TAMATIES

  • Tanya van Rooyen

    Tamatieblatjang

    1kg tamaties

    500g bruin suiker

    1 k asyn

    half pond sultanas

    1 e mosterd

    1 e fyn gemmer

    1 e sout

    2 uie, in dun skyfies gesny

    kwart t rooipeper

    • Skil die tamaties af (dompel hulle 'n paar minute lank in kookwater en daarna in koue water om die skilletjies los te maak) en sny hulle fyn.

    • Meng al die bestandele en kook dit stadig in 'n emaljekastrol tot dit die regte dikte het. Roer dit af en toe om te voorkom dat dit brand.

    • Bottel terwyl dit warm is en verseël dit sodat geen metal met die blatjang in aanraking kom nie.

    6 minutes ago • Like

    GROENTAMATIE CHUTNEY

    Lizette Venter

    ‎3 kg groen tamaties

    125 ml sout

    1½ kg fyngekapte uie

    750 ml suiker

    1,8 liter asyn

    Verwyder ogies van tamaties, sny in blokkies, sprinkel sout oor en laat staan oornag. Dreineer oortollige vloeistof. Roer gekapte uie, suiker en asyn by. Kook vir 1 uur sonder deksel

    Idees met tamaties

    by Kos idees vir moeë mammas on Thursday, October 13, 2011 at 11:53am

    Tanya Smith Sny bokant van tamatie af. Skep binnekant versigtig uit. Braai mince (of ander vleis) na smaak tot gaar. Skep vleis binne tamatie, gooi kaas oor en bak tot gesmelt

    Liz Potgieter vat tamatie, sny bo oop en aan kante af om fan te vorm. skep als in tamatie uit en vul met klein blokkies avo en mozerella kaas. sit basil blare bo op en gooi bietjie olyfolie en peper bo oor! yummy...

    Drieka Blignault Of vul tamtie met gerasperde kaas sny ham fyn meng met binneste van tamatie geur met sout en peper skep terug sit klontjie botter bo~op bak in oond

    Liz Potgieter hulle noem dit Malaysian tomato"s

    Ronel Van Jaarsveld Ek is besig om my eie sondroog tamaties te probeer. Halveer, sit twee dae in die son totdat dit droog maar nog buigbaar is. Sit dan in bakkie met olyfolie en balsamic vinegar. Ek hoop dit werk! Het een van julle dit al gemaak?

    Daleen Terblanche Mooi vars ferm tamaties - I per persoon hol tamatie uit sonder om rand te beskadig - roomys scoop werk goed of pomelo lepel. Gebruik tamatie greenpepper komkommer ui wortel feta kaas alles in dobbelsteentjies gesny meng in bak en skep terug in tamatie omhulsel vir aparte slaai per persoon sprinkel bietjie pietersielie oor en kan in mooi glasbak/skinbord of soortgelyke houer bedien word

    Thea Le Roux As jy die gedroogte tamatie in die olie en asyn sit, hoe bere jy dit dan? En hoe lank!

    Riana De Bruin voer uitgeholde tamatie met bacon uit breek eier in, geur met sout peppe en springonion sit n scoop witsous op bedek met bacon en kaas, bak in oond en bedien met toast

    Moira Broderick Serfontein Julle girls is oulik nè!!

    Ronel Van Jaarsveld Thea soos wat artikels op internet se, n paar weke. Ek het dit mog nie voorheen gedoen nie.

    Elaine Venter Droog tamatie in die oond uit soos wat jy beskuit sal doen

    Rienie Oosthuizen Ek vries die gedroogde tamaties net so. Voor gebruik, maak sag met knoffelgegeurde olyfolie.

    Jansie Rogers Ek weet dis n stupit vraag maar wat doen mens met gedroogte tamatie?

    Marise Wessels Hol tamaties uit, sit enige lekker vulsel in met krummels bo oor en bak in oond

    Vera Muys tamaten gestoofd met selder en ui of tomaat met boontjes en ui, lekker!!! In grote hoeveelheid klaarmaken en in porties in de diepvries steken. Gemakkelijk als men eens weinig tijd heeft.

    Virginia Boshoff Ooo elkeen wat van tamaties hou MOET hierdie probeer!

    Smelt muscovado suiker in pan tot amper karamel, gooi cherrie tamaties in, braai tot gaar en gooi balsamic vinegar en olyfolie by, sit op vars brood en druk sommer korsie in sous! Hemels!

    Ronel Van Jaarsveld Ons gebruik sondroog tamaties soos peppadews - dit sit bietjie zing in kos. In gevulde hoenderborsies met feta, kerrie, slaaie en so.

    Engela Van Niekerk Ek versap tamaties graag en maak lekker yskoue drankie daarvan. Sit bietjie kruisenmentblare en sout en peper in en skink met ys. Dit is lekker en les jou dors en is gesonder as al die koeldranke.

    Rencia Odendaal Pretorius Ek het die nou die dag op BBCL gesien - Gooi room , bietjie garlic gemaalde swart peper vars pietersielie en tyme in 'n ronde bakkie - sny nou jou tamaties in 8stes - gooi binne in die room - sit onder die grill element en grill tot die tamaties gaar is en mooi bruin - vat nou sommer 'n groot ronde kaasbrood - sny dik skywe - gooi olyfolie bo-oor en sit onder die grill tot getoast - sit nou die brood op 'n bord, pak die tamaties so skuins op die brood, gooi bietjie van die room sous bo-oor en sit 'n paar wars pietersielie blare bo-oor - dit het vir my so lekker en mooi gelyk.

    Jelana Lourens Vd Merwe wat vi my bja leke is is tamatie, vienna en kaas in blokkies gesny en gemeng met chutney op. N bja leke ietsie om te eet eeder as om na brood te gryp!

    Magda Laubscher Gooi sundried tomatoes in slaai met olyfolie of snipper oor pizza.ook lekker as jy maaskaas op naan bread sit met sweet chilli sous en feta kAas smelt in oond

    Magda Laubscher Groen tamaties kan soos green peppers gebruik word

    Ade Le

    HOE OM SUNDRIED TOMATO’S TE MAAK

    Halveer ferm ryp tamaties oorlangs en krap al die pitjies uit. Plaas die halwes op gesmeerde bakplate met gesnyde kante na bo. Bedruip dit met bietjie sonneblom- of olyf olie en geur die liggies met sout en peper. Strooi ook ‘n bietjie strooisuiker oor. Droog die tamaties ‘n halfuur lank by 100°C uit en daarna by 70°C totdat dit droog en verkrimp lyk, maar steeds sag is, draai die tamaties af en toe om en druk dit met ‘n spaan plat wanneer die droogproses einde se kant toe staan. Laat die tamaties afkoel. Besprinkel met bietjie wit asyn en druk dat daarna droog met papierhanddoek voordat jy dit verpak.

    GEBRUIKE: Pak gedroogte tamaties in ‘n fles, voeg geskilde knoffel, ‘n paar peperkorrels en vars kruie soos roosmaryntakkies en lourierblare by en vul die houer tot 2cm bo-kant die tamaties met olyf- of sonneblomolie. Bewaar op ‘n koel, donker plek. *Lekker vir later*

    TAMATIE SLAAI

    Hierdie is my gunsteling slaai. Dit is goed genoeg vir `n konings-onthaal. Die resep is vir 3(drie) persone.

    Bestanddele;

    • 1 (85gram) blikkie gerookte mossels, gedreineer

    • Vars suurlemoen sap

    • 3 middelslag Tamaties

    • 75 ml (1/3 koppie) Maaskaas

    • 30 ml (2 eetlepels) seldery, in klein blokkies gesny.

    • 15 - 30 ml (1 - 2 eetlepels) gras ui, gekap

    • 15 ml (1 eetlepel) Mayonnaise

    • Sout en peper na smaak

    • 30 ml (2 eetlepels) Pietersielie, gekap. Hou bietjie oor vir garnering.

    Metode;

    • Dreineer Mossels deeglik en sprinkel liggies met suurlemoen sap. Laat vir `n rukkie dreineer.

    • Sny die tamaties se een punt af en hou vir garnering. Skep die binnekant uit en plaas dop op `n papier handoekie om te dreineer.

    • Meng Mossels, maaskaas,seldery,ui,mayonnaise, sout en peper en pietersielie.

    • Skep mengsel in tamatie doppe en plaas elk op `n kleinbordjie.

    • Garneer met tamatie, pietersielie en afgesnyde punte.

    Kos idees vir moeë mammas

    Tamatieblatjang

    2 pond tamaties

    half pond bruin suiker

    1 k asyn

    half pond sultanas

    1 e mosterd

    1 e fyn gemmer

    1 e sout

    2 uie, in dun skyfies gesny

    kwart t rooipeper

    Metode:

    Skil die tamaties af (dompel hulle 'n

    paar minute lank in kookwater en

    daarna in koue water om die

    skilletjies los te maak) en sny hulle

    fyn. Meng al die bestanddele en kook

    dit stadig in 'n emalje kastrol tot

    dit die regte dikte het. Roer dit af

    en toe om te voorkom dat dit brand.

    Bottel terwyl dit warm is en verseël

    dit sodat geen metaal met die

    blatjang in aanraking kom nie ♥ Rens

    Rencia Odendaal Pretorius

    TAMATIEKONFYT:

    Gooi tamaties in kookwater - haal uit en trek skil af - Weeg nou jou tamaties - vir elke 1 kg tamaties, 1kg suiker - gooi die tamaties onder in jou pit - druk sommer so met jou hand die tamaties fyn - gooi nou die suiker bo-oor - laat staan so 'n rukkie dat die suiker begin smelt - ek sit my stoof so op 1 sodat dit net effe hitte gee van onder af - pasop net dat jou suiker nie brand nie - gooi nou 'n gekapte gemmer wortel in - Laat kook vir omtrent 2 ure vinnig - gooi so 3 eetl suurlemoensap by - toets jou stroop in die yskas om te sien of jou stroop reg is en bottel warm.

    • Tamatiebredie

    1,2 kg lamskenkel-stowevleis, in stukke

    1 kg ryp tamaties

    65 g tamatiepasta, met water verdun

    30 ml olie

    10 ml botter

    2 uie, grof gesny

    5 swartpeperkorrels

    5 naeltjies

    5 wonderpeperkorrels

    5 t (25 ml) fyn koljander

    5 ml fyn komyn

    2 knoffelhuisies

    250 ml kookwater

    6 mediumgrootte aartappels, in kwarte gesny

    15 ml sout

    5 ml gemaalde peper

    10 ml suiker

    4 vars of 2 droë lourierblare

    Opsioneel: skil van 1 lemoen

    Laat lê die tamaties ’n halfminuut in kookwater en laat afkoel in koue water.

    Verwyder die skilletjies en kap tamaties op.

    Verhit olie en botter in ’n gietysterpot of geskikte swaarboomkastrol en braai vleisblokkies tot goudbruin.

    Gooi uie by en verbruin.

    Roer peperkorrels, wonderpeper, koljander en komyn by.

    Gooi kookwater by en prut ’n uur met deksel op.

    Gooi tamaties, aartappel, sout, gemaalde peper, suiker en lourierblare en opsionele lemoenskil by. Stowe nog ’n uur.

    Wenk: Om die sous te verdik, vryf 15 ml botter in by 15 ml meelblom. Roer dit by die bredie. adele

    Kos idees vir moeë mammas

    Tamatiebredie

    Sowat 80ml meel

    Sout en varsgemaalde swartpeper

    2 kg lamsvleisblokkies (skenkels of stowevleis, in stukke van 2,5 cm gekap)

    30 ml olyfolie

    30 g botter

    1 groot ui, grof gekap

    3 wortels, grof gekap

    2 selderystingels, grof gekap

    8 ryp tamaties, grof gekap of 2 blikke gekapte tamaties

    Handvol pietersielie, grof gekap

    150–250 ml vleisaftreksel

    20 ml blatjang

    Geur die vleis met sout en peper en rol die stukkies in meel. Maak seker elke stukkie word goed bedek en skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie en die botter en braai die vleis ’n paar stukkies op ’n slag tot goudbruin. Skep uit.

    Braai die ui, wortel en seldery in dieselfde kastrol (gebruik die pansappe en die vleissous). Skep die vleis terug en sit die tamaties, pietersielie, vleisaftreksel en blatjang by en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut vir sowat een tot twee uur of tot sag.

    Geur na smaak en garner met ekstra pietersielie of basielblare. Genoeg vir ses tot agt mense. adele

    Kos idees vir moeë mammas

    Tamatiebredie

    1 ½ kg lamstowevleis

    Kookolie

    2 groot uie, gekap

    4 lourierblare

    200 gram aartappels, in blokkies gesny

    100 gram wortels, opgesny

    100 gram tamaties (concassé)

    2 teelepels gekapte knoffel en gemmer

    1 x 460 gram blikkie gekapte tamaties

    1 sakkie tamatiepasta

    ½ koppie rooiwyn

    Gemaalde swartpeper en sout na smaak

    Maizena (om sous te verdik indien nodig)

    Beef stock om bo-oor te sit.

    Verhit olie in ‘n pan en braai die vleis daarin gaar. Voeg uie, knoffel, lourierblare, sout en peper by. Voeg tamatie concassé by en kook vir ongeveer 5 minute. Voeg tamatiepasta en rooiwyn by. Sit die beef stock bo-op. Kook vir 1 ½ uur. Hou die vleis bedek met die stock, roer af en toe. Voeg dan die blikkie gekapte tamaties asook die wortels by. Plaas weer die deksel op en kook tot die vleis amper gaar is. Voeg laaste die aartappels by en kook tot dit gaar is. Verdik die sous met maizena indien nodig. Bedien saam met rys of couscous. Adele

    Kos idees vir moeë mammas Dan kan ky ook op die vlg SARIE link gaan loer na hulle wen Tamatiebredie resep. Groete Adele

    http://www.sarie.com/kos/resepte/sa-se-wen-tamatiebredie-freddie-heyns

    Madri Cordier

    TAMATIEBREDIE:

    Hier is Pasella s'n:

    Hierdie bredie van die Albertinia Hotel is die rede hoekom mense van oraloor reis om te kom proe. Pasella het hulle oorreed om hulle geheime resep met ons kykers te deel.

    (Bedien 4 – 6)

    1 kg Karoo skaapskenkel

    olyfolie

    2 middelslag uie, in ringe gesny

    1 selderystingel, gekap

    2-3 huisies knoffel (afhangende van smaak en voorkeur)

    2 lourierblare

    4 kardemomsade

    2 t worcestersous

    200ml bees of groente-ekstrak

    ½ k witwyn

    750 g ryp tamaties, geskil en gekap

    3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny

    3 groot wortels, geskil en in ringe gesny

    gekapte pietersielie, na smaak

    sout, gemaalde swartpeper en suiker, na smaak

    Gebruik ‘n swartboompot en braai die vleis in olyfolie tot geseël en bruin. Skep uit. Braai nou die uie tot glasig waarna die seldery en knoffel bykom. Braai 2 minute en sit die vleis terug in die pot saam met die kruie, worcestersous, ekstrak en witwyn. Prut sowat een uur.

    Voeg die tamaties en die groente by en geur met sout en peper, prut dan verder tot die vleis en groente sag is. Die bredie behoort natuurlik te verdik (as jy voel jy wil die sous meer verdik meng ‘n bietjie koekmeel met ‘n bietjie water en blatjang en voeg dit by). Proe – as die tamaties baie suur is – voeg ? bietjie suiker na smaak by en roer die pietersielie deur net voor opdiening. Bedien op stampmielies of stampkoring. Groete Madri ♥

    Natasha Viljoen

    Italiaanse tamatie sous:

    2kg tamaties

    2 knoffelhuisies

    15 ml sout

    500 ml asyn

    1 kg uie

    2 rooi peppers

    300 g suiker

    1. Sny al rof weg en gooi in pot. Voeg sout en asyn by en kook tot sag.

    2. Blend met handblender en voer deur sif.

    3. Gooi suiker by en kook tot duk.

    4. Gooi in bottels en seel.

    Dis vir my bja lekker as mens n bietjie origanum (vars) saam blend .



    Like this post to subscribe to the topic.
  • Fresh Tomato Juice Cocktail

    3 lb beefsteak tomatoes, quartered

    1 small fennel bulb (sometimes called

    anise; 1/2 lb), stalks cut off and

    discarded, reserving fronds, and bulb

    chopped

    2 celery ribs with leaves, chopped

    1 cup loosely packed fresh flat-leaf

    parsley sprigs, chopped

    2 teaspoons fine sea salt, or to taste

    Special equipment: 3 (20-inch) squares

    of cheesecloth

    Finely chop all ingredients in batches in

    a food processor, transferring to a large

    bowl. Let stand at room temperature,

    loosely covered, 1 1/2 hours.

    Line a large sieve with layered

    cheesecloth squares and set over a

    large nonreactive pot. Carefully pour

    tomato mixture into center of

    cheesecloth, then gather up edges of

    cheesecloth to form a large sack and,

    working over sieve, squeeze solids to

    extract as much juice as possible.

    Discard solids.

    Chill juice until cold, about 1 hour, and

    stir before serving. (Juice will be pale in

    color but flavorful.)