmer for about 10 minutes until the fruit is softened.

    3. Stir in the sugar and cook over a low heat until the sugar has dissolved.

    4. Increase the heat and boil rapidly for 8-10 minutes before testing to see if set.

    5. To test whether the jam has set: take the saucer from the freezer and drop a small spoonful of jam on to it. Allow it to cool for a minute then push your finger through the jam – if it wrinkles it’s ready; if not, boil for a few more minutes. Continue testing until the jam is ready. (Always remove the jam from the heat while you’re testing so that if it’s ready you won’t overcook it.)

    6. Meanwhile, sterilise the jam jars - first wash the jars in soapy water and rinse in clean warm water. Allow them to drip-dry, upside down, on a rack in the oven set to 140C/275F/Gas 1. Leave them there for at least half an hour while you make the jam.

    7. Once the jam is ready, turn off the heat, skim off any scum and leave to stand for 15-20 minutes.

    8. Spoon the jam into clean sterilised jars and seal tightly with screw top lids while the jam is hot.

    Less than 30 mins preparation time

    30 mins to 1 hour cooking time

    Makes 4-5 x 250g/9oz jars

    Perskekonfyt

    Kies taaipitperskes wat net ryp is. Skil hulle dun af en prik goed met n stopnaald. Laat dit 2 tot 4 uur in sou*censored*er week (15 ml sout vir elke 3,4 liter water).Spoel die vrugte goed af en weeg dit. Smeer die boom van n konfytkastrol met botter of olie en pak die vrugte en die suiker in afwisselende lae daarin. (Gebruik 2,5 kg suiker vir 3 kg vrugte en voeg die sap van 1 suurlemoen by vir dieselfde gewig vrugte.) Voeg 250 tot 500 ml water by vir elke 3 kg vrugte. Verhit dit stadig tot die suiker opgelos is en kook dan vinnig tot die vrugte deurskynend en helder is. Na die eerste uur kan dit stadiger gekook word. Skep dit in warm, gesteriliseerde bottels en verseël dit dadelik.

    "Kook en Geniet"

    Mangokonfyt

    4 koppies fyngedrukte mango

    60 ml suurlemoensap

    6 koppies suiker

    1 pakkie droë pektien

    Meng alles behalwe die suiker saam in 'n kastrol.

    Verhit tot kookpunt, roer aanhoudend.

    Gooi die suiker by terwyl jy roer. Kook vir presies 2 minute.

    Verwyder van die hitte, skep die skuim af en gooi in jou voorbereide flesse.

    Tomato Balsamic Jam

    Serves 4-6

    • 2cups Fresh red cherry tomatoes cut in half

    • 1 Shallot diced

    • 1tablespoon Balsamic vinegar

    • Salt and pepper

    • Olive Oil to coat pan

    1. Coat your fry pan with olive oil, heat should be med/high. Add shallots and saute until translucent, add tomato,salt and pepper to taste and cook until tomato starts to caramelize but there should still be some of the juices from the tomato you don't want it too dry. Add the balsamic vinegar and continue to cook stirring frequently for another 5 minutes. Remove from heat.

  • 3 Jeanette>

    Grape Jam

    Makes 1.6 Litre

    Ingredients

    2 kg 'purple' grapes

    1 kg sugar

    2 Tbsp lemon juice

    2 Tbsp vodka

    Method

    1. If you do not have a thermometer for testing the setting point, put 2 saucers into the freezer for use later to check the jam's setting point.

    2. Remove any unwanted spoilt grapes. Rinse. Squeeze each grape individually between the thumb and index finger. Put the flesh and juice in one pot and the skin in the food processor.

    3. Boil the flesh for 5 minutes. The flesh would separate from the seeds. If they are still stuck, mash lightly with a potato masher. Scoop or sieve out all the seeds. The content would be quite watery.

    4. Pour some of the boiled 'flesh' liquid into the food processor. Blend until the grapes skin is really fine.

    5. Pour the flesh, skin and lemon juice into a thick base pan.

    6. Bring to a rapid boil. Add the sugar and continue to boil rapidly for 15-20 minutes or until jam sets*. Stir occasionally and scoop out the floating scum.

    7. Add the vodka and use a lighter to burn off the alcohol or just stir to mix.

    8. Pour into hot sterilised* jars, seal, label and store in a cool place.

    *Sterilising jars

    To sterilise the preserving jars wash them in hot soapy water and rinse with boiling water. Remove and put the glass jars into an oven at 120°C for 15 minutes or until the jars are required. Do not at any stage dry the jars with a tea towel.

    *Setting Point

    Test for setting by dropping a small amount of jam onto a cold saucer. After a few minutes, push it with your finger. If it wrinkles and forms a skin it is ready. If it does not, boil longer and try again.

    Alternatively test with a thermometer. Setting point is reached when the temperature reaches 105C.

    Note

    1. Add more sugar if your grapes are on the tart side or if you prefer your jam sweeter.

    2. The jam will look watery but will set beautifully.

    Tip

    1. If you are doing the initial prep at night, cover the skin and flesh and leave to overnight in the fridge.

    2. The grape skin gives the jam a good texture.

    3. If you make jam regularly, invest in a thermometer. It is much easier than trying to test with a freezing saucer

  • 4 RESEP 1 Ann > INGEMAAKTE GEMMER - LEMOENWORTELS

    80g suiker

    5ml gemaalde gemmer

    10ml mielieblom

    60ml asyn

    750ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies

    15ml olie

    10ml gerasperde lemoenskil ( opsioneel)

    Meng suiker, gemmer en mielieblom in 'n kastrol.

    Voeg asyn geleidelik by en kook by lae hitte tot dik.

    Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig.

    Voeg lemoenskil laaste paar minute by.

    Skep dadelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël.

    Bêre in koelkas na oopmaak.

    RESEP 2 INGELEGDE. KERRIE BOONTJIE-PIEKELS

    2kg vars groenboontjies

    500g uie, geskil en in skywe gesny

    500ml kokende soutwater

    375ml asyn

    15ml sout

    375ml suiker

    30ml kerriepoeier

    30ml koekmeelblom

    Kerf boontjies en kook saam met die uie tot sag in die kokende soutwater.

    Dreineer. Kook asyn, sout en suiker 'n paar minute.

    Meng kerriepoeier en meel met 'n bietjie water, voeg by asyn mengsel en roer by matige hitte tot dik. Giet oor gedreineerde boontjies en uie en meng goed. Skep in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël dadelik.

    RESEP 3 Ann > KNOFFELASYN

    1 middelslag ui

    3 medium tot groot knoffelhuisies

    2 lourierlare

    1 takkie dragon

    3 heel kruienaeltjies

    1ml gemaalde neutmuskaat

    1ml sout

    750ml wit wynasyn

    Skil die ui en kap dit baie fyn.

    Skil en kneus die knoffelhuisies.

    Laat dit saam met die res van die bestanddele 3 weke lank in 'n toe glasfles in die son trek. Skud die fles af en toe.

    Syg dit daarna deur en bottel en verseël die filtraat.

    RESEP 4 Ann > Ingemaakte Spaghetti

    3½ kg tamaties

    500 g uie

    4 e appelkooskonfyt

    1½ k suiker

    1 k asyn

    1 t fyn naeltjies

    1 t peper

    1 t neut

    1 e sout

    250 g egte botter

    1 boks spaghetti

    • Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap.
    • Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie
    • Kook spagetti sag - nie pap nie. Water af.
    • Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min.
    • Bottel warm.
  • 5 ATJAR

    Jeanette>

    Mango Atjar

    •Mango-Atjar 5 –6 ryp mango’s

    •25 ml Sout

    •500 ml of meer olie

    •37,5 ml atjar-masala (by Maleier winkels te koop ) OF

    •50 ml matige keriiepoeier

    •10 ml borrie

    •10 ml mosterdsaad,

    •gestamp5 ml fenegriek,

    •gestamp12 – 15 heel rooi en groen brandrissies

    •15 ml grof-gekapte,

    •vars knoffel

    1.Was die mango’s goed af en sny elke mango in agt skywe aan die pit sonder om te skil. Sny die ksywe los van die pit en vryf die skywe in met die sout. Skep in ‘n plat houer, bedek met kleefplastiek en plaas ‘n paar uur in die koelkas.

    2. Verhit die olie tot kokend warm. Skep die helfte in ‘n klein kastrolletjie en hou warm. Meng die masala,borrie, mosterd en fenegriek en meng met die een helfte van die olie en roerbraai vir een minuut sonder om die speserye te brand. Ment die brandrissies en knoffel met die ander helfte van die olie. Meng die twee olies met mekaar, verwyder van die hitte en laat afkoel.Pak die mangoskywe in skoon, gesteriliseerde flesse en bedek met die oliemengsel. Die olie MOET die vrugte volkome bedek. Indien nie, verhit nog olie tot kookpunt, laat afkoel en giet oor. Verseël en laat ten minste ses weke staan voor gebruik. Hierdie skywe is ‘n moet by kerriegeregte.

    Jeanette> Perske Atjar

    10 geel perskes

    4 uie

    1 ½ koppies suiker

    1L wit asyn

    1 teelepel kerrie

    1 teelepel borrie

    1 teelepel peperkorrels

    Voeg jou asyn, suiker, kerrie, borrie en peperkorrels saam in 'n pot en laat kook tot ruikbaar. Voeg dan jou eie by en laat hulle kook tot glans. Skill jou geel perskes af, sny in halwes, haal die put uit en sny in skyfies. As jou uie glans is dan voeg jy jou perskes by en laat saamkook vir 10 minute. Maak jou glas potjies met kook water steriel. Sodra die geur deur die perskes getreke het, kan jy dit in die potjies sit. Let op dat daar geen lugblasies in is wannneer jy seel.

  • 6 Jeanette> KERRIE BOONTJIE-PIEKELS: [bottel en bêre]

    2kg vars groenboontjies

    500g uie, geskil en in skywe gesny

    500ml kokende soutwater

    375ml asyn

    15ml sout

    375ml suiker

    30ml kerriepoeier

    30ml koekmeelblom

    Kerf boontjies en kook saam met die uie tot sag in die kokende soutwater.

    Dreineer. Kook asyn, sout en suiker 'n paar minute.

    Meng kerriepoeier en meel met 'n bietjie water, voeg by asyn mengsel en roer by matige hitte tot dik. Giet oor gedreineerde boontjies en uie en meng goed. Skep in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël dadelik

  • 7 BLATJANG

    612 gram gedroogde perskes

    238 gram gedroogde appelkose

    3 liter bruin druiwe asyn

    2.5 kg wit suiker

    500 gram uie

    120 gram sout

    5ml cayenne peper

    Week die vrugte oornag in die druiwe asyn en kook dit daarin tot dit sag is. Dreineer en hou die asyn!

    Laat dit afkoel, en as jy ‘n fensie masjien, of handmeul het, maal die vrugte daardeur. Anders neem jy ‘n behoorlike mes, moenie met stomp goete sukkel nie, en sny die vrugte baie fyn, en kap dit dan nog fyner deur die lem se punt met jou linkerhand se palm, of die vingerpunte, vas te druk, en met die regterhand, die lem vinnig op en af te beweeg. Die linkerhand hou die lem se punt basies op een punt, en die regterhand doen die op en af, maar ook heen en weer beweging. Dit is iets wat verspot maklik is, en wat jy soos ‘n pro na die derde probeerslag behoort te doen. Die geheim is in die sagte hantering van die mes. Jy hoef nie groewe in jou linkerhand te wys, of wit kneukels aan jou regterhand te vertoon nie. Dis ‘n ritme…

    Los die suiker in van die asyn op. Sit die uie ook deur die meul of onder die mes, en voeg die gemaalde vrugte en uie terug in ’n groot pot. Gooi sout en cayenne peper by.

    Kook dit nou vir 2 – 3 ure oor ‘n stadige hitte om alles gaar te kry, en die sous dikker as water te laat afkook. Voeg nog asyn by as dit te styf is, of kook effe langer as die mengsel te slap is.

    Bottel die blatjang in gesteriliseerde flessies, m.a.w. skoongewas en in die oond gelos om kieme te dood wyl die oond stadig temperatuur verloor. Sit dit al die vorige aand in nadat jy pizzas in die oond gemaak het, want om ‘n oond warm te maak om flesse te steriliseer, maak net vir ESKOM onnodig ryk!

    chutneyPlak jou eie plakker daarop, wat lees BLATJANG 2008, of soos die jaar einde toe spoed, BLATJANG 2009. En eet trots jou eie maaksel terwyl jy proe of jy ook proe dit smaak soos daai famous blatjang op die winkelrak!

    Vir afwisseling, kan jy ‘n ‘hot’ weergawe maak deur 75 gram gemaalde brandrissie by te voeg as dit begin kook, en vir ‘n perske blatjang, kan jy die appelkose vervang met perskes

  • 8 Jeanette> SOET-SUUR BEET

    6 Koppies gaar beet gerasper of blokkies

    2 Koppies Asyn

    3 Koppies Suiker

    1 Teelepel sout

    3 Eetlepels Maizena

    METODE:

    Meng alle bestandele in aparte houer.

    Meng met beet

    Bring tot kook

    Bottel

    Dit is n baie lekker resep!!!Ek hou van hom hy het nie uie in nie so as jy dit bedien is n paar lekker vars uie skywe heerlik saam met dit..

    N.S ek het so 1kg klein heel uitjies klaar sag gekook en bygegooi

    BRON:Helena Kruger!!

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    SOETSUUR BEET

    Skep ingemaakte beet uit met gaaitjieslepel

    in n bak.

    Giet die sous in ’n potjie en roer ± 15 ml Maizena by.

    Laat dit net weer opkook. Laat afkoel en giet oor die beetslaai.

    BRON:ONBEKEND

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    --------------------------------------------------------------------------------

    BEET-UIE-MARMALADE

    Hemels saam met 'n lekker sterk kaas.sowat 500 ml

    6 middelslag bete, geskil en in klein blokkies gesny

    6 wituie, in dun skywe gesny

    45 ml botter

    15 ml olyfolie

    280 g (350 ml) suiker

    250 ml balsemasyn

    sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

    Kook klein blokkies beet vir 15 minute in kookwater. Dreineer en hou eenkant. Braai uie in botter en olyfolie tot sag en deurskynend. Voeg beet by. Braai vir nog 5 minute. Voeg 250 ml van die suiker by. Roer tot gesmelt, voeg asyn by en draai hitte laer. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir 2 ure. Voeg laaste suiker by. Kook vir 5 minute. Skep marmelade in 'n gesteriliseerde fles. Sit voor saam met kaas en Franse brood.

    BRON:Helena Kruger!!

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    --------------------------------------------------------------------------------

    KERRIE BEET SLAAI

    Word ook kerie beet blatjang genoem maar dit is 'n slaai

    Vir elke 1,5lt. Beet gebruik die volgende.[gaar en gerasper of blokkies gesny]

    2 groot uie

    500ml bruin asyn

    300g wit suiker

    15ml kerriepoeier

    5ml sout

    50ml mielieblom

    METODE:

    Skil uie en kap dit op.

    Verhit asyn en suiker stadig tot kookpunt; roer aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Voeg die beet en uie by en laat 10minute lank prut. Roer die kerriepoeier en sout by en laat die mengsel 5minute lank prut.

    Maak die mielieblom met 'n bietjie water aan en roer dit by die beetmengsel. Laat dit goed deurkook.

    Bottel blatjang warm en versëel dit dadelik.

    BRON:ONBEKEND

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    --------------------------------------------------------------------------------

    GEBOTTELDE BEET

    Bestanddele:

    250 ml bruin asyn

    250 ml wit suiker (200 g)

    1 ml sout

    300 g rou beet is ± 1 bossie Metode:

    Sny die lowwe af en was die beet skoon.

    Giet water oor die beet en kook vir ± 30 minute tot gaar.

    Dreineer, maar hou 250 ml van die beetwater.

    Trek die skille af en sny groot bete in blokkies.

    Hou die kleintjies heel (opsioneel) of rasper die beet.

    Plaas die bruinasyn en suiker, sout en beetawter in n kastrol en verhit tot al die suiker opgelos is. Laat 5 minute lank kook.

    Voeg die beet by stroop en laat dit net weer opkook.

    Skep in lae uit in ’n geteriliseerde wyebek fles en giet die stroop oor tot vol. Verseël dadelik.

    Lewer 500 ml ingemaakte beetslaai

    BRON:ONBEKEND

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    Marietjie Se Beet

    Kook Beet Sag En Sny In Blokkies, Skywe Of Rasper.

    Kook Die Volgende

    3 Koppies Asyn

    2 Koppies Suiker

    2 Koppies Water

    1 Teelepel Sout

    1 Knippie Fyn Gemmer (¼ Teelepel)

    Gooi Fyngekerfde Ui By Kookmengsel.

    Voeg Gerasperde Beet By Kookmengsel. Kook Weer Tot Die Mengsel

    Begin Kook En Skep In Flesse.

    Kurk Warm Toe

    BRON:MARIETJIE

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    Beetslaai

    (Tannie Sarie Kleu– Kareedouw)

    6 – 8 Koppies gaar Beet, in blokkies gesny

    2 uie, gekap

    2 Koppies Suiker

    2 Koppies Asyn

    3 Eetlepels Maizena (maak aan met bietjie lou water)

    ¾ Eetlepel Matige Kerriepoeier

    1 Teelepel Sout

    Meng suiker en asyn, roer tot suiker opgelos het. Voeg uie en beet by en kook vir 10 minute.

    Voeg res van bestandele by en kook deur. Bottel warm in gesteriliseerde potjies.

    BRON:TANNIE SARIE KLEU

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    --------------------------------------------------------------------------------

    BEET-CHILLI PIEKELS

    [Beet[gaar] en heel en gekerfde chillies in blokkies gesny met uie, appels, peperwortel}

    1k asyn

    1ksuiker

    peperkorrels ,mostersade, [knoffel] as jy wil

    Laat stroop kook en gooi oor

    Hierdie bakkies het ek in my yskas geplaas..maar jy kan dit ook dadelik bottel en verseel 6/6/12 Helna BRON:Chilli Kruger

    WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

    --------------------------------------------------------------------------------

    KRUIE ASYN BEETSLAAI

    1 kg beet

    Kook vir 5 min die volgende saam:

    1 k water

    2 k suiker

    ½ t gemmer

    ⅛t kaneel

    4 k asyn

    ¼ t peper

    ¼ t sout

    Kook beet sag

    Rasper of sny in skyfies

    Pak in gesteriliseerde bottles

    Gooi kokende asynmengsel oor

    Druk ‘n lang mes in om die sous tot onder te laat loop gooi tot net oor die beet

    Skroef toe en laat afkoel plaas op koerant papier indien dit uitborrel

    Kan vir maande gebere word

    Bron: Knuppeldik met Koningskos

    Plasing: Vanessa Fourie Willemse

    --------------------------------------------------------------------------------

    SOET-SUUR GEPIEKELDE BABABEET

    (Maak 2 x 250 ml bottels)

    1 bossie bababeet

    1-2 e olyfolie

    1 k bruinasyn

    ¼ k bruinsuiker

    2 e karwysaad

    Voorverhit die oond by 180°C. Skrop die beet deeglik en sny die stingels korter.

    (Baie jong beet hoef nie geskil te word nie).

    Plaas die beet in ʼn oondvaste bak en bedek met olyfolie.

    Rooster ongeveer 40 -50 minute tot sag. Meng die asyn, suiker en karwysaad tot die suiker opgelos is. Plaas die warm beet in gesteriliseerde houers en bedek met die pekelmengsel. Seël deeglik.

    Bron: Carol Weideman van die Institute of Culinary Arts

  • 9 Jeanette> Beet Blatjang

    Meng en bring tot kookpunt:

    2 koppies bruin asyn

    3 koppies suiker

    Meng die volgende saam: Voeg bymekaar

    6 koppies gaar beet in blokkies gesny

    2 uie gekap

    Meng die volgende en voeg by die kokende mengsel:

    3 teelepels kerrie

    1 teelepel sout

    Kook vir sowat 10 minute.

    Voeg die volgende by:

    45 ml Mazeina gemeng met bietjie water

    Voeg by die kokende mengsel en kook deur.

    Bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm is.

    Geniet hierdie blatjang !!!!

    Beetatjar/Beetblatjang

    2 groot bossies beet

    8 - 10 uie

    6 eeteel Sterk kerriepoeier

    1.5 kgm Suiker

    1.5 liter bruin asyn

    sout en peper na smaak

    3 eeteel Olie

    4 eeteel Maizena

    Kook beet tot sag en rasper

    Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet.

    Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot

    kookpunt

    Meng maizena in water en voeg by. Prut tot verdik.

    Bottel warm en bêre.

    Blatjang Aartappels

    6-8 middelslag aartappels

    sout

    250ml vrugte blatjang

    250ml kook water

    125ml mayonaise

    1 pakkie dik wituiesoppoeier

    Kook aartappels in skil net tot sagm Verhit die oond tot 180

    grade C

    Dreineer aartappels en halveer elkeen met skil en al oorlangs.

    Plaas die halwes met die gesnyde kante na bo in 'n vlak

    oondvaste bak met 'n inhoudsmaak van +- 2,5 liter

    Meng die res van die bestanddele en skep dit oor die

    aartappels en bak vir 'n halfuur lank. Bedien warm.

    Brandrissieblatjang

    3 uie

    10 ml kerriepoeier

    2 knoffelhuisies

    5 ml mosterdpoeier

    500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews

    5 ml fyn gemmer

    250 ml bruin asyn

    5 ml gemengde kruie

    750 ml appelkooskonfyt

    5 ml sout

    Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn

    by en kook dit ‘n paar minute lank.

    Roer res van die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt.

    Laat kook +- halfuur tot dik; roer gereeld

    Bottel warm en verseël dadelik.

    Maroela jellie

    Bedek maroelas met water en kook stadig tot sagm Laat

    afkoel. Gooi deur 'n sif. Met hierdie vloeistof kan jy nou

    maroela jellie kook.

    Gebruik 2 k van die vloeistof en 1 k suiker. Bring tot

    kookpunt oor matige hitte.

    Voeg 1 eetlepel suurlemoensap by en kook tot jellie stadium.

    Skep bietjies op piering uit om te toets tot jellie.

    Maroela konfyt

    Gebruik dieselfde maroelas. Druk die pitte uit en gooi wegm

    Gebruik die pulp en skille (gemors) om heerlike konfyt te

    kook.

    Gebruik 1 k suiker vir elke 2 k gemors.

    Verhit oor matige hitte en kook tot konfyt.

    Baie lekker en mens het net die pitte weggegooi.

    Dan kan mens natuurlik nog die maroelas laat gis ook en

    word jy hoenderkop...

    Ingelegde Noedelslaai

    500 g Pasta (enige een van u keuse) ek verkies klein

    skulpnoedels

    375 ml kookolie

    250 ml wit asyn

    1 kg tamaties geskil en gesnipper

    1/2 kg uie fyngekap

    200 ml suiker

    20 ml sout

    100 ml mayonnaise

    2 groen rissies gesnipper

    2 koppies gaar gemengde groente (bv. wortel, ertjies, mielies,

    boontjies)

    Kook uie, tamaties, groen rissie, asyn, suiker en 325 ml olie

    vir 15 minute of tot sag.

    Kook noedels tot net sag in groot kastrol met net genoeg

    water en 20 ml sout met res van olie.

    Dreineer goed en voeg pasta, groente en mayonnaise by

    uiemengsel. Kook goed deur.

    Lê in terwyl nog warm is en verseël

    Ingemaakte Spaghetti (Erna)

    3½ kg tamaties

    500 g uie

    4 e appelkooskonfyt

    1½ k suiker

    1 k asyn

    1 t fyn naeltjies

    1 t peper

    1 t neut

    1 e sout

    250 g egte botter

    1 boks spaghetti

    Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap.

    Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie

    Kook spagetti sag - nie pap nie. Water af.

    Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min.

    Bottel warm.

    Kerrie Boontjies (Erna)

    1 kg groenbone gekerf

    2 uie, in ringe gesny

    375 ml hoenderaftreksel

    2 knoffelhuisies, fyngedruk

    250 ml asyn

    ¼ koppie suiker

    5 ml sout

    5-10 ml kerriepoeier

    knippie rooipeper

    15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

    Plaas die groenboontjies, uie, hoenderaftreksel en knoffel in

    'n middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10

    minute sonder die deksel vinnig kook tot net gaar.

    Meng die asyn, suiker, sout, kerrie en rooipeper.

    Voeg by die boontjies en laat net opkook.

    Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi

    bind. Laat afkoel en bottel.

    Ow-Ow Brand Sous (Elsa)

    15 chillies

    1 groot ryp mango

    1 koppie aangemaakte mosterd

    1 koppie bruin suiker

    2 koppies bruin asyn

    1 groot lepel elk van: Kerriepoeier, komynpoeier,

    chilliepoeier, gemmerpoeier, fyn neutmuskaat, seldery saad,

    allspice en kaneelpoeier

    sout en peper na smaak

    1 kg tamaties

    2 uie

    Blits al die vrugte, groente in ‘n voedselverwerker tot mooi

    fyn of anders sny alles in stukkies

    Meng by al die ander bestanddele en prut vir ongeveer 2-3

    uur. Roer so nou en dan.

    Ek moes noodgedwonge maar effe-effe proe en dis die dat ek

    toe in die kombuis rondspring en sê, OW OW. Hierdie

    sousie is beter as daardie lipplompers wat die lippe

    veronderstel is om groter te laat lyk deur dit te laat ‘tingle’,

    glo my, die sous ‘tingle’!

    Ek het nie veel bekommer oor al die bestanddele nie, het

    sommer ‘n paar ryp perskes ook bygesit, en ‘n bietjie meer

    bruin suiker en asyn, dit hang seker af of jy ‘n dunner of

    amper 'chutney'-tipe konsistensie soek. Die reseppie is baie

    aanpasbaar.

    Wees versigtig dat jy nie aan jou oë vee as jy die chillies

    hanteer nie.

    Tamatieblatjang

    2 pond tamaties

    half pond bruin suiker

    1 k asyn

    half pond sultanas

    1 e mosterd

    1 e fyn gemmer

    1 e sout

    2 uie, in dun skyfies gesny

    kwart t rooipeper

    Skil die tamaties af (dompel hulle 'n paar minute lank in

    kookwater en daarna in koue water om die skilletjies los te

    maak) en sny hulle fyn.

    Meng al die bestandele en kook dit stadig in 'n emaljekastrol

    tot dit die regte dikte het. Roer dit af en toe om te voorkom

    dat dit brand.

    Bottel terwyl dit warm is en verseël dit sodat geen metal met

    die blatjang in aanraking kom nie.

    Tamatiesous (Judy Myburgh)

    10 pd ryp tamaties

    2 uie

    2 tot 4 huisies knoffel

    1 pint asyn

    1 e naeltjies

    1 e piment

    1 e peperkorrels

    1 e stukkies pypkaneel

    2 e sout

    1 e mosterd

    1 k suiker

    Verwyder die skille van die tamaties. Skil die uie. Rasper of

    maal die tamaties, die uie en die knoffel

    Kook oor stadige hitte tot dit sag is en vryf dit met 'n

    houtlepel deur 'n sif om al die pitte te verwyder

    Voeg die asyn, die suiker, die sout en die mosterd by en

    knoop die speserye in 'n kaasdoekie toe. Voeg dit ook by

    Kook die mengsel en roer af en toe tot die volume omtrent

    een derde verminder het en die sous die dikte van witsous

    het. Verwyder die speserye

    Gooi dit in 'n skoon, droë, warm bottles en verseël hulle

    terwyl hulle nog warm is.

    Koffielikeur (lewer 1,7 l)

    500 ml water

    500 g wit suiker

    250 ml sterk swart koffie (moerkoffie)

    375 ml vodka

    375 ml rietspiritus (Cane)

    200 ml desertwyn

    25 ml vanielje geursel

    Kook stroop van water en suiker, voeg dan koffie by en

    meng. Laat afkoel.

    Voeg vodka, rietspiritus, desertwyn en vanielje by. Laat koud

    word.

    Gooi in bottels en verseël. Laat staan 3 - 4 weke voor

    gebruik.

  • 10

  • 11

  • 12