Charlotte Verwey da Silva
LEKKER STOLSLAAI
Ek maak dit baie vir funksies-jy kan dit selfs in n broodpannetjie maak of in ramekins. Smeer net olie in en voer uit met gladwrap. Resep: 1 pak Bacon Kips, gekrummel en gemeng met 80 ml gesmelte margarien, deel krummels in vyf ewegroot dele. 5 hardgekookte eiers, gekap en aangeklam met mayonaisse, meng eiermengsel met 100 ml gerasperde kaas, sout en peper na smaak. 1 Bakkie roomkaas gemeng met 200ml gerasperde kaas. 2 Avo's fyngemaak met 50 ml mayonaisse sout en peper. 2 Blikkies fyn tuna aangeklam met mayo. Begin met laag krummels, eiermengsel, krummels, kaasmengsel, krummels, avo mengsel, krummels, tuna. Druk stewig vas na elke laag.
Vou die gladwrap stewig oor laaste laag as jy nie die ring gebruik nie en plaas in yskas vir ten minste 4 ure. Tip 1: die kaasmengsel is styf en kan moeilik smeer. Doop jou lepel kort kort in kookwater om dit mooi glad te kan smeer. Tip 2: as jy die ring reeds die vorige dag wil maak, soos ek doen vir groot funksies, laat avo uit en skep dit bo-op saam met n ekstra skeppie roomkaas. Drup sweet chillie sous oor en sprinkel gekapte spring onion oor vir die mooiste en lekkerste voorgereg! Almal vra altyd na n funksie die resep! Ek maak dit in ramekins maar het dit al in broodpannetjies gemaak en skywe gesny.
Skuus! Na die tuna/ham kom die laaste krummels! Omdat ek die resep so baie maak gebruik ek ringe wat my man self gesny het van pvc pyp wat ons by die kooperasie gekoop het. Jy sit dan jou ringe op n gesmeerde bakplaat en werk dan die lae as volg: krummels, tuna, krummels, kaasmengsel, krummels, eiermengsel, krummels ( as jy die avo uitlaat, deel jy die krummels net in 4 dele) plaas bakplaat paar uur in yskas. Om op te dien, plaas jy die ring net op n kleinbordjie en druk dit van bo af uit die ring uit. Skep nou avo en ekstra roomkaas bo-op. Gooi sweet chillie sous so oor dat dit effens afloop teen kante en sprinkel gekapte spring onions oor. Die resep is regtig flopvry! X
Waatlemoen en feta slaai
Sny feta en waatlemoen in blokkies en sprinkel vars suurlemoensap, olyfolie en swartpeper oor vir 'n interessante voorgereg of as slaai saam met geroosterde visgeregte.
Resep 2
1 rooi ui, in halwe ringe gesny
sap van 4 lemmetjies
1,5 kg waatlemoen, ontpit en in blokkies gesny
250 g feta, in blokkies
handvol pietersielie, gebruik net die blare
handvol kruisement, gekap
4 eetlepels olyfolie
100g swart olywe, ontpit
varsgemaalde swartpeper
Laat die uie in die lemmetjiesap lê vir een uur.
Pak die waatlemoen en feta in 'n groot plat bord.
Gooi die pietersielie en kruisement oor.
Gooi die uie en die sap by asook die olyfolie en die olywe. Meng liggies met jou hande. Maal swartpeper oor.
KERSFEES BYLAAG VIR SLAAIE - LEDE SE RESEPTE
• Charlotte Van Leeuwen AARTAPPELS SLAAI MET CROSS EN BLACK MAYO EN N BLIK KOO SWEETCORN MET 6 EIERS GEEN UIE
Annette Breytenbach KRAAKLEKKER TUNASLAAI
500ml koue, gaar rys
200g gedreineerde, gevlokte tuna
250ml gerasperde, wortels
250ml gekapte seldery
25ml fyn gekapte ui
250ml mayonnaise
37.5ml blatjang
5ml kerriepoeier
10ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.
Cindy Lee Myers Pasta slaai: pak gaar pasta, gebraaide ui, greenpepper en bacon, blik perskes opgesny, sous van perskes, kondensmelk, mayonaise, half teelepel borrie en half teleepel kerrie.
Liezel Wannenburg Dis iets anders om als vir jou mengelslaai op te kap en voor te berei en uit te pak in rye of hopies,sodat elkeen sy eie slaai kan maak.Daar is altyd iemand wat nie die slaai wil eet nie agv iets wat in die slaai is.
Charlotte Van Leeuwen MENGEL SLAAI : BLAAR SLAAI,KLEIN TAMA,KOMKOM,PYNAPPEL EN FETA GOOI PYNAPPEL SOUS OOR EN DAN BILTONG STOF MOET NIE ROER NIE.
Jarne Ellis sweetcorn slaai
1blik sweet corn op n halwe blik kondersmelk. Gooi bietjie suurlemoen sap is. Meng alles saam en laat af koel in yskas. Vinnig en lekker.
Lucille Raats Broccoli en Bacon Slaai:
Blommetjies van broccoli af gebreek van stingels rou
Crispy gebraaide bacon bits
Peppadews op gesny
Rooi ui op gesny
Meng alles saam in 'n bak
Slaaisous van Mayo,asyn en suiker net genoeg om te bedek
Gooi sous oor slaai en sit in yskas om lekker koud te raak.
Yolindie Somers Pasta en Biltong slaai
Meng saam:
1pk skulpie pasta
1kp biltong
3 vars geelperskes gekap
Halwe groenrissie gekap
Kwart kp peppadews gekap
1blk heelpit mielies
1kp kaas in blokkies
Slaaisous:
1kp Mayo
Kwart kp kondensmelk
2tlp aromat
3eetlp sweetchillie sous
Meng alles saam deur laat staan vir ten minste 'n uur voor opdiening
Linda Julyan sny komkommer en sit in melk en eier en dan in meel met spice. braai altwee kante bruin in olie skep uit dan braai jy uie bruin en bacon bruin meng met komkommer. gooi klein tamaties by en rou mashrooms maak n sousie van maionaise en bietjie kondensmelk en aromat en peper.Gooi oor slaai en meng deur (liggies) sit in yskas om af te koel. Bedien koud!
Anilda Loots Mielie slaai:2 blikiies heel pit mielies, kaas in blokkies gesny, gurgens klein gesny, meng 1/4 blikkie kondensmelk en so halwe bottel moaynaise met engelse mosterd 1 telep(kan meer soos jy die smaak wil vul)meng alles saam in bak sit in yskas....en geniet na n uur onthou mosterd wat so half uur om regtig te proe so gooi eerder te min as te veel want anders gaan die montjies lekker brand..
Charlotte Van Leeuwen KOOL SLAAI,: RASPER KOOL EN WORTEL GOOI ROSYNE IN DAN MENG HALWE KOPPIE KONDENS MELK EN MAYO MET SO 50ML MELK MENG ALS SAAM HOE LANGER DIT STAAN HOE LEKE WORD DIT
Hendrika Rheeder Broccoli slaai: Rou broccolli, 250g bacon-bits, 375ml mayonnaise, 125ml kondensmelk, eetlepel asyn. Breek broccolli, meng gebraaide bacon stukkies met res van bestanddele en meng met broccolli. Heerlik!!
Kos idees vir moeë mammas GROENBONE SLAAI
Rencia Odendaal Pretorius
Ek het hierdie slaai eendag gemaak uit raad-op moeg vir die gewone slaai en dit is deesdae 'n wenner. Ek noem dit sommer BONE SLAAI - Vat so 2 geblike groenbone - of ek gebruik vars boontjies wat ek net opkook tot sag - dit moet nog lank wees - nie gesny nie, ek los ook sommer die punte aan, dis mos deesdae mode en dit lyk ook mooi. Vat nou 'n plat bak en le die lang bone onder in die bak. Sny 'n halwe groen rissie - rooi rissie en geel rissie in lang dun skywe - strooi bo-oor, dan vat ek 'n pers ui en sny dun skywe - of 'n wit ui, strooi bo-oor. Dan vat ek 'n blikkie botter bone, dreineer en gooi bo-oor. Ek het ook al 'n blikkie ertjies bo-oor gegooi. Dan vat ek feta kaas en sny blokkies en gooi oor en my laaste bederf is 'n paar peppadews so hier en daar bo-op.Sny hardgekookte eiers in helfte en pak so hier en daar ‘n eier.Ek het ook al aspersies en baba mielietjies bygesit. Net voor jy dit opdien gooi en growwe sout, gemaalde swart peper oor, olyfolie en balsimic asyn,
♥ Rens
Sasha Kossmann Advokadopeer-vormslaai: 4-5 ryp avo's,1K mayo,2 pakkies suurlemoenjellie,1k kookwater,1kleinerige ui,baie fyn gekap.suurlemoensap,knippie sout.maak jelli in twister/bak aan(as jy di twister gebruik,hou di menger gedeelte in),sit in yskas en loer kort-kort,jellie mut net dik wees,maar ni gestol. Klop jellie tot romerig,voeg die res vd bestanddele by met knertsi suurlemoensap en meng goed. Berei vorm-bak voor deur met skoon kookolie 'n lagie te smeer en spoel met water(ni was ni) gooi mengsel in en bere in yskas tot more,haal uit en sny in skywe,geniet met blaarslaai,of selfs op botter braaibrood.
Claudia Hall Braai 1 pakkie diced bacon en 1 pak mushrooms gesny in skywe tot bruin en gaar. Gooi in slaaibak. Sny blokkies cheddarkaas en voeg by as bacon en mushroom koud is. Braai croutons en voeg by. Maak nou n slaaisous van mayonaise en kondensmelk (helfte/helfte), die hoeveelheid hang af van hoe souserig jy dit wil he. Jy kan ook pasta byvoeg en die croutons uitlaat vir meer en goedkoper opsie.
Monize Kruger 1 green pepper, 1 yellow pepper, 1 red pepper. Sny elke pepper waar hy n buig maak, haal die pitte uit. Maak n tuna vulsel met fyn gesnyde tamaties, uie, blaarslaai en kaas blokkies met mayonnaise gemeng en vul die peppers. plaas op n bord en dis kraak vars leke met elkeen se eie happie as voorgereg, bykos of net n ligte slaai.
Mathilda Clarke Ertjie Slaai
Braai 1 pakkie bacon bros
Snipper blaarslaai onder in n bak
Strooi gekapte uie, bacon en bacon kips koekies (gebreek) oor
Gooi 500gram gevrieste ertjies oor
Smeer 1 bottel Miracle Whip mayo (of n ander ligte (kleur) mayo) oor
Rasper kaas bo oor en sit voor
Kan 10 minute voor ete gemaak word, ertjies is dan klaar ontvries en dit maak nie water nie
• Tronel Franken Meintjies Braai baie ui, gooi blik perskes by, en maak kerrie sous...en sny piesangs by! Kan maybe bake beans ook bysit...of wat vn gekookte appel skywe daarby
Jean-Marie Steenberg Koringslaai met kondensmelk:
Bestanddele
•250ml koring (ongekook)
•1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
•410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
•62ml rosyne
•sout na smaak met kookproses
Sous
•50ml sonneblomolie
•3ml borrie
•6ml matige kerriepoeier
•25ml blatjang
•25ml suiker
•25ml asyn
•1 blik kondensmelk
Só maak jy
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in 'n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit 'n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek
Wenke
*Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir 'n paar dae in die yskas hou.
Rene le Roux Ertjie-slaai: sny blaarslaai fyn en pak in mooi glasbak, vat 1 pak bevrore ertjies en meng met mayonnaise, gooi bo-oor blaarslaai, sprinkel gefrummelde feta-kaas bo-oor en herhaal die lae.. Heel bo-op kan jy of gebraaide bacon-bits of bietjie biltong oor strooi.. Hou in yskas.. Maak sowat 2ure voor die tyd en hou koel!
Chantel Geldenhuys 1 ui, 1 Greenpepper, 500g pasta (macaroni, swirls - enige soort) kook pasta tot sag en kap ui en greenpepper fyn, slaai sous: 1k tamatiesous, 125ml olie 125ml asyn, 25ml kerrie poeier, 2 ml swart peper meng saam en gooi oor pasta met ui en greenpepper en plaas in yskas
Rene le Roux Baked Beans en piesangslaai: vat 1 blikkie Baked beans in tamatiesous en gooi in bak! Sny sowat 4 piesangs in skyfies, voeg by bone.. Meng so halwe koppie mayonnaise en so kwart blikkie kondensmelk! Meng alles saam! Ek hou niks van Baked Beans nie, maar die is heerlik!
Rina Nel Hoeveelheid jou keuse. Agurkies in stukkies gesny weenseworsies opgesny en kaas in blokkies gesny. Gooi mayonaise oor en meng deeglik deur en verkoel in yskas
Linda Van Heerden Koper Pennie Wortel Slaai
(Ouma Ies Lombard )
Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies
Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd
Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.
Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.
Mathilda Clarke Iets baie maklik
1 blik baked beans
Rasper kaas bo oor
Smelt kaas in mikrogolf
Roer deur
Sunee De Kock Mielie en Ertjie slaai
Breek slaai op in glasbak. Dreineer 1 blikkie heelpit mielies en blik ertjies. Gooi in lae. Sit miracle whip of mayonaise op. Sprinkel sout en peper na smaak. Laastens gooi gerasperde kaas bo oor (baie). Sit in yskas en net voor opdiening roer die slaai deur om te meng.
Judie du Plooy Mango slaai. Sny mango in stukke. Pak in bak. Klop room styf, smeer leke dik oor mangos. Strooi bruinsuiker oor. Verkoel. Heerlik saam kersvleise.
Jean-Marie Steenberg Rysnoedelslaai
1 pak rysnoedels (gekook)
1 blik fyn pynappel met stroop
1 blik kondensmelk
1 koppie mayonaise
Meng.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder is dit!
Odette Bekker Broodslaai: Sny n brood in blokkies, deepry en laat afkoel. Sny kaas, Viennas en argurkies in blokkies en gooi by broodblokkies. Meng mayonaise, kondensmelk en mostert by mekaar en gooi oor die broodblokkies.
Rene le Roux 3 Boontjies slaai: koop sommer pick en pay se 3bone blikkies! Skep in bak, sny n rooi en geel pepper fyn en voeg by, voeg 1 blikkie groen boontjies, 2 fyn gesnyde tamaties, fyn gekapte ui(soveel as wat jy wil) en ook 1 blik ertjies(opsioneel) by. Meng sowat 2El asyn, 1 el suiker halwe tl sout, halwe tl kerriepoeier, en 2 tl olyfolie. Meng allles saam en gooi oor bone! Hou in yskas.. Hoe langer hy staan hoe lekkerder! Kan tot 3/4 dae hou in tupperbak!!
Anna-Marie Boshoff GROENTE LAAG SLAAI 1 blaarslaai opgesny 2 seldery stingels opgesny 1 greenpepper opgesny 1 klein komkommer opgesny in klein stukkies. 1 ui, opgesny 375ml gevriesde ertjies (moet net so gevries gebruik word) 250ml miracle wip mayo 10ml suiker en 5ml sout 250g gerasperde kaas 100g ham fyn gesny 2 hardgekookte eiers fyn gerasper. Pak nou al die bestandele in n diep bak in die dieselfde volgorde as hierbo. Die slaai moet ten minste 12 ure voor bediening gemaak en in yskas gebere word. Is baie lekker.
Serena Smit ERTJIE SLAAI (Moet vorige dag maak)
1 Pak gevriesde ertjies
1 kop blaarslaai gekerf
Gerasperde kaas
Gekapte uie
Seldery stingels gesny
Soetrissie gekap
Mayonnaise
Begin met blaarslaai en pak laag vir laag bv. 2 handevol slaai, dan koppie of twee
Ertjies, strooi soetrissie, uie, seldery en dan kaas gooi mayo oor en begin weer van voor tot alles gebruik is. Moenie meng nie sit deksel op en in yskas oornag. Net voor bediening skud met deksel en bedien.
Jean-Marie Steenberg Piesangslaai
3 eiers
125ml wit asyn
200g (250ml) witsuiker
10ml mosterdpoeier
knypie sout
250ml ingedampte melk (Ideal)
Klits eiers, asyn, suiker, mosterd en sout saam in 'n kastrol tot goed gemeng. Verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal af sodra dit kook. Laat mengsel afkoel. Voeg ingedampte melk by en meng. Gooi in fles en sit in yskas tot benodig.
Dan sny jy net in piesangs in dun skyfies en gooi die oor. Lieflik.hoe langer dit trek, hoe lekkerder
Marietjie Jansen van Vuuren Pasta Biltong slaai,kook pasta tot gaar in sout water,gooi gekerfde biltong by,mayonaise, n bietjie kondensmelk en greenpeppers fyn gesny.roer deur en sit in yskas.geniet dan saam met lekker braaivleis of enige iets van jou keuse..♥
Sue Venter WARNING: ONLY FOR VERY EXPERIENCED COOKS!!!
Peach Picallily Salad, Mix one tin Peach Slices (drained) and one bottle Piccalilly! Very difficult
Jean-Marie Steenberg Aartappel en biltong slaai.
Slaai, 6 groot aartappels, 250ml biltong (gekerf), 2 uie fyn gekap, 15ml(1e) vars pietesielie.
Sous-
375ml (1/2 k) mayonnaise, 125ml (1/2k) gewone jogurt, 125ml (1/2k) kondensmelk, 2,5ml (1/2t) sout.
Kook aartappels in soutwater tot amper sag n mes moet net deur aartappels kan steek. Laat afkoel, trek skille af en sny in skywe. Voeg ander bestanddele by en roer liggies. Sous- meng bestandele en giet oor aartappels.
Retha Blommetjie Kok Lekker vinnige slaai:
1 koppie gevriesde ertjies
1 koppie gevriesde mielies
Gooi genoeg mericle whip (Soet mayonaise) by om 'n slaai te maak en bedien dadelik, want dis mos klaar koud...
.
Jean-Marie Steenberg My duitse aartappelslaai:
5-6 middelslag aartappels
Pakkie diced bacon
1 ui, fyn gekap
Mayonnaise (1k)
3t kondensmelk
3t mosterdsous
Feta, gekrummel
Skil sommer klaar die aartappels en sny in klein blokkies. Kook in soutwater. Dis vinnig so hou maar dop.
Braai die ui met 'n teelepeltjie suiker en gooi die bacon by. Braai goudbruin.
Meng alles bymekaar en laat afkoel. Kan nog mayo bygooi as dit te veel ingetrek het.
Judie du Plooy Groenslaai. Enige rou groen groentes en vrugte waarvan julle hou. Sny op, meng met mayo en siedaar!
Ronell Mulder Lubbe Butternut slaai, maak so 2 na 3 dae voor die tyd. : klein butter nut geskil , 1pk lemoen jellie, 1 blik crushed pynappels. ( 1) Rasper butternut in mengbak. ( 2 ) Gooi pynappelsap af, bêre die sap in yskas, gooi oor die butternut. ( 3 ) Sprinkel jellie oor. MOENIE ROER NIE. Maak toe met n deksel, laat staan in yskas, net voor opdien gooi sap vd pynappel oor, meng dan goed deur. Baie lekker, het die smaak van n mango !
Elizna En Lionel Brydenbach Blik sweetcorn kaas in blokkies gesny bietjie blaarslaai fyn gekerf bietjie maynaise en soutkoekies(tac) gebreek meng alles
Marlize Miller Fyn gesnyde blaarslaai, seldery snye, gevriesde ertjies, blokkies mature cheddar/enige geelkaas, okkerneute grof gekap. Meng als met woolies tangy mayonnaise. (Bedien dadelik, sodat die gevriesde ertjies lekker crispy is. Lekker op n warm dag!)
Cornelia Bester Vlooi Skoonma se koolslaai - 1 groot kool, 1 p mexican chilli simba chips, 1 p grondboontjie en rosyne, mayonnaise, groen appel (kleur). - Sny kool fyn en appel in blokkies. Meng alles saam behalwe chips. Krummel dit fyn en strooi bo-oor slaai sodat amper soos 'n kors lyk. Sit in yskas om te verkoel. Dis baie lekker!!
Quenette Horn noedelslaai. gaarskilppies, groen, rooi en geel peper op gesny, uie opgsny, groot blik ingelegte perskes. 125ml asyn, 125 ml oil, koppie tamatie sous allgold, 2tp kerrie, 1tp sout bietjie swart peper en tabasco sous so min of meer 5ml meng goed saam. Baie lekker en kan 'n dag of twee voor die tyd gemaak word hoe langer hy staan hoe lekkerder.
Charmaine Bekker Warm aartappelslaai; braai uie, sampioene en bacon saam. Kook aartappels effens. Skil en sny aartappels op soos verkies en pak laag in oondbak en laag gebraaide vulsel en weer aartappels. Sprinkel feta en chadder kaas oor. Meng mascopony kaas, room en melk met patoto bake pakkie en strooi oor aartappels en bak tot mooi goudbruin. Vingerlek lekker!
Charmaine Bekker Noedelslaai; Kook pak kleinskulpie noedel, gou in groot slaai bak. Kook 1 koppie ertjies, voeg by noedels. Braai uie, bacon en sampioene en voeg by in slaaibak. Maak sous van 1 k bladjang, 1 k tomatiesous, 1/2 k asyn, 1/4 k worcestersous, 1 k suiker en 1 t kerrie kook saam vir +- 5minute en gooi oor slaai meng goed. Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder.
Susan Brand Botterskrosie fyn gerasper, gooi n pakkie perske jelliepoeier oor met n blikkie fyn pynappel, meng deur. Verkoel. Proe dan vir my soos mango! Heerlik
Liza Du Plessis Broccoli slaai
1 Groot broccoli net groen stukkies fyn gekap
300g kaas gerasper
300ml mayo
Halwe blik kondensmelk
Knippie sout
Meng maya en kondensmelk en sout goed
Gooi oor brocoli en kaas! Meng deur en bedek met gladrap en sit in die yskas vir n paar uur! Baie lekker as dit oornag staan
Charmaine Bekker Baie lekker mengelslaai; Pak laagies in groot bord. Blaarslaai, komkommer, soetrissie, kleintomaties, advokadopeer. Braai bacon en sampioene en strooi oor en laastens feta kaas. Bedien met slaai sous van jou keuse.
Maranda Van Der Berg Blik perskes,gedreineer ,n pak marshmellows,gesnipper en gooi grinadella yogurt bo-oor.Dit kan dadelik opgedien word.
Hannelie Verster: Pastaslaai: 1x Blik perskes, Skulpie noodles, green, yellow, red peppers. 1x Ui fyn gekap. Mayo, Kerrie poeier, 1 tl bruinsuiker, bruin asyn. Kook noodels tot gaar in sout water. Braai ui, en die peppers saam. Voeg Kerrie poeier en suiker, en 'n bietjie asyn by. Gooi die sap van die perskes by die gebraaide uie-storie, en laat kook vir so 10 min. Meng die noodels en uiemensel bymekaar en voeg die mayo by. Jammer ek gee nie veel hoeveelhede nie, ek skat met die oog, hang af hoeveel ek maak
.
Heste Biermann Van Wyk Waatlemoenblokkies, fettakaas, swart olywe. Meng en sprinkel growwe swart peper bo-oor. Heerlik.
Hannelie Vd Merwe Myburgh spanspekslaai....sny 1 spanspek(oranje)blokkies,sny 4groot rooi appels skyfies(sonder om af te skil) en meng met 1 heel groot pak pink en wit marshmallows (heel)...maak sous van 1blik kondensmelk en 500ml aarbeijogurt...gooi oor net voor opdiening. ....
Annarie Jacobs Beet & Chickpea Slaai:
Rocket slaaiblare.
10 groot Gaar beete in blokkies gesny.
1 blikkie chickpeas.
Cheddar Kaas na smaak, in blokkies gesny.
Mayonaise.
• Gooi die rocket, beet, chickpea’s en kaas in slaaibak
• Maak mayonnaise so bietjie soet met versoeter of suiker (na smaak)
• Meng alles en sit voor.
Hierdie slaai is ‘n treffer saam met braaivleis en kouevleise.
As jy bietjie meer fênsie wil wees kan jy dit in lae pak en die sousie oorgooi.
Liezel Wannenburg Waatlemoenslaai. Waatlemoen in blokkies gesny,swart olywe,fetakaas in blokkies,salad seed mix,bedien met goeie slaaisous.HEERLIK!
1
Olivia Maasdorp. Blik baked beans, blik chakalaka. Meng saam. Great met koue vleis of braaivleis..
Edith Juta Schmidt 1 Blikkie creamed sweetcorn,1 Blikkie crushed pineapple gedreineer en meng met die sweetcorn,baie lekker met vleise en braaivleis..
Liz Botha 1 buternut (rou en gerasper). 1 pakkie perske jellie poeier. 1 groot blik perske skywe (kleiner gesny). Gooi in bak en meng saam. Bere in yskas. Bja nummies.
Sophie Higgs
Gestolde klappervormslaai
1k klapper
1 houer gladde maaskaas
1 blikkie fyn pynappel
1 blikkie Ideal melk (verkoel)
1/2k suiker
1 eetl hoogvol gelatien
Meng maaskaas met bietjie pynappelsap.Kook pynappel en suiker vir 5 min.Voeg gelatien en orige pynappelsap by warm mengsel.Laat afkoel.Klits Ideal melk tot dik.Gooi by mengsel en dan heel laaste klapper.Gooi in ringvorm en verkoel.
• 20. QUICK –QUICK ( GOU –GOU ) SLAAI:
Dié ongewone slaai het pragtige kleurkontras en is maklik om te berei.
300 g geel of groen vlapampoentjies 30 ml vars gekapte basilie of pietersielie
60 ml heuningmosterd-slaaisous 200 g kersie tamaties gerasperde skil van 1 suurlemoen gegeurde seesout
vars gemaalde swartpeper vars kruie om te garneer
HEUNING SLAAISOUS
100ml heuning 60ml suurlemoensap
50ml lemoensap 1 lemoen se skil (fyn gerasper)
45ml sonneblomolie 20ml wit wynasyn
5ml mosterdpoeier knippie sout
knippie vars gemaalde swartpeper
Gooi al die bestanddele in 'n glasflessie van minstens 275 ml. Verseël die flessie en skud deeglik.
Bêre in 'n yskas.
Sny die vlapampoentjies in agstes. Meng die kruie met die slaaisous. Gooi die slaaisous oor die vlapampoentjies en laat staan sowat 35 minute. Sny die tamaties middeldeur en rangskik op 4 mediumgroot borde. Strooi gerasperde suurlemoen skil oor die tamaties en sprinkel sout en swartpeper oor. Stapel vla pampoentjiestukkies in die middel van elke bord, garneer met vars kruie en sit voor.
21. ANDERSE PIESANGSLAAI:
Hierdie is 'n slaai wat jy in minute kan voorberei en as bygereg tot 'n braai of kerriegereg kan bedien
5 ryp, maar ferm piesangs 5 droë appelkose, gesnipper
125 ml grenadellajogurt 37,5 ml kondensmelk
Sny die piesangs in skyfies in 'n slaaibak. Voeg die gesnipperde appelkose by. Meng die jogurt en kondensmelk en voeg by die vrugte. Meng liggies met 'n vurk.
Variasie: Voeg ook avokadoblokkies by die piesangslaai.
22. ANDERSE WORTELSLAAI:
450g geelwortels (geskil en grof gerasper) 1 groot lemoen (geskil &in skyfies)
75g radyse (gewas en in skyfies gesny) 60ml gekapte pietersielie
SLAAISOUS:
90ml olie 30ml suurlemoensap
60ml lemoensap 5ml heuning
2,5ml sout
Meng alle sous bestanddele goed saam. Meng alle slaai bestanddele liggies saam, en giet slaaisous bo-oor. Verkoel in yskas voor opdiening.
23. ASPERSIESLAAI:
500g vars gekookte aspersies 150ml slaaisous
60ml fyngekapte sprietui 12.5ml gekapte grasui
250g gaar boontjies, gedreineer 1 klein kropslaai
12.5ml fyn gekapte pietersielie
Meng aspersies en die boontjies met 125ml slaaisous terwyl dit nog warm is. Was en droog slaai blare af, gooi res van slaaisous oor boontjies/aspersies en meng slaaiblare daarmee. Rangskik slaai in glasbak en besprinkel met fyngekapte sprietui, pietersielie en grasui.
24. EIERSLAAI:
1 slaaikop, fyn gekerf 8 eiers, hardgekook
sout en vars gemaalde swartpeper 250ml natuurlike joghurt
50ml mayonnaise 45ml blatjang
5ml suurlemoensap 1 klein ui, in ringe gesny
fyn gekapte pietersielie
Rangskik die slaaiblare op ‘n mooi opdienbord. Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op. Geur goed met sout en peper. Meng die res van die bestanddele behalwe die pietersielie en ui en giet oor die eiers en slaaiblare. Rangskik uieringe bo-op en strooi pietersielie oor.
Lewer 6 porsies.
25. ERTJIE EN KAASSLAAI:
500g bevrore jong ertjies ¼ koppie gekapte groen salotuie
½ koppie Cheddarkaas in blokkies ¼ koppie suurroom
¼ koppie mayonnaise 30ml gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
Kook ertjies in vinnig kokende soutwater tot net sag. Dreineer en laat afkoel. Meng res van die bestanddele liggies saam en geur na smaak met sout en peper.
26. CALAMARI EN MOSSELSLAAI
300g calamari, in ringe gesny 30ml botter
1 blik mossels in skulpe 1 suurlemoen (skil gerasper, sap uitgedruk)
4 grasuie, gekap 15ml sojasous
30ml droë witwyn 20ml sesamsaad (gerooster)
60ml olyfolie 1ml suiker
15ml gekapte pietersielie
Soteer calamari vinnig in verhitte botter vir ongeveer 2 minute lank. Wees versigtig om nie te lank te braai nie anders word dit taai. Plaas mossels in kokende water totdat die skulpe oopgaan. Dreineer. Giet suurlemoensap en skil bo-oor calamari en mossels in mengbak en meng om te bedek. Laat afkoel. Meng oorblywende bestanddele en giet bo-oor calamari en mossels en marineer ten minste vir 2 ure lank. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper.
27. SPINASIE SLAAI
10 spinasieblare, afgespoel 2 jonguitjies, afgespoel
½ rooi soetrissie 60g fetakaas
1 knoffelhuisie, fyn gekap 50ml olyfolie
25ml witwyn asyn
1. Sny wit dele van spinasie en soetrissie weg en breek of sny in kleiner dele.
2. Sny jonguitjies in skyfies en sny rooi soetrissie in repe.
3. Breek fetakaas in growwe stukke.
4. Meng knoffel, olyfolie en asyn. Skud goed.
5. Sit al die slaaibestanddele in ‘n slaaibak en meng slaaisous deur.
Liefde en seerkry is soos Vinkel en Koljander - die een is soos die ander.
Die twee gaan hand-aan-hand.
28. KRAAKLEKKER TUNASLAAI
500ml koue, gaar rys 200g gedreineerde, gevlokte tuna
250ml gerasperde, wortels 250ml gekapte seldery
25ml fyn gekapte ui 250ml mayonnaise
37.5ml blatjang 5ml kerriepoeier
10ml suurlemoensap sout en peper na smaak
Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies.
29. RYS EN SPINASIE SLAAI:
200 g rou rys (250 ml) 6 repe spekvleis, gekap
1 klein bossie jong spinasie, gewas, die wit 2 selderystingels, gekerf
stingels verwyder en fyngekerf 3 eiers, hardgekook, gekap
6 knopiesampioene, in skywe gesny
Slaaisous:
125 ml mayonnaise 30 ml asyn
5 ml peperwortel (horse-radish) 3 ml Tabasco-sous
5 ml sout varsgemaalde swartpeper
1. Berei die rys voor volgens die aanwysings op die verpakking en laat afkoel.
2. Braai die spekvleis tot bros, dreineer op papierhanddoek en laat afkoel.
3. Meng die rys, spekvleis, spinasie, seldery, sampioene en eiers liggies saam.
4. Giet die slaaisous oor en meng goed met twee vurke.
6. Laat die slaai vir minstens 1 uur staan voor opdiening.
30. SAMPIOEN-EN-SOETRISSIESLAAI:
500g knopiesampioene, in skyfies gesny sap van een suurlemoen
sout en varsgemaalde peper 1 ui, in dun skyfies gesny
6 stingeluie, in die lengte in skyfies gesny 1 bossie botterslaai
25ml olie 2 knoffelhuisies
3 snye brood in blokkies gesny 1 avokado
suurlemoensap 1 groenrissie, ontpit en in skyfies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in skyfies gesny 1 komkommer, uitgehol en in halfmane gesny
3 repies spekvleis, bros gebraai, gedreineer.
Slaaisous:
125ml olyfolie 125ml asyn
knippie suiker 5ml gedroogde orego
sout en swartpeper 50ml groen peperkorrels
10ml verkrummelde Fetakaas vars gekapte pietersielie.
Besprinkel sampioene met suurlemoensap en geur. Plaas uie en stingeluie in yswater om bros te word. Was botterslaai en plaas ook in yswater. Verhit olie en braai knoffel en broodblokkies daarin. Halveer avokado en sny in dun skyfies. Besprinkel met suurlemoensap. Verwyder uie en slaai uit water en rangskik saam met res van bestanddele in slaaibak. Strooi spek en brood blokkies bo-oor.
Slaaisous:
Klits al die bestanddele, behalwe pietersielie tot romerig. Giet slaaisous net voor dit voorgesit word oor en besprinkel met pietersielie.
Geluk kom nooit per tjek of bankrekening nie. Dit is onbetaalbaar.
31. SONSKYNSLAAI
½ knoffelhuisie geskil 1 klein botterslaai gesnipper
60ml stingelui fyngekap 500g gaar beet afgekoel,geskil & in skyfies gesny
200g gevlokte gedreineerde tuna 125ml seldery fyn gekap
2 hard gekookte eiers, afgedop & gekap 125ml mayonnaise
sout peper
grasuie vir garnering
1. Vryf die slaaibak met die knoffelhuisie uit.
2. Meng die botterslaai en stingelui in die slaaibak.
3. Rangskik die beet, tuna, seldery en gekapte eiers bo-op.
4. Meng die mayonnaise en geurmiddels en skep dit in die middel van die slaai.
5. Garneer dit met gekapte grasui en verkoel ongeveer ‘n uur voor opdiening.
6. Meng dit liggies voor bediening.
32. SPRINGBOK FILET SLAAI:
100g Springbok fillet 1 teelepel neutmaskaat
koriander swartpeper en sout
anys kaneel
1 rooibos teesakkie
LW: die bogenoemde speserye het nie almal hoeveelhede nie, die kok kan eie oordeel gebruik na aanleiding van eie smaak.
Meng die speserye in n bakkie. Sny die fillet in dun skyfies , bietjie dukker as carpachio en strooi die gemengde speserye oor. Braai die skyfies fillet in n pan met olie om die geur in te sluit en laat afkoel. Maak n groen slaai met blaarslaai, avokado, groenrissie en kersie tamaties. Plaas die springbok fillet op die slaai en garneer met vars suurlemoen.
33. SUIKERMIELIESLAAI:
410g (1 blik) geroomde suikermielies 1/2 pynappel, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny 1 ui, gekap
25ml mayonnaise
Meng alles goed saam.
34. VARS AARTAPPELSLAAI:
6 klein gekookte aartappeltjies 250g geskilde kersietamaties
blaarslaai 100g sampioene, in skywe gesny
1 bossie bronkors
SLAAISOUS:
100ml slaaiolie sout en swartpeper
50ml asyn 2ml knoffelvlokkies
10ml vars gekapte pietersielie
Meng die bestanddele vir die slaai.
Plaas bestanddele vir slaaisous in ‘n fles en skud goed.
Giet sous oor slaai net voor opdiening.
As ek terugkyk, dank ek God dat hy nie al my gebede beantwoord het nie.-Ingelow
35. VRUGTIGE MACARONI-SLAAI:
Heerlik by 'n vleisbraai. (Dit lewer 8 porsies)
250 g macaroni 15 ml olie
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny 3 piesangs, in skywe gesny
1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer 401 g-blik jong ertjies, gedreineer
kruisementblare vir garnering
Slaaisous:
125 ml bier 125 ml goeie gehalte mayonnaise
Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente. Dreineer en spoel af onder koue lopende water. Meng pasta liggies met die olie. Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in 'n glasfles met 'n skroef deksel. Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam. Skep in 'n mooi vlak slaaibak, garneer met kruisementblare.
Wenke:
Die slaai kan 'n uur of wat vooraf gemaak word, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas.
Besprinkel die piesangskywe met 'n bietjie suurlemoensap.
Variasies:
Vervang die ingemaakte perskes deur ingemaakte lietsjies.
Vervang die bier deur pynappelsap óf natuurlike jogurt.
Gebruik 1 x 410 g-blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars pynappel.
36. WARM BOONTJIESLAAI:
30 ml olyfolie 1 middelslag ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus 1 klein, rooi soetrissie,in kort repe gesny
75 g groenbone, ente verwyder en 15 ml balsam-asyn
in 2 cm-stukke gesny 50 g knopiesampioene, in skywe gesny
410 g-blik gemengde boontjies, afgespoel
en goed gedreineer.
Verhit 15 ml van die olyfolie in 'n swaarboompan. Soteer die ui vir 2 minute oor medium hitte. Voeg die knoffel, soetrissie, groenbone, sampioene en asyn by, laat 5 minute kook, roer af en toe. Meng die boontjies tesame met die oorblywende 15 ml olyfolie by die groente, verhit tot goed deurwarm. Sit warm voor met geroosterde dik skywe Italiaanse brood.
37. WARM KORINGSLAAI:
125g spekvleis 2 uie (grof gekap)
250g knopiesampioene(in skyfies gesny) sout en peper
25ml olie 750ml gaar stampkoring
125ml hoenderaftreksel 50ml rosyne (opsioneel)
Braai spekvleis in 'n groot pan tot bros. Verwyder uit die pan en kap fyn. Voeg die olie by die vet in die pan en soteer die ui tot goudbruin. Voeg nou die spekvleis stampkoring, hoenderaftreksel en rosyne by. Geur na smaak met sout en peper. Prut tot goed warm en die meeste van die hoenderaftreksel geabsorbeer is. Dien warm op.
Bedien 6 mense.
Daar is een troos omtrent die huwelik. As jy om jou kyk sal jy altyd iemand sien wat slegter gevaar het.
ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
38. LEMOEN-EN-UIESLAAI:
3 lemoene 2 uie
2.5ml sout 1ml swartpeper, vars gemaal
1ml selderysout 25ml olie
12.5ml asyn 12.5ml gekapte pietersielie
Skil die lemoene af sodat al die membrane verwyder is. Sny dit in skywe. Skil die uie en sny dit in dun skywe. Gooi kookwater op die ui, laat staan vir 1 minuut lank en dreineer. Meng die ui en die lemoen. Sprinkel sout, swartpeper en selderysout oor. Meng die asyn en olie goed. Gooi die slaaisous oor die slaai en meng liggies. Strooi die pietersielie oor.
39. PASTASLAAI MET SONNEBLOMSAAD:
100 g sonneblomsaad 100 g ansjovis
50 ml melk 250 g skulpnoedels
500 ml water 2 ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak 50 ml gekapte knoffel-stingeluie
50 ml gekapte pietersielie 4 tamaties, grof gekap
30 ml suurlemoensap 5 ml Engelse mosterdpoeier
1 kop botterslaai
Mikrogolf sonneblomsaad soos volg: Plaas saad in keëlvormige bakkie op hand doek papier en mikrogolf 4 minute op hoog. Roer kort-kort. Hou eenkant. Week ansjovis in melk (om oortollige sout te verwyder). Voeg water by pasta in mengbak en mikro golf 5 minute op hoog. Roer deur. Mikrogolf pasta 'n verdere 2 minute. Laat afkoel. Dreineer ansjovis en sny almal behalwe 5 filette in stukkies. Meng pasta en al die oor blywende bestanddele behalwe slaai liggies saam in mengbak. Was slaai blare in sout water, dreineer en rangskik op 'n slaaibord. Skep noedelmengsel daarop en rangskik heel ansjovisfilette bo-op. Sit goed verkoel voor.
40. RATATOUILLE SLAAI:
1 groot ui, gekap 2-3 knoffelhuisies, gekap
100 ml olyfolie 2 middelslag eiervrugte, in ringe gesny
2 soetrissies 500 g jong murgpampoentjies, in skywe gesny
1 x 410-g-blik tamaties, grof gekap 50 ml gekapte pietersielie
5 ml droë roosmaryn 5 ml droë tiemie
5 ml sout vars gemaalde swartpeper na smaak
Soteer die ui en knoffel in 15 ml olyfolie tot dit deurskynend is. Borsel die eiervrugte met olyfolie. Plaas op die rakkie van 'n oondroosterpan en rooster tot bruin. Draai die skywe om, borsel nog kook- of olyfolie oor, en rooster tot bruin aan die ander kant. Halveer die soetrisies. Plaas saam met die eiervrugte op die rakkie van die roosterpan en rooster tot blasies vorm en die soetrissies byna swart is. Verwyder die pitte en trek die vel af. Sny die soetrisies in skywe. Voeg die res van die bestanddele behalwe die olyfolie by die rissies en prut 15 minute lank of tot die groente gaar is. Laat afkoel. Sprinkel olyfolie oor en meng alles liggies saam.
41. PASTASLAAI MET BIERSOUS:
4 x 250ml gaar elmboogpasta 410g pynappelstukke, gedreineer
3- 4 piesangs, met suurlemoensap besprinkel 565g lietsjies, gedreineer,ontpit
225g blik groen ertjies, gedreineer.
Biersous
125ml mayonnaise 125ml bier.
Meng pasta, pynappel, piesangskyfies, lietsjies en ertjies in 'n groot slaaibak. Meng die slaaisous en giet oor die slaaibestanddele. Meng liggies. Verkoel vir 'n paar uur.
You don’t get harmony when everybody sings the same note!
42. WARM KAAS EN AARTAPPEL SLAAI:
4 groot aartappels 120g Zoetvlei kaas, in blokkies gesny
2 repe spekvleis, gebraai & gekap 125ml Franse slaaisous
gekapte grasuie
Kook aartappels in kookwater tot sag. Trek skil af en sny in blokkies. Plaas in opdien-bak. Voeg kaasblokkies by en meng. Sprinkel spekvleis oor. Verhit slaaisous maar moenie kook nie. Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op.
43. EIERVRUGSLAAI:
4 eiervrugte, geskil sout 100ml olie
250ml witwyn 100ml asyn
2 knoffelhuisies 2 uie, in skywe gesny
4 tamaties, in skywe gesny 1ml vinkel, fyn gekap
sout en peper na smaak 2 eiers, hard gekook
gevulde of swart olywe
Sny die eiervrugte in skywe, bestrooi met sout en laat dit 30 minute lank staan. Spoel dit af en druk dit goed droog met kombuispapier. Verhit die olie en braai die eiervrug liggies daarin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die eiers en olywe. Laat prut dit 30 minute lank. Laat dit afkoel en geur na smaak. Verkoel die slaai. Bedien die slaai baie koud, gegarneer met eierwiggies en olywe.
44. KOOL EN DADEL SLAAI:
½ kool, gewas en in dun repe gesny 200g Tussers kaas, in blokkies gesny
½ pakkie dadels, gekap ¼ koppie grondbone
gekapte pietersielie
SOUS:
125ml mayonnaise 50ml kondensmelk
25ml asyn 25ml olie
Meng kool, kaas dadels en grondbone saam. Meng die sousbestanddele saam. Giet oor slaai en meng goed. Besprinkel met pietersielie. Sit in yskas tot bediening.
True Friendship
True friendship isn't seen with the eyes, it is felt with the heart, when there is trust, understanding, loyalty, and sharing. True friendship is a rare feeling, but when it is found it has a profound impact on our well-being, strength, and character.
True friendship does not need elaborate gifts or spectacular events in order to be valuable or valued.
To ensure long-lasting quality and satisfaction, true friendship only needs a few key ingredients:
undying loyalty, unmatched understanding, unsurpassed trust, deep and soulful secrets, and endless sharing. These ingredients, mixed with personality and a sense of humor, can make a friendship last a lifetime!
This is just a thank you, my friend, for all the wonderful and colorful special ingredients you've brought to my life!
45. SEEKOSSLAAI:
250g visfilet(kabeljou, tongvis ens) 5ml kruie
15ml olie 3 sprietuitjies (gekap)
300g vars spinasie 4 selderystingels (in repies)
150g garnale (gaar gekook of geroerbraai) 50g geroosterde sonneblomsaad
SOUS:
45ml mayonnaise 15ml jogurt
15ml fyn dille 10ml suurlemoensap
sout en peper
Vryf visfilette met kruie en braai in warm olie tot goudbruin. Laat afkoel. Meng spinasie, sprietuitjies, seldery en garnale in slaaibak. Voeg visfilette by slaai. Strooi sonneblom saad oor die slaai.
BEREI DIE SOUS:
Meng mayonnaise, jogurt, dille, suurlemoensap, sout en peper en giet oor die slaai.
46. BOEREWORS AARTAPPELSLAAI:
SLAAISOUS:
30ml wit wynasyn 125ml olyfolie
3ml swartpeper 1 knoffelhuisie fyngedruk
15ml Dijon mosterd 5ml suiker
SLAAI:
1kg baba-aartappels, met skil, gehalveer 15ml olyfolie
1 ui, dun gesny 1 rooi soetrissie, in repe gesny
500g gaar boerewors, in skyfies gesny 1 groot steel seldery, gekap
10 ml vars tiemie, gekap 50ml vars kerwel (chervil) gekap
Klits alles vir slaaisous saam tot goed gemeng. Kook baba aartappels tot net sag en dreineer. Verhit intussien olie en braai uie en soetrissie tot sag. Voeg worsstukkies en tiemie by en meng deur. Meng liggies met gaar aartappels. Giet slaaisous oor terwyl steeds warm. Meng daarna die kerwel deur. Bedien terwyl nog louwarm.
47. LULU SE RYSSLAAI:
500ml rou rys 2 groen soetrissies, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk 2 uie, in ringe gesny
olie 50ml matige kerriepoeier
500ml mayonnaise 60ml blatjang
820g perskeskywe, gedreineer
Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed en laat afkoel. Soteer die soetrissie, knoffel en uie in die olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Voeg die mayonnaise en blatjang by en meng goed. Meng die kerriemengsel, perskeskywe en rys saam en skep in ‘n groot slaaibak. Verkoel tot voor opdiening. Dien op saam met koue vleis of braaivleis.
48. HOENDER-, LIETSJIE- EN DILLESLAAI:
mengsel van vars kropslaaiblare 500 g gaar hoender
4 murgpampoentjies in repies gesny 1 geel soetrissie, in repies gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny 125 g kersietamaties
½ Engelse komkommer, in skyfies gesny 1 middelslagui, in skywe gesny
250 g geskilde en ontpitte lietsjies 50 ml geroosterde sonneblomsaad
Slaaisous:
250 ml Bulgaarse jogurt 125 ml laevet-mayonnaise
25 ml droë dille varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas die slaaiblare op 'n plat opdiensbord. Rangskik al die bestanddele buiten die sonneblomsaad. Meng die sousbestanddele en skep bo-oor die slaai. Garneer met sonneblomsaad.
Wenke:
Berei die slaaisous twee dae voor gebruik en bêre in die yskas sodat die geure kan ontwikkel. Vervang die lietsjies met enige ander vrugte, soos perskes, pere, appels of piesangs.
49. TJOU-TJOU SLAAI
6 piesangs 1 blik vrugte kelkie (fruit cocktail) (410g)
1 blik kondensmelk (397g) 1 bottel Koo Picalilly (390g of 400g)
knippie sout
Sit jou piesangs met skille aan in ´n bak. Gooi kookwater bo oor en laat lê so vir ´n minuut of 2. Die skille van die piesangs word swart. Haal uit kookwater, skil jou piesangs en sny in skyfies. Gooi piesang skyfies, fruit cocktail, kondensmelk, sout en picalilly in ´n bak en meng goed deur.
Bedien koud.
50. MEDITERREENSE KOESKOES-SLAAI
500 ml koeskoes 500 ml hoenderaftreksel
vars gemaalde swartpeper na smaak 'n hand vol jong groenbone, in stukke gesny
250 ml kersietamaties, gehalveer 125 ml ontpitte olywe, gehalveer
2-3 wiele fetakaas, in blokkies gesny 60 ml elk olyfolie en balsamiese asyn
30 ml suurlemoensap
Plaas koeskoes in 'n bak en giet kokende hoenderaftreksel oor. Bedek met kleefplastiek en laat staan vir vyf minute. Vlok met 'n vurk en mikrogolf vir 1 minuut op 100 % krag (hoog). Voeg swartpeper na smaak by. Blansjeer die groenbone in kookwater en dompel dan in koue water. Druk goed droog en voeg saam met die tamaties, olywe en fetakaas by die koeskoesmengsel. Maak 'n slaaisous van 60 ml elk olyfolie en balsamiese asyn en 30 ml suurlemoensap en sprinkel oor. Meng deur en verkoel tot benodig.
51. BABA-AARTAPPELSLAAI MET JOGURT-SUURROOMSOUS:
1 kg baba-aartappels, geskrop en gehalveer 250 ml suurroom
100 ml dik mayonnaise 250 ml Griekse jogurt
15 ml heelkorrelmosterd vars gemaalde swartpeper
vars pietersielie, gekap suiker na smaak
Kook aartappels in soutwater tot gaar, maar ferm. Meng res van bestanddele saam en giet oor aartappels. Bedek en hou in yskas tot nodig.
52. GARNAAL-EN-AARBEIE-RYSSLAAI:
750 ml gaar rys 250 g gaar garnale, uitgedop en ruggraat verwyder
200 ml tafelseldery, in dun skyfies gesny 175 ml mayonnaise
125 ml aarbei jogurt 10 ml vars suurlemoensap
5 ml droë mosterdpoeier sout en swartpeper na smaak
375 ml vars aarbeie, gehalveer vars slaaiblare
Meng die rys, garnale en seldery in ´n bak. Meng die mayonnaise, joghurt, suurlemoensap en geurmiddels saam in ´n ander bak. Voeg die mayonnaisemengsel by die rysmengsel. Meng goed. Vou die aarbeie liggies in. Voer ´n slaaibak of individuele bordjies met slaaiblare uit. Skep die rysslaai bo-op.
53. HEERLIKE KOOLSLAAI
750 ml fyngekapte, rou kopkool 1 appel, geskil en grof gerasper
1 groot wortel, geskil en grof gerasper 5 ml gedroogde basieliekruid
125 ml gekapte okkerneute 125 ml korente
125 ml vars lemoensap 30 ml dik room
5 ml strooisuiker (opsioneel) sout en swartpeper na smaak
Meng al die bestanddele liggies saam, behalwe die sap en room. Giet sap oor en roer dan die room deur en geur soos nodig. Skep in 'n aantreklike slaaibak of individuele bakkies en garneer.
54 PIKANTE KOESKOESSLAAI:
375ml koeskoes 250ml kookwater
125ml wit wyn sout en vars gemaalde swartpeper
2 rooi soetrissies, fyn gekap 2 rooi uie, fyn gekap
20g platblaarpietersielie, fyn gekap 20g vars kruisement, fyn gekap
60ml olyfolie sap van 1 groot suurlemoen
Plaas koeskoes in ‘n groot bak. Verhit die kookwater en wit wyn saam tot kookpunt en giet oor die koeskoes. Laat staan tot al die vloeistof geabsorbeer is. Vlok met ‘n vurk. Mikrogolf 2 minute en vlol weer met ‘n vurk tot donsig en korrelrig. Geur met sout en peper en voeg die groente en kruie by. Klits die olyfolie en suurlemoensap saam en giet oor die slaai. Meng deur en laat staan ongeveer 1 uur sodat die geure kan ontwikkel.
Lewer 6-8 porsies.
55 NEUTERIGE BRUINRYSSLAAI:
250ml rou bruinrys 600ml water
80ml olyfolie 250g bruin sampioene, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, gekneus 1 groot rooi soetrissie, in blokkies gesny
5ml roosmaryn sout en varsgemaalde swartpeper
1 bossie sprietuie, fyngekap 60ml vars pietersielie, fyngekap
30ml suurlemoensap 30ml sojasous
5ml bruinsuiker 250ml boontjiespruite
1 groot wortel, grof gerasper 60ml sonneblomsaad, gerooster
125ml pekanneute, grof gekap
Kook rys tot gaar. Verhit olie intussen in ‘n groot braaipan en soteer sampioene, knoffel, soetrissie en roosmaryn totdat sampioene begin bruin word. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verwyder van hitte. Roer sprietuie, pietersielie, suurlemoensap, sojasous en suiker by en plaas eenkant om af te koel. Keer warm rys uit in mengbak en roer sampioenmengsel dadelik by. Voeg boontjiespruite, wortel,sonneblomsaad en pekanneute by. Laat afkoel en sit voor.
56. WARM BEET IN LEMOENSOUS:
800g beet, stingels afgesny & skoongewas 1 kaneelstok
30ml vars suurlemoensap 5ml gerasperde suurlemoenskil
45ml sagte bruinsuiker sout na smaak
10ml mielieblom aangemaak met ‘n bietjie water
Kook de beet sag in ‘n bietjie water. Dreineer goed en trek die skille af. Hou eenkant. Meng die res van die bestanddele buiten die mielieblom en bring tot kookpunt. Prut 5 minute lank. Voeg die mielieblom by en prut tot verdik. Giet oor die beet en verhit weer. Dien warm op.
Lewer 4-6 porsies.
57. SAMPIOENSLAAI:
400g knopie sampioene(gesny) 6 hardgekookte eiers(opgesny)
1 klein blikkie pynappelstukke 1 koppie mayonnaise
fondor suurlemoenpeper
suurlemoensap
Gooi fondor, suurlemoenpeper en suurlemoensap by gesnyde sampioene. Voeg opgesnyde hard gekookte eiers en pynappelstukke by en meng saam met die mayonnaise. Bedien so gou moontlik.
Die kombuis is ‘n wêreld wat wag op ontdekkingsreise – G. De La Reyniere
ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
58. NOEDEL EN SOETRISSIESLAAI:
750 ml gaar skulpienoedels 1 uie gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en gekap 1 groen soetrissie, ontpit en gekap
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny 125 ml pitlose rosyne
410 g appelkooshelftes, gedreineer, gehalveer 250 ml mayonnaise
25 ml blatjang 5 ml fyn gemmer
5 ml kerriepoeier
Meng die noedels, ui, soetrissies, pynappel, rosyne en appelkooskwarte. Meng die mayonnaise, blatjang, fyn gemmer en kerriepoeier en roer liggies by die noedelmengsel.
Lewer 8-10 porsies.
59. KNOFFELAARTAPPELSLAAI MET ANSJOVIS-SLAAISOUS:
60 ml botter gesmelt 3 knoffelhuisies, gekneus
5 ml droë pietersielie 500 g jong aartappels
40 g Parmesaanse kaas, gerasper 125 g continental-slaai
60 g salami, in blokkies gesny ½ avokado, in blokkies gesny
6 kersietamaties, gehalveer
Voorverhit die oond tot 180C en smeer 'n oondpan. Meng die botter, knoffel en pietersielie saam. Halveer die aartappels en plaas dit in die oondpan. Bedruip die aartappels met die knoffelbotter en bak vir 40 minute of tot gaar. Laat die knoffelaartappels effens afkoel. Plaas al die bestanddele vir die slaai in 'n slaaibak en meng liggies met twee vurke.
Ansjovis-slaaisous
75 ml room 45 ml mayonnaise
4 ansjovis-filette gedreineer 1 eier, sag gekook
Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n voedselverwerker en verpulp tot glad. Giet die slaaisous bo-oor en bedien slaai as 'n ligte maaltyd
60. KOPERPENNIE WORTELSLAAI:
1 kg wortels, in skyfies gesny 2 middelslag uie, in ringe gesny
1 klein soetrissie, ontpit en in repies gesny 1 pakkie tamatiesop
250 ml water sout en peper na smaak
200 ml wit asyn 125 ml kookolie
250 ml suiker 10 ml Worcestershire-sous
7 ml mosterd
Kook wortels tot halfgaar, dreineer en laat koud word. Rangskik wortels, soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak. Meng res van bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute. Gooi warm oor slaai en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kante van die slaai inloop. Laat afkoel, sit deksel op en marineer twee dae in die koelkas voor gebruik.
60. ERTJIESLAAI:
1 x blik ertjies 1 x blik botterbone (die wit groot bone)
1 x medium ui 1 x medium green pepper
¾ koppie mayonaise ½ koppie gedroogte sultanas
2 x piesangs geblikte perskes - fyn opgesny
¼ koppie kondensmelk 5ml mosterdpoeier opgelos in 10ml asyn
sout en suurlemoen pepper na smaak
Kap die ui en green pepper fyn op en meng eenvoudig al die bestandele saam.
62. HOENDER EN VRUGTESLAAI MET GROENRISSIE EN KOLJANDER:
800g gaar oorskiet-hoender, in stukkies gesny 2 nektariens, ontpit en in wiggies, gesny
2 geelperskes, ontpit en in stukkies gesny ½ spanspek, ontpit, geskil en in blokkies gesny
1 blik mango’s gedreineer en kleiner gesny 2 groen brandrissies, fyn gekap
25g vars koljanderblare, fyn gekap
SLAAISOUS:
30ml mayonnaise 60ml suurroom
sout en vars gemaalde swartpeper 15ml komynsaad, gerooster (opsioneel)
Meng die hoenderstukkies, vrugte, rissies en vars koljanderblare. Klits die mayonnaise en suurroom saam en klam die slaai liggies aan. Geur goed met sout en vars gemaalde peper en besprinkel met geroosterde komynsaad.
Bedien 6 mense.
Jy kan enige vrugte van jou keuse gebruik, bv. Vye, mango of pere.
63. UIE EN BOTTERSKORSIE SLAAI:
2 botterskorsies, geskil, in dik skywe gesny 30ml olyfolie
100g okkerneute 12 klein uitjies, geskil en middeldeur gesny
sout en varsgemaalde swartpeper 50g botter
50g parmesaankaas, met ‘n groenteskiller roketblare
in krulle gesny
Sit die botterskorsie op ‘n groot bakplaat sonder dat dit aan mekaar raak. Sprinkel olyfolie oor en rooster aan albei kante tot gaar en goudbruin. Voeg die neute na 10 minute by en rooster tot bruin. Geur met sout en peper en hou eenkant. Sit die botter en uie in ‘n groot pan en laat dit by lae temperatuur karamelliseer. Voeg by die skorsie en neute. Skep mengsel in ‘n mooi opdienbord. Garneer met roketblare en parmesaankrulle. Vir afwisseling kan pampoen of beet gebruik word.
Lewer 6 porsies.
Om Ander Lief Te Hê Beteken
iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie
Om altyd mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees
sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel
Om ander mense dit wat hulle het of kry, te gun sonder om
lelik te wees as jy dit nie het nie
Om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie
Om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter
as ander mense is nie
Om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat
ander nie ongemaklik saam met jou voel nie
Om nie heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie
Om nie sommer vir niks kwaad te word nie
Om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen
te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie
64. LEMOENSLAAI:
2 groot lemoene, gehalveer ½ groen appel, in blokkies gesny
1 seldery stingel, in ringe gesny 50 ml gekapte pekanneute
‘n paar slaaiblare, gekap
SLAAISOUS:
100ml natuurlike jogurt 100ml mayonnaise
1ml gerasperde lemoenskil 5ml heuning
sout en peper
Skil lemoene versigtig en sny in blokkies. Meng die lemoenblokkies, appelblokkies en selderyringe, gekapte blaarslaai en pekanneute met die sous.
Lewer 4 porsies.
65. VY – EN – ROKETSLAAI:
‘n Heerlike kombinasie!
8 vars vye, in kwarte gesny 125g roket
180g sagte bokmelkkaas in skyfies gesny 8 skyfies Parma-ham
(moenie bekommerd wees as dit breek nie)
BASILIEKRUID-VINAIGRETTE:
½ knoffelhuisie gekneus 45ml gekapte dennepitte
‘n handvol vars basiliekruidblare, geskeur 90ml olyfolie
45ml balsamiese asyn sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Plaas vye vir 2 uur in die yskas. Dit maak dit fermer en makliker om in skyfies te sny. Plaas roket en Parmaham in ‘n mengbak. Sny vye in oorlangse skyfies. Berei slaaisous deur al die bestanddele saam te meng. Giet bo-oor die roket, Parmaham en vye in mengbak en meng liggies deur. Rangskik slaai op ‘n opdienbord. Druk skyfies bokmelkkaas tussen in en sit voor.
Lewer 4 porsies.
NOTA:
Vervang die vye deur die soetste hanepoot-druiwekorrels ( sowat 375ml). Halveer die druiwekorrels voordat jy dit meng met die res van die slaaibestanddele.
66. WARM AARTAPPEL EN MOSSELSLAAI:
500g baba aartappeltjies, skoon gewas 400g bevrore mossels, sonder skulpe
30g jong spinasie of roketblare
SLAAISOUS:
125ml olyf- of sonneblomolie 125ml room
5ml gerasperde suurlemoenskil 25ml vars suurlemoensap
5ml suiker 12.5ml vars tiemie
sout en peper na smaak
Kook die aartappeltjies in soutwater tot sag. Dreineer en hou warm. Kook mossels vir 4 minute in soutwater. Dreineer en druk versigtig droog met kombuispapier.
Sit al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n mengbak en klop deeglik met ‘n draadklitser. Sny die baba aartappeltjies in helftes en sit saam met die mossels en spinasie in ‘n slaaibak. Gooi die slaaisous oor en meng versigtig. Sit dadelik voor.
Lewer 4 porsies.
As jy geestelike besittings nalaat, kan niemand dit deurbring hemel toe nie.
67. PYNAPPEL EN SPRUITSLAAI:
200g boontjiespruite 175g gaar hoender, in blokkies, gesny
1 blik pynappelstukkies, gedreineer 1 blik mandaryn skyfies, gedreineer
2 sprietuie, gekap 50g haselneute, vir garnering
SLAAISOUS:
1 knoffelhuisie, fyngedruk 15ml heuning
15ml heelkorrelmosterd 25ml suurlemoensap
60ml olyfolie
Meng al die slaaibestanddele buiten die haselneute. Meng al die bestanddele vir die slaaisous en giet oor die slaai. Voeg die haselneute by en meng liggies deur.
Lewer 4-6 porsies.
68. BEET EN KEKERERTJIESLAAI:
12 bete, gaar, afgekoel en geskil 410g blik kekerertjies
‘n sakkie baba spinasieblare ‘n sakkie gemengde slaaiblare
400g feta, in blokkies gesny 24 swart olywe
225g dun groenboontjies, skoongemaak 250g baba-tamaties, gehalveer
geblansjeer
SLAAISOUS:
80ml balsamiese asyn vars gemaalde swartpeper
40ml heelkorrelmosterd
Sny die beet in wiggies. Meng die res van die bestanddele liggies, skep dit op ‘n groot vlak skottel en sit die beetwiggies bo-op. Klop die sousbestanddele saam en drup dit oor die slaai wanneer jy dit voorsit.
‘n Kleurryke slaai met ‘n besonderse smaak.
69. SALMSLAAI:
250g gaar salm 15 kersietamaties, gehalveer
1 bossie grasuie, gekap ½ blikkie van 410g pitmielies, gedreineer
45ml Franse slaaisous 125ml mayonnaise
½ suurlemoen se skil, fyn gerasper + sap 30ml gekapte pietersielie
12 klein aartappeltjies, gekook en gehalveer
Verwyder die vel, vlok die salm en meng met die tamaties, grasuie, pitmielies en slaaisous. Laat eenkant. Geur die mayonnaise met suurlemoenskil en sap, voeg die pietersielie by en meng met die salm en aartappeltjies.
NOTA:
Die salm kan met ‘n blikkie salm of tuna vervang word.
‘n Etenstafel is al plek waar die eerste uur nie vervelig is nie. – Brillat- Savarin
70. FRIKKADELSLAAI:
Frikadelle:
500 g maer maalvleis 1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap 5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak 1 ml fyn naeltjies
30 ml wynasyn 50 ml gekapte pietersielie.
Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met 'n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op 'n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.
Slaai:
1 krop botterslaai ½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer 150 g swart druiwe
10 kersietamaties 30 ml gekapte pietersielie.
Pak blaarslaai op 'n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.
71. GEBAKTE AARTAPPELSLAAI:
30ml botter 30ml meelblom
310ml melk sout
vars gemaalde swartpeper 125ml mayonnaise
6 medium aartappels
(geskil en sag gekook)
Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak van 20 cm met kleefwerende kossproei. Smelt die botter in ‘n pan. Voeg die koekmeelblom by en roer tot glad. Voeg die melk geleidelik by en roer aanhoudend tot die sous kook en verdik. Geur na smaak met sout en swartpeper. Verwyder van die hitte en roer mayonnaise by. Sny die aartappels in skywe en plaas in die gesmeerde oondbak. Giet die sous oor die a
72. GEROOSTERDE GROENBOONTJIESLAAI:
500g groenboontjies, puntjies afgesny 30ml olyfolie
SLAAISOUS:
80ml vars lemoensap gerasperde skil van een lemoen
15ml suurlemoensap 1 knoffelhuisie gekneus
1x2,5cm vars gemmer, geskil, fyngekap 5 ml sojasous
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak ‘n bossie sprietuie, gekap
45-60ml heel amandels, gerooster, gekap
1. Voorverhit die oond tot 220C. Rangskik boontjies in ‘n enkellaag in ‘n vuurvaste oondbak.
2. Drup olyfolie oor en rol groenboontjies in olie sodat hulle heeltemal bedek is.
3. Rooster vir 10 minute of tot brossag. Verwyder van bakplaat en plaas in ‘n mengbak.
BEREI DIE SLAAISOUS:
1. Meng al die bestanddele behalwe die sprietuie en amandels en klits tot goed gemeng.
2. Giet slaaisous oor groenboontjies en meng deur.
3. Skep op ‘n opdienbord of in ‘n slaaibak en sprinkel sprietuie en amandels oor. Sit voor.
As mans 60 word, tree hulle af. Vrouens hou aan met kook. – Gail Sheehy
73. GESONDHEIDSSLAAI:
SLAAISOUS:
125olyfolie 30ml sojasous
45ml suurlemoensap 30ml heuning
vars gemaalde peper na smaak
SLAAI:
250ml rou stampkoring, afgespoel, geweek 250ml rou lensies
in koue water vir 2 ure 60ml sultanas
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny 2 seldery stingels, in skyfies gesny
‘n bossie sprietuie, gesny 250ml pekanneute, gekap
375ml vars spinasie, fyngekap
BEREI DIE SLAAISOUS:
Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en plaas eenkant. Proe en pas aan indien nodig.
BEREI DIE SLAAI:
Dreineer stampkoring en plaas in ‘n kastrol. Bedek met 750ml koue water en voeg sout by. Bring tot kookpunt en laat vir 35 minute prut of tot sag. Dreineer. Kook lensies in ‘n aparte kastrol in soutwater vir 40 minute of tot sag. Dreineer. Meng stampmielies en lensies in ‘n groot mengbak en meng met slaaisous. Voeg oorblywende slaaibestanddele by en meng met twee vurke. Laat heeltemal afkoel. Plaas in yskas tot benodig. Bedien teen kamertemperatuur.
74. GESTOLDE BEETSLAAI:
3 bete 80g braamjelliepoeier
25ml asyn sout en peper na smaak
slaaiblare en mayonnaise vir garnering
Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit sag is. Dreineer dit, maar behou 375ml van die water waarin die beet gekook is. Los die jelliepoeier in die warm beetwater op en hou dit eenkant. Voeg die asyn, sout en peper by en verkoel dit totdat dit begin stol. Vryf intussen die beetskille af en rasper die beet. Roer die beet by die jellie wanneer dit begin stol en gooi die mengsel in 'n nat vorm. Verkoel dit totdat dit gestol het. Ontvorm dit op slaaiblare en garneer dit mayonnaise.
75. GROENTESLAAI:
500 g bevrore groentemengsel, bestaande uit groenbone, murgpampoentjies en broccoli, OF bevrore gemengde groente met wortels, broccoli, groenbone, ertjies en blomkool
200 g vars blomkool, in blommetjies gebreek
Sous:
200 ml bruinsuiker 200 ml druiweasyn
175 ml olie 10 ml mosterdpoeier
sout en swartpeper ½kop blaarslaai, in blare gebreek
½ Engelse komkommer, in skyfies gesny 1 ui, fyn gekap
uieringe en soetrissierepies (opsioneel)
Kook die bevrore groentemengsel in 'n klein bietjie kokende soutwater tot sag, maar nog bros en ferm. Dreineer baie goed en plaas in 'n plastiekbak met 'n deksel wat dig sluit. Meng die bruin suiker, druiwe asyn, olie en mosterdpoeier goed saam en geur goed met sout en peper. Giet oor die warm groentemengsel, bedek en laat staan tot heeltemal afgekoel, liefs 4 uur lank. Keer die bak een keer tydens die staantyd om sodat die boonste groente ook in die sous kan lê. Voer 'n mooi glasbak net voor opdiening met slaaiblare uit. Meng die komkommerskyfies en fyn gekapte ui by die groentemengsel in en skep op die blaarslaai. Genoeg vir 6 mense.
76. HAWAISE HAMSLAAI:
250g rys 12.5ml asyn
37.5ml kookolie halwe komkommer, gekap
125g fyn pynapppel 50ml ertjies, soetrissies of groenbone
sout en peper 250g maer ham of weense worsies
Kook rys soos gewoonlik. Gooi die olie, asyn, en geurmiddels in bak, voeg rys by en laat staan om heeltemal koud te word. Kap die vleis en voeg die pynappel en enige van die genoemde groente by. Indien verkies kan dit liggies in ‘n vorm gedruk word en uitgekeer word.
77. HEERLIKE SLAAI:
1 klein slaaikop goed afgewas 4-6 ekstra groot eiers
100ml dun room 30-50ml suiker
15 ml wit druiwe asyn sout
peper
Sny die slaaikop in dun repe. Rangskik onder in ‘n diep slaaibak. Kook die eiers hard, dop af en kap dit fyn op. Sprinkel oor die slaaiblare. Meng die room, suiker en asyn. Geur na smaak met sout en peper. Giet die slaaisous net voor opdiening oor ander word die blare pap.
Lewer 4 porsies.
78. GESTOLDE WORTELSLAAI:
1 medium blik 'crushed' pynappelstukke 4 koppies gerasperde wortels
1 pakkie pynappeljellie 15ml gelatien (aangemaak met 15ml lou water)
halwe teelepel sout kwart koppie suiker
2 teelepels suurlemoensap 1 blik nestle room, geklop
Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie. Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by. Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.
79. KORINGSLAAI MET ‘N VERSKIL:
3 koppies koring gekook 1½ koppies ingemakte geel perskes gekap
1½ koppie vars pynappel gekap 1 koppie fyn gekapte selery
½ koppie fyn gekapte groenrissie ¼ koppie fyn gekapte ui
3 eetlepels gekapte pietersielie ½ koppie rosyne
½ koppie sonneblomsaad
Meng ("toss") alles saam
sous
125ml sonneblomolie 10ml suurlemoensap
5ml kerriepoeier + ½ t borrie
5ml sojasous of 'worcester' sous 10ml heuning
Meng bestanddele en gooi oor slaai
‘n Vrou se berou is soos ‘n donderstorm – Kort en geweldig.
ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
80. SOMER HOENDERSLAAI
Let wel:
Hierdie resep lewer slegs 2 porsies. Pas dus die hoeveelhede aan.
1 avokado, in blokkies gesny 2 wortels, julienne gesny
2 gaar hoenderborsies, in blokkies gesny 100 ml croutons
75 g sampioene, in skywe gesny 1 selderystingel, in skywe gesny
1/2 pak kontinentale slaai met kruie balsamiese asyn vir slaaisous
Meng al die bestanddele saam in 'n slaaibak. Gooi slaaisous kort voor bediening oor.
81. BROODSLAAI (Die maklike een)
sny brood in dik snye en dan in blokkies sny kaas van jou keuse in blokkies
gebraaide spekvleis in stukkies gekap gelyke mates kondensmelk en mayonnaise
olie vir diepbraai gebraaide sampioenstukkies (opsioneel)
Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaise mengsel ‘n halfuur voor opdiening by.
82. ASPERSIE- EN SAMPIOENSLAAI:
155 g aspersies 1 eetlepel volgraanmosterd
60 ml lemoensap 1 rooi soetrissie, in repies gesny
1 eetlepel lemoenskil 2 teelepels suurlemoenskil
2 teelepels lemmetjieskil 2 huisies knoffel, gekneus
60 ml heuning 400 g knopiesampioene, gehalveer
150 g rocket-blare
Sny die punte van die aspersies af en sny diagonaal deur. Plaas in 'n pot kookwater en kook vir 'n minuut of tot net sag. Dreineer, dompel in koel water en sit eenkant. Plaas mosterd, sappe en skil, knoffel en heuning in 'n groot pan en geur met peper. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte. Voeg sampioene by en roer vir twee minute. Ver- wyder die sampioene uit die sous. Bring die sous weer tot kookpunt en verminder dan die hitte. Prut vir sowat vyf minute of totdat die sous stroperig word. Meng die sampioene, rocket-blare, soetrissie en aspersies.. Bedruip met sous en bedien.
83. NOEDEL & GEROOKTE HOENDER SLAAI:
4 gerookte gaar hoenderborsies 3 koppies gaar noedels skroewe of skulpies
½ koppie pekanneute 1 stingel seldery
1 pynappel in blokkies 1 wiel feta kaas
Sous
250ml mayonaise ½ koppie suur room
melk of franse slaaisous om te verdun.
Meng die slaaisous die vorige aand. Meng met die noedels en laat staan oornag in yskas. Meng die ander bestanddele by net voor opdiening.
Nouvelle cuisine beteken te min op jou bord, en te veel op jou rekening-
Paul Bocuse
84. CANNELONI-MET HAM EN SPINASIE- SLAAI:
250g CANNELONI 10ml olyfolie
500ml spinasie, stingels verwyder, blare gekap 125g gekookte ham, in skyfies gesny;
2 preie, in ringe gesny 100g feta-kaas, in blokkies gesny.
Slaaisous:
1 knoffelhuisie, gekneus sout na smaak
30ml olyfolie 15ml vars suurlemoensap;
175ml natuurlike jogurt 1ml mosterdpoeier;
3ml gedroogde, gemengde kruie gemaalde swartpeper.
Kook CANNELONI volgens aanwysings op pakkie. Dreineer in vergiettes en voeg 10ml olyfolie by. Meng en laat afkoel. Meng die CANNELONI, spinasie, ham en preie en plaas in opdienbak. Sprinkel
fetakaas blokkies bo-oor.
Sous:
Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Giet oor slaai en sit dadelik voor.
85. HOENDERSLAAI MET MANGO EN GEMMER MAYONNAISE:
6 hoenderborsie filette 250ml wit wyn
250ml hoenderaftreksel 2ml swart peperkorrels
3 lourierblare bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap 45ml pietersielie, gekap
3 groot mango's, geskil en gesny.
Gemmer mayonnaise
200ml mayonnaise 200ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper 30ml suurlemoensap;
10ml heuning 1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper
sout en peper na smaak.
Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel.
Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourier blare. Sodra gaar, sny in stukkies. Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mango skyfies. Meng met gemmer mayonnaise.
86. INDIESE RYSSLAAI:
500ml gaar rys 1 ui, geskil en fyngekap
25ml blatjang 1 klein blikkie perskes, gedreineer in blokkies
125ml kondensmelk 37.5 ml suurlemoensap
12,5ml kerriepoeier (matig) 250ml mayonnaise
sout
Meng kerriepoeier en suurlemoensap. Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur. Laat staan oornag in yskas en dien op.
87. ITALIAANSE PASTASLAAI:
300 g macaroni 15 ml olyfolie
6 snye pastrami, in dun repe gesny 50 g grondboontjies, gerooster
125 ml gevulde olywe 60 ml gekoopte pesto-sous
125 ml mayonnaise varsgemaalde swartpeper
Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente. Dreineer en spoel af onder koue lopende water. Meng die pasta liggies met die olie. Plaas die pastrami, grondboontjies, olywe en pasta in 'n slaaibak en meng liggies deur. Meng die pesto en mayonnaise saam, giet oor die pasta slaai, geur met varsgemaalde swartpeper. Bedek met kleefplastiek, plaas vir 'n paar uur in die yskas.
88. GEMARINEERDE MURGPAMPOENTJIESLAAI:
(5-6 porsies)
'n Heerlike slaai wat verbeter wanneer dit 'n rukkie in diue yskas gestaan het.
sowat 8 murgpampoentjies, in ringe gesny 2,5 ml gegeurde seesout
1 blik (400 g) botterbone, gedreineer 125 ml gesnyde, ontpitte calamata-olywe
6 sprietuie, dun gesny met groen lowwe
Slaaisous:
60 ml wit wyn of appelasyn 1 knoffelhuisie, gekneus
2,5 ml gemengde kruie 60 ml olie
Garnering:
30 ml Parmesaanse kaas, gerasper 1 botterslaai
Sout die murgpampoentjies en laat staan 'n halfuur in 'n vergiettes om oortollige water te dreineer. Meng die slaaisousbestanddele. Meng slaaibestanddele liggies met slaaisous. Marineer 'n paar uur lank bedek in die koelkas. Om voor te sit: Skep slaai op die botterslaai en sprinkel Parmesaanse kaas oor.
89. CHINESE KOMKOMMERSLAAI:
½ komkommer, geskil en in dun skywe gesny 5 ml witasyn
30 ml water 5 ml suiker
2 sprietuie, fyngekap 1 klein wortel, geskil en gerasper
1. Rangskik die komkommerskywe in 'n mooi plat opdienbak.
2. Meng die asyn, water, suiker, sprietuie en wortels en giet oor die slaai.
3. Sit die slaai voor saam met die warm speseryagtige visballetjies.
90. AVOKADO EN KIWI SAMBAL-SLAAI:
(4 porsies)
2 ryp kiwivrugte, geskil en in blokkies gesny 4 sprietuie, fyn gekerf
2 ryp tamaties, in blokkies gesny 1 brandrissie, fyn gekerf
30 ml suurlemoensap 1 ryp avokado, geskil en in blokkies gesny
gegeurde seesout na smaak
Meng al die bestanddele liggies saam en sit voor.
91. AVOKADO EN AARTAPPELSLAAI:
600 g middelslag aartappels, gewas 60 ml Franse slaaisous
1 klein ryp avokado sap en gerasperde skil van een
3 ml sout suurlemoen
varsgemaalde swartpeper 1 knoffelhuisie, gekneus en fyngekap
5 ml suiker 50 ml room of melk
25 ml gekapte grasuie 15 ml gekapte, vars pietersielie
Bedek die aartappels met net genoeg water. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat saggies prut totdat die aartappels net sag is. Dreineer en gooi koue water bo-oor (dit vergemaklik die aftrek van die skil). Sny die aartappels in blokkies en meng liggies met die Franse slaaisous terwyl die aartappels nog warm is. Halveer die avokado, verwyder die pit en skep die vleis uit. Plaas die avokado met die suurlemoensap, -skil, sout, peper, knoffel, suiker en room of melk in 'n voedselverwerker en verwerk tot mooi glad (gebruik 'n vurk indien 'n voedselverwerker nie beskikbaar is nie). Voeg die grasuie en pietersielie daarby. Die sous kan met ekstra room of melk verdun word. Meng die sous liggies met die aartappel blokkies, skep in 'n mooi glasbak en bedien koud.
92. MAYONNAISE BEETVORM:
80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier
250ml kookwater 400g ingemaakte beet
200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk
pietersielie vir garnering
Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.
93. KRAAKVARS KOOL EN APPELSLAAI:
NB. Resep slegs vir 2-3 porsies
½ koolkop, geweas en gesnipper 2 Granny-Smith appels, grof gerasper
1 klein groen of rooi soetrissie, fyn gekap
SLAAISOUS:
100ml olie 75ml koue water
75ml suurlemoensap 45ml sagte bruinsuiker
5ml sout na smaak 8ml karwysaad
Meng die kool, appels en soetrissie met ‘n slaailepel en –vurk in ‘n slaaibak.
Klits die olie, water, suurlemoensap, bruinsuiker en sout met ‘n draadklitser in ‘n glasbakkie.
Giet die slaaisous oor die slaai en meng alles goed saam. Strooi die karwysaad bo-oor en meng dit.
94. MAKLIKE UIESLAAI:
500-750g skoongemaakte uitjies 100ml kondensmelk
5ml mosterdpoeier 100ml tamatiesous
100ml witasyn
Kook die uitjies in soutwater tot sag en dreineer. Laat koud word. Meng kondensmelk en mosterdpoeier. Klop tamatiesous en asyn by en meng goed. Plaas uitjies in ‘n slaaibak en gooi die sous bo-oor.
Lewer 4-6 porsies
95. HEERLIKE MENGELSLAAI:
4 slaaiblare 1 klein komkommer, in blokkies gesny
2 skywe pynappel, in blokkies gesny 1 appel, in blokkies gesny
125ml gaar ertjies 3 dadels, in stukkies gesny
1 ui, gekap 250ml mayonnaise
Laat week die slaaiblare 10 minute lank in soutwater. Dreineer dit. Meng die res van die bestanddele liggies. Skep die slaaimengsel op die slaaiblare.
‘n Suksesvolle huwelik beteken nie dat jy die suksesvolle huweliksmaat moet vind nie, maar dat jy die regte huweliksmaat moet wees.
o 96. NOEDEL EN SULTANA SLAAI:
500g skulpnoedels 410g (1blik) perskeskywe
125ml mayonnaise 25ml matige kerriepoeier
250ml Cheddarkaas, in blokkies gesny 1 ui, fyn gekap
1 groen soetrissie, ontpit en fyn gekap 250ml gebleikte sultanas
Kook die noedels volgens die aanwyssings op die pakkie tot net gaar maar nie pap nie. Spoel die gaar noedels onder lopende water af en laat dit goed dreineer. Dreineer die perskeskywe en behou die stroop. Sny die perskeskywe kleiner. Meng die perskestroop, mayonnaise en kerriepoeier tot glad.
Meng die noedels, perskestukkies, perskestroopmengsel, kaas, ui, soetrissie en sultanas liggies. Verkoel die slaai voor opdiening.
97. RISSIE EN BILTONG-PASTASLAAI:
250g vlinder of skroef pasta 1 bossie sprietuie, in skyfies gesny
julienne van 2 groot skoon geskraapte wortels 1 groot lemoen, geskil & in segmente verdeel
1-2 vars brandrissies, ontpit in skyfies gesny 150g gesnyde beesbiltong
50ml vars gekapte pietersielie 5ml speserye vir slaai
100ml KNORR songedroogde tamatie-en-olyfolie
slaaisous
Kook pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi in ‘n groot slaaibak. Besprinkel met 50ml van die slaaisous en meng goed. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed deur. Sprinkel die oorblywende sous oor.
Lewer 4-6 porsies.
98. BEET EN PEKANNEUT SLAAI:
3 groot, gaar bete in blokkies gesny 1 groot ui, fyn gekap
1 groot groen appel, met skil in blokkies gesny 50g pekanneute, gekap
150ml gekoopte vinaigrette-slaaisous 1 klein blaarslaai, fyn gesny
‘n paar heel pekanneute vir garnering
Meng die beet, ui, appel en neute in ‘n mengbak. Plaas die blaarslaai op ‘n opdienbord, skep die beetmengsel mooi bo-op en drup die slaaisous oor. Garneer met gekapte neute.
Lewer 4-6 porsies.
99. KIWIVRUG EN DRUIWESLAAI MET KASJOENEUTE:
‘n paar slaaiblare 2 kiwivrugte, geskil en gesny
2 lemoene in segmente verdeel 125ml groen pitlose druiwe
1 klein groen soetrissie, ontpit, in blokkies gesny 4 radyse, dun gesny
100g sampioene, dun gesny ¼ Engelse komkommer, gesny
gekoopte olievrye vinaigrette, na smaak 60ml kasjoeneute
Rangskik die slaaiblare op ‘n slaaibord. Meng die res van die vrugte en groente liggies saam met die vinaigrette totdat die vrugte en groente na smaak bedek is met die sous. Rangskik mooi bo-op die slaaiblare en strooi neute bo-oor.
Lewer 4 porsies.
Sommige mense word net nooit groot nie, hulle word net oud. Baie vrouens het ‘n
tiener man, en baie geduldige mans het ‘n kinderbruid met plooie.
100. SOET-SUUR BOONTJIESLAAI:
410g botterboontjies 60ml gebleikte sultanas
410g pynappelstukke in natuurlike sap 50ml sagte bruinsuiker
50ml asyn 20ml mielieblom gemeng met bietjie water
Plaas ongedreineerde boontjies, pynappelstukkies, sultanas, suiker en asyn in ‘n kastrol. Bring tot kookpunt. Verdik met mielieblom en kook vir 1 minuut. Laat heeltemal afkoel en bedien.
Hierdie slaai kan vir tot 3 dae in die yskas gebêre word.
Lewer 6-8 porsies.
101. BEET IN ROOMSOUS:
1kg rou bete 2 repe spekvleis, gesnipper
15ml kookolie 2 middelslag uie, gekap
100ml koekmeelblom 500ml vleisaftreksel
knypie fyn kruienaeltjies knypie fyn kaneel
sout en peper na smaak 125ml vars room
sap van ½ suurlemoen 5ml suiker
gekapte uiegras
Kook bete in soutwater tot sag. Trek skille af en sny bete in kwarte indien hulle groot is. Braai spekvleis in kookolie tot goudbruin. Voeg die uie by en soteer tot sag. Voeg meel by en roer tot gemeng. Voeg aftreksel, naeltjies, kaneel, sout en peper by, roer gereeld en kook 10 minute oor matige hitte. Voeg 100ml van die room by asook die suurlemoensap en suiker. Voeg die bete by en laat 5 minute lank prut. Skep in opskepskottel, gooi res van room oor en strooi die gekapte uiegras bo-oor. Sit dadelik voor.
‘n Paar idees vir Kersdag. Ekstra.
Net om BAIE DANKIE te sê vir jou ondersteuning!
ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
o
Rencia Odendaal Pretorius
VINNIGE 2 MINUTE NOEDELSLAAI:
1 Pakkie 2 minute noedels
1/2 kop mayonaise
1 blikkie tuna
Knoffel, sout en peper, aromat
Bietjie chutney
Maak 2 minute noedels aan soos op aanwysing en voeg b.g by
• Bacon Cauliflower Salad Recipe
Serves/Makes: 12
INGREDIENTS:
1 head iceberg lettuce
1 sweet onion, thinly sliced rings
1 pound bacon
1/2 head cauliflower
1/3 cup Parmesan cheese, grated
1/4 cup sugar
salt
black pepper
1 cup mayonnaise
PREPARATION:
The night before serving, rinse and dry lettuce. Fry, drain and crumble bacon. Break cauliflower florets into bite-size pieces. Layer lettuce, thinly sliced onion rings, crumbled bacon and cauliflower floret pieces in a bowl. Sprinkle grated cheese, sugar, salt and pepper, to taste, on top. Spread mayonnaise over all. Cover tightly and refrigerate overnight. Mix well before serving. Groete Madri ♥ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
24 Hour Lettuce Salad Recipe ~ cdkitchen.com recipes
Serves/Makes: 8
INGREDIENTS:
1 head lettuce, torn
1/2 cup celery, chopped
1/2 cup green bell pepper, diced
1 red onion, chopped
1 package frozen baby green peas, slightly thawed
1 cup mayonnaise
2 teaspoons sugar or honey
4 ounces Cheddar cheese, grated
8 slices bacon, crumbled
PREPARATION:
Layer first 5 ingredients in a glass bowl in order of listing. Spread on mayonnaise. Sprinkle on sugar or honey, then cheese, then bacon. Cover with foil and refrigerate overnight. Toss lightly just before serving. Groete Madri ♥
• Amelia Röder Rasper ~ Gestolde wortelslaai
1 pakkie wortels fyn - ongeveer 3 koppies gerasperde wortel. Dreineer die sap van 1 blikkie crushed pynappel in 'n 250ml maatkoppie. Vul aan tot vol met kookwater. Los 1 pakkie suurlemoen of perske jelliepoeier hierin op. Los 5ml gelatien in bietjie koue water op en roer by die jellie. Sit in die yskas om te stol. As dit net begin stol (lyk soos dik eierwit), klits goed. Meng nou die gerasperde wortels, crushed pynappel, jellie en 125ml room (styf geklits) tot goed gemeng. Gooi in jou jelring wat jy vooraf eers uitspoel met water. Sit in yskas om te stol (maak vanmore as jy vanaand wil eet.) ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Rencia Odendaal Pretorius
Ek gaan my resep gee wat ek uitgedink het.
1 kg catering veggie mix (die klein blokkies) - kook net effe op moet nog crispy wees
1 uie gekap - maak sousie met mayonaise,bietjie melk bietjie chutney, mosterdpoeier, sout en swart peper Frimmel fetakaas bo-oor en bedien saam met braaivleis.ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Ilse Mynhardt My skoonsus se slaai :
2 blikke french cut groenbone, gedreineer
2 groot avo's in stukke gesny
1 ui baie fyn gekap
Mayonnaise sout en peper na smaak (Ek gebruik so 4 lekker vet eetlepels mayonaise)
Meng als bymekaar en bedien dan koud.ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Surita En Johan Kruge ~ Koringslaai:
Kook koring tot sag en dreineer, koel af in yskas. Meng daarby opgekapte greenpepper, brosgebraaide bacon stukkies en opgesnyde geblikde perskes. Gebruik Ina Paarman se creamy honey en mustard slaaisous. Baie lekker!ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Saretha Van Heerden BROCCOLI SLAAI
1 Broccoli gewas en fyn opgesny. Ook die stingeltjies
1 groot ui fyn gekap
250 g spek opgesny
sout
5 ml suiker
250 ml mayonaise
250 ml ongegeurde yoghurt
Braai die spek en uie saam. Meng die mayonaise en yoghurt. Meng dan alle bestandele saam. As die sous te min is voeg gelyke dele mayonaise/yoghurt by. Laat oornag in die yskas om te marineer.
(Kan ook blokkies cheddar kaas by voeg) ****ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Amelia Röder
LAGIE SLAAI
Fyn gekerfde blaarslaai
Gevriesde ertjies
Gevriesde mielies
Gekapte green pepper
Sprietuie
Hardgekookte eiers, gekap
Bitsy bacon
Uie Gekap
Pak lagies in 'n glasbak soos volg: blaarslaai, mielies, ertjies, eier, green pepper, sprietuie. Herhaal die lae en eindig met blaarslaai. Braai die bacon en uie saam en skep eweredig bo op die blaarslaai. Meng mayonnaise met 'n bietjie kerriepoeier (sit meer of minder by afhangende van hoe sterk jy dit wil he) en 'n lepeltjie suiker. Gooi 'n lagie oor die slaai dat daar geen gaatjies is nie en heeltemal bedek is. Snipper bietjie fyn sprietuie bo-oor vir kleur. Maak tenminste so 3-4 ure voor bediening.ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Amelia Röder
3-BONE SLAAI
1 Blik baked beans
1 Blik groenbone
1 Blik botterbone
1 Ui, gekap
1 Green pepper, gekap
Sous:
125ml Olie
125ml Asyn
125ml Suiker
80ml Suurlemoensap
1t Mostert poeier
1t Knoffel
Sout, peper, aromat na smaak
1t Basil (opsioneel)
Meng al die slaai bestanddele saam. Meng sous bestandele saam en gooi oor die slaai. Meng goed deur. Maak tenminste een dag voor die tyd om kans te gee dat die slaai trek. Hoe langer hy staan, hoe lekkerder!
ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Noedelslaai - uit Ons Kookboek - Leserskring lede resepte
500g pak driekleur skroefnoedels
1 groot soetrissie, gekap (ek vat gewoonlik al 3 kleure - lyk mooier!)
1 groot ui, gekap
250ml tamatiesous
25ml kerriepoeier
60ml blatjang
125ml kookolie
125ml bruinasyn
200ml suiker
sout en peper na smaak
Kook noedels in soutwatert tot sag en dreineer.
Meng res van die bestanddele baie goed saam en roer by die noedels in. Bêre in die yskas. Roer deur voor opdiening.
Wenk: Die slaai kan tot 'n week in die yskas hou - hoe langer hy staan, hoe beter word die smaak!ongeveer ʼn maand gelede • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
Rene Lennox
CHAKALAKA NOEDELSLAAI:
1 pak skroef noodles
1 blik mild en spicy chakalaka
halwe blik kondensmelk
mayonaise
meng alles saam en bedien!!!ongeveer 2 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
Lizette Venter
AARTAPPELSLAAI MET SUURROOM:
375ml suurroom
37.5ml asyn
10ml strooisuiker
3ml mosterdpoeier
10ml karwysaad
25ml stingeluie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 aartappels, in die skil gekook
Meng al die bestanddele behalwe die aartappels goed saam.
Trek die aartappels af en sny in blokkies.
Gooi die suurrroomsous oor die aartappels en meng dit liggies.ongeveer 2 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
KOMKOMMER STOL SLAAI:
2 komkommers - gerasper met skil en gedreineer
1 klein ui gerasper
1 pakkie groen jellie
1 tl gelatien
125ml kookwater
250ml gladde maaskaas
250ml mayonaise
2tl suurlemoensap
sout en peper
Maak jellie en gelatien aan met kookwater
Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by
Voeg komkommer ui sout en peper by
Meng
Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater
Plaas in yskas.ongeveer 2 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
WORTEL EN PYNAPPEL RING:
1 blik crushed pynappel (440gr)
1 pakkie suurelemoenjellie
125ml suiker
500ml gerasperde wortels
1ml sout
125ml room
Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.
Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.
Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.
Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas.ongeveer 2 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
KERRIE EIERS
Een Groot Ui.
2 Tamaties.
1 E Margarien.
1 T Kerriepoeier.
1 E Asyn.
6 Hardgekookte Eiers.
Metode:
Braai Die Ui In Die Margarien Tot Sag En Bruin.
Sny Die Tamaties In Dun Skywe En Braai Saam Met Die Ui.
Sodra Die Tamaties Gaar Is Meng Kerriepoeier En Asyn.
Gooi Die Mengsel Oor Die Tamaties En Roer Goed, Laat So 'N PaarMinute Prut.
Sny Eiers In Die Helfte En Sit In 'N Bak.Gooi Die Tamatiemengsel Oor Die Eiers.
Bedien Warm.Kan Saam Met Rys Bedien Word
#
Rencia Odendaal Pretorius
Curried Eggs
8 Eggs Hardboiled And Peeled
Sauce
1 Large Onion, Chopped
25ml Sunflower Oil
2 Tomatoes, Peeled And Chopped
1 Packet Royco Chilli Beef & Green Pepper Soup
400ml Water
10ml Chutney
1. Fry Onion In Heated Oil Until Softened.
2. Add Tomatoes And Fry For 1 Minute.
3. Add Soup Powder Mixed With 400ml Water And 10ml Chutney. Stir Till Thickened, Then Simmer For 5 Minutes.
Season To Taste.
4. Pour Mixture Over Peeled Eggs And Serve. (Eggs can also be cut in halve or quartered).ongeveer ʼn week gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Rencia Odendaal Pretorius
KERRIE NOEDELSLAAI:
500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook)
1 green/yellow/red pepper gekap
1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml kerrie
2 eetl mayonaise
sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die slaai.ongeveer ʼn week gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
AVOKADO SLAAI MET SPEK EN NEUTE:
1 pak gemengde slaaiblare 6 sprietuie, in ringe gesny met groen lowwe
8 repe swoerdlose streepspek 4 snye witbrood sonder korsies
1 groot, ryp avokado 125 ml pekanneute, grof gekap
125 ml Franse slaaisous
Breek die slaaiblare in kleiner stukkies en plaas in die slaaibak saam met die gesnyde sprietuie. Sny die spek in 1 cm-stukkies en roerbraai in 'n bietjie olie tot bros. Haal uit en dreineer op kombuis papier. Sny die brood in blokkies (1 cm x 1 cm) en braai in die dieselfde pan as die spek tot goudbruin. Voeg 'n bietjie ekstra olie by indien nodig. Haal uit en dreineer. Sny die avokado en rangskik op die slaaiblare. Bedek met slaaisous. Sprinkel neute, spek en bros broodblokkies oor slaai net voor opdiening.
2. BEETSLAAI MET JOGURT:
300-400 g rou jong beet 2 appels
250 ml dik jogurt sap van 1 suurlemoen
45 ml mayoinnaise 10 ml stingeluie, gekap.
Skil die beet en rasper, asook die appels. Meng jogurt, suurlemoensap en mayonnaise saam. Meng appel en beet met jogurtmengsel en besprinkel met stingeluie.
SLAAISOUS :
200 ml mayonnaise 1 knoffelhuisie, gekneus
100 ml roguefortkaas, gerasper 50 ml joghurt of room
10 ml gekapte stingeluie.
Meng saam en skep oor slaai.
3. BILTONGSLAAI: (Dit lewer 6 porsies) Slaaisous: 60 ml balsem-asyn 125 ml olyfolie 1 knoffelhuisie, gekneus 5 ml suiker of na smaak 5 ml Dijon-mosterd 1 stingel sprietui, fyngekap sout en varsgemaalde swartpeper Slaai: 250 g klam, baie dun gekerfde biltong 375ml gerasperde cheddarkaas 'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai 3 agurkies, gekap op te rangskik 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny 2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.
Goeie maniere en ‘n sagte woord het al baie moeilike situasies opgelos.
4. BLAAUWKRANZ-AARTAPPELSLAAI:
6 medium aartappels, gaar, in skywe gesny 3 gekookte eiers, 2 in skywe en 1 gekap
4 grasuie, gekap sout en suurlemoenpeper
170ml bloukaas, fyn gekrummel 50 ml mayonnaise
175 ml natuurlike jogurt 15 ml vars, gekapte pietersielie
1 grasui, grof gekap vir garnering
1. Rangskik die aartappels, eierskywe en gekapte grasuie in lae in 'n slaaibak.
2. Geur elke aartappel en eierlaag met 'n bietjie sout en peper.
3. Meng die kaas, jogurt, mayonnaise en pietersielie saam en giet oor die slaai.
4.. Garneer met gekapte, hard gekookte eier en grasuie.
Wenk:
Berei die slaaisous vooraf en verkoel vir 2-3 ure sodat die geure kan ontwikkel.
5. BLOMKOOLSLAAI:
1 blomkool (in blommetjies gebreek) 250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny) 1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)
SLAAISOUS:
100 ml suurroom 100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)
1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.
2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.
3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.
6. BONE EN PEPPADEW SLAAI:
250 ml wit inmaakbone, gekook 250 ml koring, gekook
1 ui, in blokkies gesny 125 ml broccoli, in klein stukkies gesny
½ komkommer, in blokkies gesny 2 rooi soetrissies, in blokkies gesny
2 selderystingels, in ringe gesny 6-8 ingemaakte peppadews, in repies gesny
125 ml heuning-en-mosterd-slaaisous
Meng al die bestanddele vir die slaai. Voeg die slaaisous by. Hou verkoel.
7. BROCCOLI SLAAI
1kg broccoli, in blommetjies gebreek 1 ui, in ringe gesny
1 rooi soetrissie, gekap
SLAAISOUS:
250ml suiker 250ml asyn
250ml slaaiolie
Blansjeer die broccoli 2 minute lank in kokende soutwater. Gooi die water af.
Plaas die broccoli in ‘n bak en rangskik die ui en soetrissie bo-op.
Klits die suiker, asyn, en olie saam totdat dit wit en skuimerig is.
Gooi die slaaisous oor die warm broccoli, bedek en laat dit minstens 5 uur lank marineer.
Jan Alleman eet in sy lewe ongeveer 20,000 uur, meer as 800 dae en nagte.
– M.F.K. Fisher
–
8. BROS AARTAPPELSKIL SLAAI:
8 aartappels se skille 15ml olie
200g gekapte spekvleis blaarslaai
100ml gekapte haselneute 60g fetakaas, in blokkies gesny
2 rooi, ongeskilde appels, in blokkies
Skrop aartappels onder koue, lopende water. Druk droog. Skil aartappels in eweredige repe en braai in verhitte olie tot goudbruin en bros. Braai spekvleis tot bruin en bros en dreineer. Voer ‘n slaaibak uit met slaaiblare. Meng neute, kaas, appel, spekvleis en aartappelskille liggies. Plaas in slaaibak en verkoel. Lewer 4 porsies.
9. BRUINRYS EN HEELPITMIELIE SLAAI:
500ml gaar bruinrys 1 Engelse komkommer (in blokkies)
410g (1 blik) heel mieliepitte (gedreineer) 1 rooi of groen soetrissie (ontpit & gekap)
1 bossie stingeluie (gekap)
GROENSLAAISOUS:
150ml gewone jogurt 1 huisie knoffel (fyn gemaak)
sout en peper na smaak 3ml aangemaakte mosterd
25ml gerasperde ui 50ml gekapte pietersielie
25ml vars suurlemoensap 25 ml agurkies (fyngekap)
Meng bestanddele vir slaai en plaas in opdienbord. Plaas bestanddele vir slaaisous in ‘n voedsel verwerker en verwerk tot glad. Giet slaaisous oor slaai net voor bediening. Meng goed om egalig te bedek, en bedien. Lewer 6 porsies.
10. KOMKOMMER SPANSPEKSLAAI:
1 spanspek 450g tamaties
1 groot komkommer 1 eetlepel gekapte pietersielie
1 hoogvol teelepel gekapte grasuie of kruisement
FRANSE SLAAISOUS:
2 eetlepels wynasyn sout en peper
strooisuiker 6 eetlepels, slaaiolie
Sny die spanspek middeldeur, verwyder die saad en skep die vleis uit met ‘n groentesnyer of sny dit in blokkies. Skil en sny die tamaties in kwarte, druk die pitte uit en verwyder die binneste gedeelte. As die tamaties groot is, kan die kwarte weer deurgesny word. Skil die komkommer en sny op in blokkies soos die spanspekblokkies. Sprinkel liggies met sout, bedek met ‘n bord en laat 30 minute staan. Dreineer, spoel die blokkies af met koue water.
BEREI DIE SOUS:
Meng asyn, sout, peper en suiker. Klits olie by die asynmengsel. Meng vrugte en groente in ‘n mengbak, gooi slaaisous oor, bedek bak en verkoel vir 2-3 uur.
11. KORING-EN-PERSKESLAAI:
250ml stampkoring, goed gewas 1 groen soetrissie, ontpit en gekap
825g perskeskywe, gedreineer en fyn gesny 1 ui, gekap.
Sous:
50ml suiker 50ml asyn
50ml blatjang 4ml matige kerriepoeier
100ml sonneblomolie 10ml sojasous.
Gooi stampkoring by kookwater waarby sout gevoeg is. Laat stadig kook sowat 45minute of tot sag. Gooi water af en laat afkoel. Voeg soetrissie, perskeskywe en uie by koring. Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed saam en voeg by koring. Bedek en plaas in die yskas. Die slaai bly sowat 3 tot 4 dae vars in die yskas en is lekker saam met braaivleis.
12. KRAKERIGE KAASSLAAI:
½ blaarslaaikop grof gebreek ½ brood se croutons
6 agurkies in ringetjies gesny Cheddar kaas in blokkies gesny
Klein blikkie pynappelstukkies (gedreineer)
Meng alle bestanddele en gooi in 'n mooi glasslaaibak.
SOUS:
397g kondensmelk 2 eetlepelsl asyn
1 eetlepel kookolie sout en swartpeper na smaak
Meng alles saam net voor bediening en gooi oor slaai.
13. KRUISEMENT KOOLSLAAI:
750ml kool (in repies gesny) 1 rooi soetrissie (gekap)
3 groen salotte (gekap) 1 wortel (gekap)
SOUS:
5ml suiker 2,5ml vars gemmer (gerasper)
62,5ml suurlemoensap 1 knoffelhuisie (gekneus)
12,5ml vars kruisement (gekap)
Berei die sous deur al die sousbestanddele in 'n bottel te gooi en goed te skud.
Meng al die slaaibestanddele in 'n groot bak en voeg slaaisous by net voor opdiening.
14. MAKRIEL-EN-MACARONI-SLAAI:
150g macaroni 30ml laekalorie- Franse slaaisous
120g gerookte makrielfilette, vel verwyder 2 klein uie, fyngekap
6 kersietamaties, gehalveer 1 wortel, geskil en grofgerasper
45ml laevet- natuurlike jogurt 1bossie (mustard cress)
sout en varsgemaalde swartpeper
Kook macaroni in vinnig kokende water tot al dente (die pasta moet nog effens ferm wees as jy dit byt, en nie sag en pap wees nie). Gooi water af en meng gaar macaroni liggies met die Franse slaaisous. Laat afkoel. Vlok die makrielfilette en verwyder grate. Sodra die macaroni koud is, voeg die makriel, uie, tamaties, wortel en joçurt by. Meng liggies. Voeg die helfte van die mosterdkers by die slaai. Geur met sout en peper.. Plaas slaai in 'n mooi glasbak en garneer met oorblywende mosterdkers.
Sit voor as 'n slaai of ligte ete.
15. MOSTERD EN UIESLAAI:
1 kg piekeluitjies 500ml groente of hoenderaftreksel
250ml bruinasyn 30ml mielieblom
60ml bruinsuiker 2 eiers
10ml droë mosterd 5ml gegeurde sout
Prut die uie in die aftreksel tot sag. Verwyder die uie met ‘n gegleufde lepel en hou eenkant terwyl die sous gemaak word. Voeg die asyn by die aftreksel. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en voeg by. Klits die suiker, eiers, mosterd en sout saam. Voeg ‘n klein bietjie van die warm mengsel by die eiermengsel en gooi alles dan terug in een kastrol. Roer voortdurend oor stadige hitte tot die sous verdik. Proe en geur. Giet oor die uie en laat afkoel.
Sny Feta kaas en waatlemoen in blokkies en sprinkel vars suurlemoensap, olyfolie en swartpeper oor vir ‘n interessante voorgereg of as slaai saam met geroosterde visgeregte.
16. NOEDELSLAAI:
1 pak (500g) skroef of skulpnoedels 1 soetrissie
1 ui 250 ml tamatiesous
125 ml asyn 125 ml sonneblomolie
200ml witsuiker 25ml matige kerriepoeier
paar druppels Tabascosous / Worcestersous
Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. Laat dit goed dreineer. Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. Skil en kap die ui fyn. Meng die noedels, ui en soetrissie in'n slaaibak.Meng die tamatiesous, asyn, sonneblomolie, witsuiker, kerriepoeier, Tabascosous en peper. Giet dit oor die noedelmengsel en meng dit liggies. Verkoel voor opdiening.
Lewer 8 porsies.
GOUE WENK:
HIERDIE GEREG IS HEERLIK AS DIT OORNAG IN DIE YSKAS VERKOEL IS.
17. OOSTERSE PASTASLAAI:
500g skroefnoedels 250g wit sampioene,afgevee in dun skywe gesny
4 selderystingels, in dun skyfies gesny 6 jonguie, gekap
125ml pietersielie
SOUS:
300ml sonneblomolie 125ml suurlemoensap
60ml sojasous 10ml heuning
3 knoffelhuisies, fyngedruk 30ml medium–droë sjerrie
60ml geroosterde sesamsaad 60ml koljanderblare
‘n bietjie fyngerasperde suurlemoenskil
Meng al die bestanddele vir die sous in ‘n fles met deksel en skud goed. Hou eenkant. Kook die pasta, dreineer goed. Moenie die pasta afspoel nadat dit gedreineer is nie, anders sal die sous nie goed kleef nie.
18. PATAT EN PYNAPPELSLAAI:
(Dit lewer 6 porsies)
sowat 1 kg klein patats ½x 440 g blik pynappelstukke, gedreineer, maar
125ml okkerneute, grofgekap behou 60ml van die pynappelsap
½ groen soetrissie, ontpit en gekap
Slaaisous:
5 ml gerasperde suurlemoenskil 60 ml gedreineerde pynappelsap
30 ml olie varsgemaalde swartpeper
Was en skrop die patats, maar moenie skil nie. Sny die patats in 2 cm dik skywe en kook dit in soutwater tot sag, maar effens ferm, sowat 10-15 minute. Dreineer en sny die patats in eetbare porsies. Plaas die gaar patats, pynappelstukke, okkerneute en groen soetrissie in 'n glas slaaibak en meng liggies. Meng al die bestanddele vir die slaaisous saam en giet oor die slaai. Sit die slaai warm of koud voor.
19. PIESANG-EN- BOONTJIESLAAI:
2 x 410g blikkie boontjies-in-tamatiesous 15ml suurlemoensap
6 piesangs, in skyfies gesny 100ml pynappelstukkies
75ml mayonnaise bros blaarslaai.
Sprinkel suurlemoensap oor piesangskyfies om te voorkom dat dit verkleur. Voeg boontjies en pynappelstukkies by piesangs en meng liggies. Voeg mayonnaise by en meng deur. Verkoel slaai en sit voor op bros slaaiblare.
Edit
Koue slaaie
by Kos idees vir moeë mammas on Wednesday, October 12, 2011 at 11:43am
• PIESANG WALDORF SLAAI Adéle Van Zyl Filmalter
3 Rooi appels in blokkies gesny
1 Groen appel in blokkies gesny
2 Piesangs in ringe gesny
25 ml Suurlemoensap
150g sultanas
2 stingels selderye gesny
50g okkerneute grof gekap
1 blik (410g) pynappel stukke gedreineer behou sap
SLAAISOUS:
250 ml mayonnaise
125 ml pynappelsap ( wat jy behou het)
5 ml Kerrie poeier
sout en vars gemaalde peper
Sprinkel blokkies vruget met suurlemoensap om verkleuring te voorkom
Voeg orige slaai bestanddele by en meng liggies
Mengs slaaisous en gooi oor slaai
Meng goed en bedien op blaarslaai blareongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
BRUSSELS EN BACON SLAAI : Esmerilda Hanekom
Braai 'n pakkie baconstukkies bros, en skep uit die vet.
Breek die brusselsprout in blaartjies. Braai die blaartjies vinnig in die bacon vet tot bros.
Meng die bacon en brussels. Gooi bietjie van die vet oor.
Dit is HEERLIK! Self mense wat die brusselsprouts eet nie, love dit!ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
TAMATIE, FETA, BASIL SLAAI Almal van Dyk Pretorius
Kersietamaties, middeldeur gesny
Feta kaas, blokkies kleiner as tamatiehelftes
Vars basilie, geskeur in kleiner stukkies
Grof gemaalde swart peper Meng alles en verkoel vir paar uur.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
BROCCOLI SLAAI Georgia Strauss De Klerk
750 g broccoli
250 g blomkool
1 groot ui
1 rooi soetrissie
Kook saam met sout vir 1 - 2 min
Sous
250 ml suiker
250 ml asyn
250 ml olie
Klits & gooi oor broccoli vir 4 uur voor gebruik.
Neute is opsioneel. Hou baie lank in yskas. Heerlik by braai!ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
ANYSKOOL SLAAI Georgia Strauss De Klerk
1 middelslag kool
2 uie
250 ml suiker
Sny kool & uie fyn. Meng in bak & gooi suiker oor. Moenie roer.
Meng
250 ml wit asyn
200 ml olie
5 ml mostertpoeier
5 ml ayssaad
Kook saam. Gooi kokende mengsel oor kool. Moenie roer. Seël bak & verkoel slaai vir 4 uur in yskas.Gooi vloeistof af & roer slaai omongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
KOPKOOLSLAAI MET JOGHURT (4 porsies) (Rina Kleinhans)
Verslankers kan maar weg lê hieraan.
500ml fyn gesnipperde kopkool
3 gaar middelslag-bete in blokkies gesny
50ml fyn gekapte pietersielie
200ml Bulgaarse joghurt
10ml gerasperde peperwortel
Sout en peper na smaak
Meng kool, beetblokkies en pietersielie n ‘n slaaibak. Gooi joghurt oor en strooi peperwortel bo-op. Geur met sout en peper en verkoel goed. Meng liggies net voor opdieningongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
NOEDELSLAAI Adéle Van Zyl Filmalter
500g Noedels
1/2kg uie gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies ( rooi, geel en groen)
100ml mayonnaise
375ml olie
250ml wit asyn
500ml suiker
20ml sout
Kook tamaties, uie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar ferm ongeveer 20 min, met sout en bietjie olie by
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels. Baie baie lekkeongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
GEDROOGDE APPELKOOS EN PYNAPPELSLAAI Stefani de Villiers
1/2 Slaaikop
1 Pynappel
1/2 Pakkie gedroogde appelkose
Handvol rosyne
1 Piesang Opsioneel
1 Houertjie Grinnedella Jogurt
Gebruik platterige slaaibak en bedek die bodem met slaaiblare.
Sny pynappel in kleinerige blokkies en strooi oor blare.
Week appelkose rukkie in water, dreineer en strooi oor pynappel.
Sny piesang by
Strooi handvol rosyne bo-oor
Gooi houertjie jogurt eweredig bo-oor.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
KFC COLE SLAW Adéle Van Zyl Filmalter
8 cups finely chopped cabbage (about 1 head)
1/4 cup shredded carrot (1 medium carrot)
2 tablespoons minced onion
1/3 cup granulated sugar
1/2 teaspoon salt
1/8 teaspoon pepper
1/4 cup milk
1/2 cup mayonnaise
1/4 cup buttermilk
1 1/2 tablespoons white vinegar
2 1/2 tablespoons lemon juice
Be sure cabbage and carrots are chopped up into very fine pieces (about the size
of rice). Combine the sugar, salt, pepper, milk, mayonnaise, buttermilk, vinegar,
and lemon juice in a large bowl and beat until smooth. Add the cabbage, carrots,
and onion, and mix well. Cover and refrigerate for at least 2 hours before serving.
Serves 10−12ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
DRIE BOONTJIE SLAAI Adéle Van Zyl Filmalter
1 BLIK (425G) GEBAKTE BOONTJIES IN TAMATIESOUS
1 BLIK (410G) BOTTERBOONTJIES GEDREINEER
1BLIK(410g) GEKERFDE GROEN BOONTJIES GEDREINEER
1SOETRISSIE ONTPIT EN GEKAP
1 GROOT UI
SOUS:
125 ML ASYN
125 ML SONNEBLOMOILIE
125 ML SAGTE BRUIN SUIKER
MENG SLAAI BESTANDDELE
SOUS: VERHIT ALLES SAAM EN KOOK ± 5 MIN
GIET OOR SLAAI EN LAAT AFKOELongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
BROODSLAAI Adéle Van Zyl Filmalter
8 snye witbood
kookolie vir diepbraai
250 ml cheddard kaas blokkies
125 ml agurkieskyfies
3 hardgekookte eiers gesnipper
500-600 ml mosterdslaai sous
Sny broodkosrsies af en sny die brood in blokkies
Braai die broodblokkies in warm kookolie tot goudbruin en dreineer
Laat goed afkoel
Meng die broodblokkies kaasblokkies agurkieskyfies en eier net voor opdiening liggies met die slaaisous
about 6 months agoongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
BROOD SLAAI Helena)
1 brood in blokkies gesny
2 koppies kaasblokkies
2 teelepels mosterdpoeier
1 teelepel sout
1/2 teelepel peper
2 eiers
½ koppie gesmelte botter
1 koppie kondensmelk
25ml asyn
125ml agurkies in skyfies gesny
3 hardgekookte eiers.
Braai broodblokkies tot bruin in olie.
Dreineer op papierhandoek. Laat koud word.
Klits mosterd, sout, peper, en asyn saam. Voeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies, agurkies en eiers. Versier met vars pietersielie.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
SOUSBOONTJIES: OORSPRONG ONBEKEND PLASING DEUR Lillyne Grunewald
500 ml gaar, gespikkelde bone 125 g spekvleis, fyngesnipper
1 ui, gekap 50 ml bruin suiker
15 ml mosterdpoeier 5 ml sout
2 ml swartpeper 30 ml wynasyn
200 ml water of bone-aftreksel
Meng al die bestanddele saam en plaas in 'n vuurvaste oondskottel. Bak dit vir 1 uur in 'n voorverhitte oond by 180C.
ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
KOPERPENNIE WORTELSLAAI: Maureen Adendorff Van Os
1 kg wortels, in skyfies gesny 2 middelslag uie, in ringe gesny
1 klein soetrissie, ontpit en in repies gesny 1 pakkie tamatiesop
250 ml water sout en peper na smaak
200 ml wit asyn 125 ml kookolie
250 ml suiker 10 ml Worcestershire-sous
7 ml mosterd Kook wortels tot halfgaar, dreineer en laat koud word. Rangskik wortels, soetrissierepe en uieringe in lae in 'n groot bak. Meng res van bestanddele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook 2 minute. Gooi warm oor slaai en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kante van die slaai inloop. Laat afkoel, sit deksel op en marineer twee dae in die koelkas voor gebruik.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
SPICY PASTA SLAAI Georgien Neethling Schoeman
Spicy Pasta Slaai
500g skroef pasta, kook tot gaar maar nie pap en dreineer.
Braai groot ui in olie en gooi by gaar pasta, olie en al.
Kap gekleurde pepers en gooi by net so rou.
...
Meng volgende deeglik saam.
1koppie wit asyn
1koppie suiker
1koppie all gold tamatie sous
2teelepels matige kerrie poeier
1/2teelepel sout
Meng deur pasta en laat staan in yskas verkieslik oornag. Hierby kan gekapte salami of gerookte hoender of chirizo bygevoeg word en ook fyn stukkies pynappelongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
UIESLAAI Georgia Strauss De Klerk 30/05/2011
750 g uie Kook tot sag (klein uitjies ipv gesnyde uie lyk mooier)
Meng die volg. goed saam:
100 ml kondensmelk
5 ml mosterd
100 ml tamatiesous (los uit vir witslaai)
100 ml asyn Gooi oor uie.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Koringslaai met geelperske en kerriesous
200 g (250 ml) koring
Sous:
1 groot soetrissie, gekap en in blokkies gesny
50 ml sonneblomolie
1 groot ui, gekap
3 ml borrie
1 blik (410 g) ingelegde perskeskywe, gedreineer
6 ml matige kerriepoeier
25 ml blatjang
25 ml suiker
25 ml asyn
5 ml sojasous (opsioneel) Kook die koring tot in soutwater en spoel af onder koue lopende water. Plaas in `n slaaibak. Meng die soetrissie, perskeskywe en ui met die koring.
Sous:
Meng al die slaaisousbestanddele saam. Dit moet deeglik gemeng word of in `n digte houer geskommel word, sodat veral die suiker kan oplos (die slaaisous moenie kook nie). Gooi oor die koringmengsel en roer goed deur. Adele.
2 hours ago • Like Mariette Visser KORINGSLAAI MET PERSKES
250ml stampkoring
125ml olie
25ml asyn
25ml suiker
5ml kerriepoeier
2ml borrie
1 blikkie (225g) ingelegde perskeskywe, gedreineer en kleiner gesny
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 klein uitjie, fyn gekap
Kook die koring gewoonweg in soutwater tot sag, dreineer en spoel stysel met kookwater
in 'n vergiettes af sodat die korrels los is. Proe en voeg sout by indien nodig. Meng die olie, asyn, suiker, kerrie en borrie en gooi oor die koring, meng deeglik.
Voeg perskesnippers, ui en soetrissie by, meng liggies. Sit warm of koud voor.
ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
GROENTE EN PASTASLAAI Christa Ross Wessels
(Kook met blikkies en pakkies - Deona Tait)
250g rou skulpienoedels (kook tot al dente)
250g bevrore gemengde groente (kook tot gaar)
250g swoerdlose spekvleis, grof gekap en gebraai tot gaar, nie bros
15ml droe of 50ml fyngekapte vars pietersielie
Meng al die bestanddele liggies.
SLAAISOUS: 100ml mayonnaise 100ml Franse slaaisous Meng slaaisousbestanddele, giet oor slaai en roer goed deur. Verkoel goed voor bediening.
(Ek maak gewoonlik heelwat meer slaaisous en gooi helfte van dit oor die warm slaai, wanneer koud, gooi ek die res van die slaaisous oor.)
Regtig 'n heerlike slaai en nogal iets anders as die kerrie- of gewone mayonnaise noedelslaai.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
MIELIE KORING SLAAI Mariette Visser
1pak (500g) koring
1blik (410g) pitmielies, gedreineer
1 ui, fyn gekap
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny (ek gebruik ½groen en ½rooi)
50ml fyngekapte, vars pietersielie
sout en vars gemaalde swartpeper Sous: Meng alles baie goed saam~
100ml wyn- of druiweasyn
60ml olyfolie
50ml suurlemoensap
1 - 2 knoffelhuisies, fyngedruk
sout en vars gemaalde swartpeper
25ml suiker
Kook die koring in genoeg water tot sag, dreineer goed en spoel onder koue,
lopende water af. Voeg die res van die slaaibestandele by en geur na smaak
met sout en peper.
Gooi die slaaisous oor, meng en bêre in yskas tot benodig. Genoeg vir 8 - 10 mense.
*Jy kan ook rys in die plek van die koring gebruik
ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
UIE SLAAI Lillyne Grunewald
Bestanddele:
1kg uie (fyn gesny)
250ml water
250ml wit asyn
200g suiker
12,5ml mosterdpoeier
2 eiers
12,5ml mielieblom
Metode:
Kook die uie in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Laat goed dreineer en skep in slaaibak.
Meng die water, asyn en mosterd in 'n kastrol. Voeg eiers by en klits die mengsel vinnig en aanhoudend oor matige hitte totdat dit wil kook.
Maak mielieblom met 'n bietjie water aan en klits dit by die sous. Laat dit deurkook.
Giet sous oor die uiesnippers en laat dit afkoel voor bediening.
Uieslaai kan ook gebottel word.
ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
SOET / SOUT SLAAI Lillyne Grunewald
1 x blikkie roommielies
1 x blikkie ingelegde perskes
1 x blikkie pynappelstukkies
1 medium tot groot ui
Kaas in blokkies gesny soos verlang
bietjie Knoffel en kruiesous (sommer so klaar gekoop in die bottel) na
smaak.
Dreineer die sap van die perskes en pynappel. Sny dan die perskes in
kleiner stukkies. Meng alles saam en voeg die sous by soos na smaak. Mens kan dit seker afwissel met 'n bietjie kerrie vir 'n byt; hoe langer die mengsel lê, hoe lekkerder.
ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Uie sambal
Hierdie sambal werk goed saam met kerriegeregte of gebraaide vis.
3 uie, grof gerasper
3 ml sout
25 ml asyn
5 ml suiker
3 groenrissies, ontpit en fyn opgesny
kookwater Gooi die sout oor die uie en bedek met kookwater. Laat dit so staan vir 5 minute. Dreineer die uie en spoel dit af onder koue water. Druk al die oortollige water uit. Rangskik die uie in ´n slaaibak. Meng die res van die bestandele en voeg dit by die uie. Resep 2
4 groot wit uie
1 klein rissie, ontpit en fyngekap
5 ml sout
2 ml peper
50 ml asyn of suurlemoensap
25 ml suiker
Sny die uie in dun skywe. Gooi kookwater oor en laat afkoel. Gooi die water af en gooi ander bestandele by Sit voor saam met boud.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Tunaslaai
2 blikkies tuna
1 medium tamatie, in stukke gesny
1 komkommer, in dun skywe gesny of
100 ml gekapte komkommerpiekels
250 g gekapte sampioene
1 ui gerasper
125 ml mayonaise
25 ml tamatiesous
5 ml worcestersous
Meng alle saam.
Hier is nog 'n slaaisous wat gebruik kan word:
75 ml karringmelk
50 ml olie 12,5 ml suurlemoensap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 ml sout
Meng saam en gooi oor slaai. bydrae: Petro van der Westhuizen Resep 2
1 blik tuna
2 gepekelde dwergkomkommers
25 ml suurlemoensap
125 ml mayonaise
1 ml sout
slaaiblare
2 hardgekookte eiers
50 ml gestopte olywe
60 ml uie in ringe gesny
25 ml tamatiesous
1 ml tabascosous
knippie peper
pietersielie Druk 1 eier deur sif en sny die ander een in blokkies. Vlok die vis en meng met komkommers, uie, eier suurlemoensap, peper, sout en die souse. Skep op slaaiblare en garneer met gesifte eier, olywe en pietersielie. bydrae: Petro van der Westhuizen Resep 3
500 ml koue, gaar rys
200 g gedreineerde, gevlokte tuna
250 ml gerasperde, wortels
250 ml gekapte seldery
25 ml fyn gekapte ui
250 ml mayonnaise
37.5 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak Meng die rys, tuna, wortels, seldery en ui en verkoel dit. Meng die mayonnaise, blatjang, kerriepoeier, suurlemoensap, sout en peper en verkoel dit ook. Voeg die sous net voor bediening by die slaai en meng dit liggies. Bedien dit koud, met broodrolletjies. bydrae: Rika Spang Resep 4
U kan self besluit oor die hoeveelhede:
Kropslaai in stukkies gebreek
Tamaties in blokkies gesny
Groenpepper in blokkies gesny
Ui in blokkies gesny
Tuna
Mayonaisse
Tamatiesous
Sout en Pepper Onthou Moenie te veel Mayonaisse ingooi nie. Gooi liewers eers net ´n bietjie in en later nog as jy sien dit is te min. Besluit self oor die hoeveelhede, meng liggies en bedien saam met growwe brood.
tuna, gevlok
hardgekookte eier
cheddarkaas in blokkies gesny
tamaties in blokkies gesny
komkommer in blokkies gesny
gekapte greenpepper
fyngesnyde kropslaai
mayonnaiseongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Gevulde perskes
As die weer so lekker is, kan ek nie aan iets warm dink wat nog gebak ook moet word nie - so hierdie is so ´n vinnige slaai (as jy dit so wil noem), wat lekker is saam met braaivleis of sommer net koue vleis!
1 blik halwe perskes
halwe koppie mayonnaise
halwe koppie fyn gerasperde kaas Meng kaas en mayonnaise en skep in perske halwes in. Jy kan bietjie paprika bo-op strooi vir versiering. Sit so paar skywe avo tussen in - dan lyk dit omtrent aantreklik.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Broodslaai
'n Maklike resep.
sny brood in dik snye en dan in blokkies
sny kaas van jou keuse in blokkies
gebraaide spekvleis, in stukkies gekap
gelyke hoeveelhede kondensmelk & mayonnaise
olie vir diepbraai
gebraaide sampioenstukkies (opsioneel) Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaise-mengsel 'n halfuur voor opdiening. bydrae: Rika Spang Resep 2
1 brood in blokkies gesny
2 koppies kaasblokkies
2 teelepels mostertpoeier
1 teelepel sout
1 teelepel peper
2 eiers
½ koppie gesmelte botter
1 koppie kondensmelk
25ml asyn Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. Klits mostert, sout, peper, en asyn saam. vVoeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend. laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies. Versier met vars pietersielie. bydrae: Petro van der Westhuizen Resep 3
6 eiers
6 eetlepels asyn
6 eetlepels suiker
1 eetlepel mostertpoeier
sout na smaak
750 g Mayonaise
3 koppies broodblokkies
1 koppie kaasblokkies Klop eiers tot skuimerig. Meng asyn, suiker mostert met bietjie water en voeg by geklopte eiers. Roer oor warm plaat tot dit dik is. haal van hitte af en klits goed. Laat afkoel en voeg mayonaise by. Braai broodblokkies in diep olie tot bruin. Dreineer en meng met brood en kaas. Gooi sous oor net voor opdiening.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Piesang-en boontjieslaai
2 x 410g blikkies boontjies in tamatiesous
15 ml suurlemoensap
4 piesangs, in skyfies gesny
440 g blik pynappelstukkies, gedreineer
75 ml mayonnaise
blaarslaai Sprinkel die suurlemoensap oor die piesang om te verhoed dat dit verkleur. Meng die bone, pynappel en piesang liggies. Meng die mayonnaise deur. verkoel en sit op blaarslaai voor.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Panzanella
1 ciabattabrood
8 tamaties, in blokkies gesny
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
½ komkommer, in blokkies gesny
1 rooi ui, in dun ringe gesny
20 ml kappertjiesaad
sout en varsgemaalde swartpeper
90 ml olyfolie
15 ml rooiwynasyn
2 rooi soetrissies
10 swart olywe, ontpit
250 ml vars basiliekruid
Sny die brood in skywe en rooster in oond tot goudbruin. Sny dit in blokkies.
Voeg die tamaties, knoffel, komkommer, ui en kappertjiesaad by. Geur met sout en peper.
Meng die asyn en olie en giet oor die slaai. Meng en laat staan vir ten minste 1 uur voor gebruik.
Rooster die soetrissies tot swart. Trek die skille af, sny in blokkies en voeg by die slaai.
Die olywe en kruie kom laaste by.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Haricots Blancs en Salad
'n Klassieke slaai gemaak met wit boontjies.
2 blikkies wit boontjies
1 ui, fyn opgesny
8 eetlepels olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
1 lourierblaar
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
Braai die ui in 2 eetlepels olyfolie tot goudbruin saam met die lourierblaar en knoffel.
Voeg die boontjies, 6 eetlepels olyfolie en soetrissieby. Geur met sout en peper. Maak ’n slaaisous van:
½ ui, fyn opgesny
4 eetlepels fyngekapte pietersielie
1 teelepel aangemaakte mosterd
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
sout en varsgemaalde swartpeper
olyfolie
sap van ½ suurlemoen
fyngekapte pietersielie, ansjovis en swart olywe vir garnering
Meng die ui, 4 eetlepels pietersielie, mosterd, knoffel, sout en peper in ’n mengbak.
Klop die mengsel terwyl jy die olyfolie by drup – soortgelyk aan die manier waarop jy mayonnaise maak. Hou aan tot die sous dik is. Meng al die bestanddele in ’n slaaibak. Garneer met fyngekapte pietersielie, ansjovis en swart olywe.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Spanspekslaai
1 spanspek, in blokkies gesny
450 g tamaties, geskil, die pitte verwyder en in kwarte gesny
1 komkommer, in blokkies gesny
1 eetlepel pietersielie, gekap
1 teelepel grasuie, gekap
1 teelepel kruisement, gekap
knippie sout Meng die vrugte en groente, gooi Franse slaaisous oor, bedek die bak en plaas in die yskas vir 3 ure. Meng die kruie en sout by net voor opdiening. Wenk: Bedien in sopkoppies of klein, diep bakkies met 'n soplepel. Die slaai maak baie sap. Dit kan saam met 'n Franse brood bedien word. (resep is genoeg vir 4 persone)ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Komkommer in jogurt
Hierdie mengsel word saam met kerrie bedien.
3 komkommers
75 mℓ gewone jogurt
5 mℓ sout
3 mℓ fyngemaalde komyn
2 mℓ rooipeper
2 rissies, ontpit en fyn opgesny Skil die komkommers en sny dit in dun skywe. Plaas die komkommer in ’n vergiettes om te dreineer. Meng al die bestanddele saam en verwerk in ’n voedselverwerker tot glad
• Perskeslaai
6 halwe perskes (vars of ingemaak)
½ koppie amandels
slaaiblare
slaaisous van jou keuse
Rangskik die halwe perskes op die slaaiblare.
Sit ’n teelepel van jou slaaisous in elke perske en sprinkel die amandels oor.
Bedien dadelik.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Hoender- en lemoenslaai
Vryf ’n slaaibak met ’n huisie knoffel uit.
Rangskik die volgende bestanddele in lae, gooi slaaisous oor elke laag:
1 slaaikop, fyn opgesny
4 lemoene, in klein stukkies gesny
125 g cheddar, in blokkies gesny
2 appels, in blokkies gesny
koue, gaar hoendervleis, in blokkies gesny
Bedien.
ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Spinasieslaai
Jong Engelse spinasie is deesdae volop in Suid-Afrikaanse supermarkte. ’n Pak hiervan is meer as genoeg vir ’n eenvoudige, maar heerlike slaai. Een vereiste is egter dat al die bestanddele van ’n hoë kwaliteit moet wees.
Neem die spinasieblare, wat reeds skoon en droog is en meng dit met genoeg olyfolie, sodat al die blare mooi blink is. Meng nou ’n paar druppels van ’n goeie asyn by. Strooi ook ’n goeie kwaliteit sout oor en meng.
Garneer die slaai met gekookte eiers wat in kwarte gesny is en roosterbrood wat in driehoeke gesny en gebotter is.ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
KOOLSLAAI MET KONDENSMELK MAYONNAISE EN JELLIE Jean-Marie Steenberg
pakkie voorbereide koolslaai (kool met gerasperde wortels), 1 blik pynappelstukke (opsioneel), 1 pakkie groen jelliepoeier, 1 blink kondensmelk en 1k mayonnaise. * Strooi die jelliepoeier heel laaste ooongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Sommer Net Ekke
Rysslaai a la Madri
4 Koppies gaar rys
1 Gekapte ui
3 Feta wiele in blokkies
Gouda kaas in blokkies
Blokkies ham/spek
Gesnyde sampioene
1 Groenpeper in blokkies
Olyfolie
2 Eetlepels margarien
Koppie mayonnaise
Half koppie tamatiesous
Half koppie bladjang
3 Eetlepels sandwich spread
10ml mixed herbs
Sout en gemaalde swartpeper
Paprika
Braai uie, ham, groenpeper en sampioene in olyfolie en margarien tot gaar. Laat afkoel. Meng mayo, tamatiesous, bladjang, sandwich spread en spices. Meng alles goed saam en gooi bietjie paprika bo-oor vir kleur. Verkoel in yskas vir ten minste 1 uur.ongeveer 4 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Broodslaai (Die maklike een)
sny brood in dik snye en dan in
blokkies
sny kaas van jou keuse in blokkies
gebraaide spekvleis in stukkies gekap
gelyke hoeveelhede kondensmelk &
mayonnaise
olie vir diepbraai
gebraaide sampioenstukkies
(opsioneel)
Metode:
Diepbraai broodblokkies in olie tot
bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg
die res van die bestanddele by die
mayonnaise mengsel ‘n halfuur voor
opdiening by.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Blaar- en Avokado slaai
1 kop blaarslaai in stukkies geskeur
2 avokadopere, in skywe gesny
halwe pak (125g) spekvleis, bros
gebraai en dan in blokkies gesny.
3 snye witbrood, in blokkies gesny en
in olie bruin gebraai.
Sous
125 ml asyn
125 ml suurlemoensap
150 ml suiker
3 eiers goed geklits
12,5 mosterdpoeier
1 ml sout
125 ml natuulike joghurt
Metode:
Pak die blaarslaai op 'n plat bord en
rangskik die avokadopere, spek en
broodblokkies bo-op. Verhit die asyn,
suurlemoensap en suiker saam en roer
totdat die suiker opgelos is. Voeg
die geklitste eiers, mosterdpoeier en
sout by en verhit oor stadige hitte
totdat die sous verdik. Roer gedurig.
Laat afkoel en voeg die jogurt by.
Giet net voor opdiening oor die
slaai. Genoeg vir 6 mense.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Biltongslaai:
Slaaisous
60 ml balsem-asyn
125 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Biltong Slaai
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
'n verskeidenheid blaarslaai om die
slaai op te rangskik
3 agurkies, gekap
2 hardgekookte eiers, in skyfies
gesny
2 ryp avokado’s, in blokkies,
besprinkel met suurlemoensap
Metode:
Plaas al die bestanddele vir die
slaaisous in 'n skroefdekselbottel en
skud goed. Hou in die yskas tot
benodig. Plaas die biltong en kaas in
'n bak en voeg genoeg van die
slaaisous by om dit goed klam te
maak. Bedek en marineer ten minste 'n
uur (of selfs tot 'n dag lank) in die
yskas. Rangskik die blaarslaai op 'n
mooi groot plat slaaibord en pak die
slaaibestanddele bo-op. Besprinkel
liggies met van die slaaisous. Skep
die gemarineerde biltongmengsel bo-op
en sit die oorblywende slaaisous
apart in 'n klein bekertjie voor. Sit
dadelik voor.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Suikermielieslaai
410g (1 blik) geroomde suikermielies
½ pynappel, in blokkies gesny
4 piesangs, in skywe gesny
1 ui, gekap
25ml mayonnaise
Metode:
Meng alles goed saam.
Indiese Rysslaai
500 ml gaar rys
1 ui, geskil en fyngekap
25 ml blatjang
klein blik perskes, in blokkies
125 ml kondensmelk
37.5 ml suurlemoensap
12,5 ml kerriepoeier (matig)
250 ml mayonnaise
sout
Metode:
Dreineer die perskes. Meng
kerriepoeier en suurlemoensap. Meng
res van bestanddele, gooi
kerriemengsel oor en roer goed deur
Laat staan oornag in yskas en dien
op.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Tuna en Avokado Slaai
500ml gaar rys
185g gedreineerde tuna
30ml ui, gekap
2 tamaties, in blokkies gesny
1 avokado, in skywe gesny en
suurlemoensap gedoop
sout en vars swartpeper na smaak
Metode:
Meng die rys, tuna, ui en tamatie.
Voeg die avokado by en meng liggies.
Geur liggies met sout en vars
gemaalde swartpeperongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Bruinrys en Heelpitmielie Slaai
500ml gaar bruinrys
1 Engelse komkommer (in blokkies)
410g (1 blik) heel mieliepitte
(gedreineer)
1 groen soetrissie,ontpit & gekap
1 bossie stingeluie (gekap)
Groenslaaisous
150ml gewone jogurt
1 huisie knoffel (fyn gemaak)
sout en peper na smaak
3ml aangemaakte mosterd
25ml gerasperde ui
50ml gekapte pietersielie
25ml vars suurlemoensap
25 ml agurkies (fyngekap)
Metode:
Meng bestanddele vir slaai en plaas
in opdienbord. Plaas bestanddele vir
slaaisous in ‘n voedsel verwerker en
verwerk tot glad. Giet slaaisous oor
slaai net voor bediening. Meng goed
om egalig te bedek, en bedien.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Indiese Rysslaai
500 ml gaar rys
1 ui, geskil en fyngekap
25 ml blatjang
klein blik perskes, in blokkies
125 ml kondensmelk
37.5 ml suurlemoensap
12,5 ml kerriepoeier (matig)
250 ml mayonnaise
sout
Metode:
Dreineer die perskes. Meng
kerriepoeier en suurlemoensap. Meng
res van bestanddele, gooi
kerriemengsel oor en roer goed deur.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Gestolde Beetslaai
3 bete
80g braamjelliepoeier
25ml asyn
sout en peper na smaak
slaaiblare en mayonnaise vir
garnering
Metode:
Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit
sag is. Dreineer dit, maar behou 375
ml van die water waarin die beet
gekook is. Los die jelliepoeier in
die warm beetwater op en hou dit
eenkant. Voeg die asyn, sout en peper
by en verkoel dit totdat dit begin
stol. Vryf intussen die beetskille af
en rasper die beet. Roer die beet by
die jellie wanneer dit begin stol en
gooi die mengsel in 'n nat vorm.
Verkoel dit totdat dit gestol het.
Ontvorm dit op slaaiblare en garneer
dit mayonnaise.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Avokado Slaai
1 groot avokado, fyngedruk
1 pakkie suurlemoenjellie
375ml kookwater
1 klein gerasperde ui
25ml mayonnaise
Metode:
Maak suurlemoenjellie aan met die
kookwater. Voeg avokado, ui en
mayonnaise by. Meng goed en laat
stol.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Kool en Dadelslaai
½ kool, gewas en in dun repe gesny
200 g Tussers kaas, in blokkies gesny
½ pakkie dadels, gekap
¼ koppie grondbone
gekapte pietersielie
Sous:
125ml mayonnaise
50ml kondensmelk
25ml asyn
25ml olie
Metode:
Meng kool, kaas dadels en grondbone
saam. Meng die sousbestanddele saam.
Giet oor slaai en meng goed.
Besprinkel met pietersielie. Sit in
yskas tot bediening.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Rys En Spinasie Slaai
200 g rou rys (250 ml)
6 repe spekvleis, gekap
1 klein bossie jong spinasie, gewas,
die wit stingels verwyder en
fyngekerf
2 selderystingels, gekerf
3 eiers, hardgekook, gekap
6 knopiesampioene, in skywe gesny
Slaaisous:
125 ml mayonnaise
30 ml asyn
5 ml peperwortel (horse-radish)
3 ml Tabasco-sous
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
Metode:
Berei die rys voor volgens die
aanwysings op die verpakking en laat
afkoel. Braai die spekvleis tot bros,
dreineer op papierhanddoek en laat
afkoel. Meng die rys, spekvleis,
spinasie, seldery, sampioene en eiers
liggies saam. Giet die slaaisous oor
en meng goed met twee vurke. Laat die
slaai vir minstens 1 uur staan voor
opdiening.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Krakerige Kaasslaai
½ blaarslaaikop grof gebreek
½ brood se kroutoîs
6 agurkies in ringetjies gesny
Cheddar kaas ook in blokkies gesny
Klein blikkie pynappelstukkies
(gedreineer)
Metode:
Meng alle bestanddele en gooi in 'n
mooi glas-slaaibak.
Sous:
397 g kondensmelk
2 eetlepels asyn
1 eetlepel kookolie
sout en swartpeper na smaak
Meng alles saam net voor bediening en
gooi oor slaai.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Kraak Lekker Tunaslaai
500 ml koue, gaar rys
200g gedreineerde, gevlokte tuna
250 ml gerasperde, wortels
250 ml gekapte seldery
25 ml fyn gekapte ui
250 ml mayonnaise
375 ml blatjang
5 ml kerriepoeier
10 ml suurlemoensap
sout en peper na smaak
Metode:
Meng die rys, tuna, wortels, seldery
en ui en verkoel dit. Meng die
mayonnaise, blatjang, kerriepoeier,
suurlemoensap, sout en peper en
verkoel dit ook. Voeg die sous net
voor bediening by die slaai en meng
dit liggies. Bedien dit koud, met
broodrolletjies.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Adele Filmalter Aartappelslaai met feta en olywe
Hierdie is ‘n heerlike slaaisous vir aartappelslaai. Indien jy nie jogurt het nie, kan jy net mayonnaise ook gebruik.
Vir 6 persone.
500 g jong aartappeltjies
sout
sout en varsgemaalde swartpeper
handvol varsgekapte Italiaanse pietersielie
75 g fetakaas
ongeveer 8 swart olywe, ontpit en gehalveer
Vir die slaaisous:
50 ml Griekse jogurt
50 ml mayonnaise
20 ml strooisuiker
2.5 ml Engelse mosterdpoeier
25 ml witasyn
Kook die aartappeltjies tot gaar.
Spoel af onder lopende koue water.
Meng al die slaaisousbestanddele saam.
Gooi sout en die slaaisous oor die aartappels en meng deeglik. Proe gou om seker te maak of daar nie aan iets te kort is nie. Voeg ook varsgemaalde swartpeper en die pietersielie by.
Sny die fetakaas in blokkies en voeg dit saam met die olywe by die aartappels.
Hou in yskas totdat dit tyd vir opdien is. Sprinkel nog pietersielie oor vir garnering............ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
My ouma het my geleer 3 Bone slaai maak:
3 bone slaai
1 blikkie botter bone
1 blikkie canellini bone
1 blikkie chickpeas
1 groen peper
1 rooi ui
grypie bruinsuiker
grypie vars knoffel
1 suurlemoen
grypie gemmer
vars petersielie
grypie gerookte paprika
growwe sout en peper
halfkoppie wyn asyn
halfkoppie goeie olyfolie
Dreineer jou bone goed en spoel af. Sny die ui in fyn ringe. Sny jou groen peper in klein blokkies. Rasper versigtig die suurlemoen se zest (buitekant van die skil alleenlik). Gooi dit alles sowel as die sap van die suurlemoen, die knoffel en parika in 'n mengbak en meng goed. Moenie die bone breek nie. Voeg nou jou paprika, suiker, asyn, olyfolie en gemmer by. Meng, proe, meng proe - jy soek 'n balans tussen suur, sout en soet. Voeg sout en peper na smaak by en plaas in die yskas. Net voor jy dit opdien, strooi jou vars petersielie en miskien nog so blerts olyfolie oor. Hy moet maar bietjie staan om op sy lekkerste te wees. Groete Madri ♥ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Kos idees vir moeë mammas
Botterskorsieslaai
1 x groot botterskorsie (rou)
1 pakkie PERSKE jelly
1 meduim blik pynappel driehoeke in stroop
Sny die skil van die botterskorsie af.
Rasper die rou botterskorsie.
Meng die pynappel driehoeke in stroop in by die gerasperde botterskorsie.
Sprinkel die sakkie perske jelly bo-op die mengsel. MOET NIE INROER NIE
Sit in die yskas vir 'n paar ure.
Meng die jelly poeier in net voor jy opdis.ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
•
Rene' V Rooyen
Ertjie slaai...
Lae van:
1 blik ertjies
1 blik mielies
1 pakkie spek (gebraai en gesnipper)
1 Greenpepper (gesnipper)
3 Eiers (in skywe gesny)
1 kop kaas (gerasper)
Seel met mayonnaise. Meng net voor opdien. Geen sout of peper nodig
• MOSTERDRING
4 eiers
250ml water
125ml asyn
175ml suiker
15ml gelatien
15ml mosterdpoeier
2ml borrie
1ml sout
250ml room
Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol. ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Gerna Smith Pretorius
AVOKADOPEER AARTAPPELS
1 K Mayonnaise 1 Koppie suurroom
2 ryp avokadopere fyn gemaak Bietjie knoffel( na smaak, opsioneel)
Sout en swart peper Klein baba aartappeltjies
Kook klein aartappeltjies in sout water tot sag(Pasop dat dit nie bars nie)
Jy kan dan die skille aan los of jy kan die skille aftrek, net soos jy verkies.
Meng die res van die bestanddele tot romerig en gooi bo-oor aartappeltjies.
Kap pietersielie op en gooi bo-op. Jy kan dit dan warm maak of koud bedien.
ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Gerna Smith Pretorius
Aartappel slaai
Gekookte aartappels of klein aartappeltjies
½ koppie Mayonnaise
½ Koppie Royco Honey & Mustard slaai sous
Uie fyn gesny
Kook aartappels en sny in blokkies, gooi fyngesnyde uie by,
meng mayonnaise met Royco Honey en Mustard slaaisous en gooi oor aartappels.
Garneer met gesnyde rooipeper en grasuie.
ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
•
Elizca Oppel
BROODSLAAI - Karin Marie
1 Witbrood in blokkies gesny en in olie gebraai tot goudbruin
1 k Kaasblokkies
125 ml Room
125 ml Mayonaise
Sous:
4 Eiers
325 ml Suiker
7 ml Droë mosterdpoeier
250 ml Wit asyn
Sout en peper na smaak
Metode:
Klits al die sous bestandele saam en kook dit vinnig terwyl jy gedurig roer. Om op te dien voeg room en mayonaise by en meng met brood- en kaasblokkies.
• GESTOLDE WORTELSLAAI
1 Pakkie wortels fyn gerasper (ongeveer 3 koppies)
1 Blikkie Crushed Pynappel
1 Pakkie Suurlemoen of Pynappeljellie of Perskejellie
125ml Room (Styf geklop)
5ml Gelatien
Gooi die stroop van die pynappel af in 'n 250ml maatbeker. Vul aan tot bo met kookwater en los die jelliepoeier hierin op. Meng die gelatien met bietjie koue water (genoeg om op te los) en roer by die jelliemengsel. Sit in yskas om te stol. Wanneer begin stol (dit lyk soos dik eierwit), roer goed met 'n klitser. Meng nou die wortels, pynappel, jellie en room goed saam. Gooi in 'n jelring vorm wat vooraf met water uitgespoel is. Sit in yskas om te stol.ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing
AVOKADORING
Kersete en -tafel 2010
Avokadoring
1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado's, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo's fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in 'n ringvorm. Verkoel tot gestol.
By: Kos idees vir moeë mammas
Kos idees vir moeë mammas
WORTEL EN PYNAPPELRING
Kersete en -tafel 2010
Wortel-en-pynappelring
1 blik fyn gemaakte pynappels (410g)
1 pk suurlemoenjellie
100g wit suiker (125ml)
1 ml sout
2 kp fyn gerasperde wortels
125ml room
Dreineer die pynappels en vul die sap aan met water tot by 250ml. Verhit tot kookpunt en los jellie daarin op. Laat afkoel totdat dit dik is maar nie styf nie, klits die dik jellie en gooi die suiker bietjiegewys by. Meng die wortels en pynappel en vou liggies in jellie in. Klits die room styf en vou dit ook in. Spoel die jellievorm met koue water uit, gooi mengsel daarin, plaas in yskas om te stol .
By: Kos idees vir moeë mammas
Kos idees vir moeë mammas
7 Layer Salad Recipe
Serves/Makes: 4
INGREDIENTS:
1 head lettuce
1 cup celery, diced
1 cup onion, diced
1 can peas, well drained
4 tablespoons sugar
1 cup mayonnaise
1 cup grated Parmesan cheese (or canned)
6 slices bacon, cooked and crumbled
PREPARATION:
Mix sugar and mayonnaise together. Make layer of each ingredient in order listed. Top with sprinkles of crumbled bacon. Let set in refrigerator 3 to 4 hours. Do not let sit overnight. Groete Madri ♥ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing
Kos idees vir moeë mammas
Mosterdring
Bestanddele
4 eiers
... 250 ml water
125 ml asyn
150 g (175 ml) witsuiker
15 ml gelatien
15 ml mosterdpoeier
2 ml borrie
1 ml sout
250 ml room
Klits die eiers in die boonste deel van 'n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers.
Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie 'n vel vorm nie.
Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel. Giet in 'n ringvorm wat met kleefwerende middel gespuit is, en plaas in die koelkas om te stol.
Ontvorm op 'n slaaibord en garneer volgens smaak.
Ilse Van Wyk Mynhardt
Fresh Tomato Salsa Recipe
Ingredients
avocados
2 large, red ripe tomatoes, peeled and seeded
1 garlic clove peeled
... 1 Anaheim green chili, seeded and cut into thirds
3 green onions, cleaned and cut into 1 inch pieces
4 oz canned chopped green chilies
1 to 3 whole jalapeños, deveined and seeded (Optional to taste)
1/4 cup fresh Cilantro, chopped
1 teaspoon olive oil
1 Tablespoon lime juice
salt and pepper to taste
¼ cup ice water
Directions for classical home made salsa recipe follow...
Salsa Recipes
This authentic Mexican tomato salsa recipe is very easy to make. It sure is easier and a heck of a lot quicker to reach for a blender, but we love the chunky, rustic texture of salsas made in a molcajete, or traditional Mexican mortar. And spices ground against the rough black basalt give off truly potent aromas - which make our meals all the more flavorful.
Are you getting hungry, yet?
Char the tomatoes over a gas grill or under the flame of a hot broiler for a few seconds, turning them until the peel blisters. Slip off the peel, and the flesh will still be firm. Remove the green stem core and cut the tomatoes in half vertically. Use a teaspoon to scoop out the seeds.
In the food processor, turn the motor on chop first and drop in the garlic, cilantro, green onions and jalapeños into the bowl of the food processor to chop for just a few seconds.
Turn off the motor and scrap down the sides of the bowl using a rubber spatula.
Add all the remaining ingredients from the tomato salsa recipe, tomatoes, Anaheim chili, the chopped green chilies, olive oil and lime juice . Process with brief pulses to reach the desired texture, somewhere between a chow-chow relish and a textured puree.
You want to see bits of all the vegetables through out the salsa.
Salt and pepper to taste.
Pour into a serving bowl and allow to season for approximately one hour.
Just before serving mix in the 1/4 cup of ice water to cool the salsa.
Serve with tortilla chips, enhance your favorite chicken recipes, fish, barbecue beef, or with beans wrapped in a tortilla.
Make this great tomato salsa recipe then blend with mashed Avocado to make a fantastic guacamole.
This healthy homemade tomato salsa recipe is great with everything.
Since you will not have any left, storing is not a problem.
Makes about 2 cups.
Rencia Odendaal Pretorius
KERRIE NOEDELSLAAI:
500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook)
1 green/yellow/red pepper gekap
1 ui gekap
Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml Kerrie
1 blikkie pynappelstukke (OPSIONEEL – my eie voorkeur)
2 eetl mayonaise
sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.Hoe langer dit staan hoe lekkerder word die slaai.ongeveer ʼn week
Madri Cordier
ERTJIE EN MAYONAISE SLAAI
500g gaar ertjies, 1 koppie mayo en 1 koppie Orley whip gemeng, cheddar kaas in blokkies gesny (jy kan bietjie feta ook bysit), gemaalde swartpeper, 5ml mixed herbs (ek gebruik country garlic en herb van Robertsons), as jy ekstra ge...ur soek dan rasper jy bietjie ui saam met die mayo en orley whipp. Meng als goed saam en laat oornag in yskas staan, dan is die slaai die volgende dag op sy lekkerste. Jy kan ook 1 eetlepel kondensmelk byvoeg by die mayo en orley whip. Groete Madri ♥
SPESERY WORTELSLAAI
Maria Kartsounis
7 medium-sized carrots, grated into long, thin strands (A Kiwi comes in handy here.)
4 large cloves of garlic, peeled and minced into a paste
1 medium white or yellow onion, finely chopped
2 tablespoons grou...nd or coriander seeds
4 tablespoons vegetable oil**
3 tablespoons white vinegar***
1 teaspoon of salt, or to taste
1 teaspoon of cayenne pepper, or to taste
1 tablespoon honey or 1 1/2 teaspoons of sugar
In a small pan, over medium heat, saute the onion in one tablespoon of oil until soft; remove from heat and set aside.
In a large mixing bowl, mix everything together with your hands; adjust seasonings as needed.
Cover the bowl with a piece of plastic wrap and refrigerate for 4-5 hours before serving. Kept covered and refrigerated, leftover salad remains good for 24 hours.
COUS-COUS SLAAIE
• Madri Cordier
1 Pak Couscous gaargestoom en gevlok met bietjie botter
1 Pak Calamata Olywe
4 Wiele Feta in blokkies
1 Pakkie geroosterde amandels
1 Pakkie cocktail tamaties in helftes
... 1 Komkommer in halfmane
1 Rooi/Pers ui gekap
Sous:
175ml olyfolie
175ml appelasyn
12 teelepels suurlemoensap
15ml mixed herbs spice
Gemaalde swartpeper
Skud sousie goed in 'n bottel. Gooi oor slaai en meng goed. Verkoel voor bediening en meng weer goed voor jy in mooi slaaibak sit... Groete Madri ♥See More
53 minutes ago • LikeUnlike
•
Hanta Henning
Couscous Cucumber Salad

Ingredients
...
300g (10 oz) uncooked couscous
2 tablespoons olive oil
7 tablespoons lemon juice
3/4 teaspoon salt

1/4 teaspoon freshly ground black pepper
1 cucumber, seeded and chopped
1/2 bunch finely chopped spring onions
handful chopped fresh parsley
small handful chopped fresh basil
6 leaves cos lettuce
lemon wedges to garnish
Preparation method
Prep: 10 mins
1.Bring 400ml water to the boil in the kettle. Place couscous in a bowl, and pour boiling water over. Let stand, covered, 5 minutes. Uncover and cool to room temperature.
2. Meanwhile, in a medium bowl combine oil, lemon juice, salt and pepper. Stir in cucumber, spring onion, parsley, basil and couscous. Mix well and chill for at least 1 hour.
3. Line a plate with lettuce leaves. Spoon couscous mixture over leaves and garnish with lemon wedges.
TAMATIE SLAAI
Hierdie is my gunsteling slaai. Dit is goed genoeg vir `n konings-onthaal. Die resep is vir 3(drie) persone.
Bestanddele;
• 1 (85gram) blikkie gerookte mossels, gedreineer
• Vars suurlemoen sap
• 3 middelslag Tamaties
• 75 ml (1/3 koppie) Maaskaas
• 30 ml (2 eetlepels) seldery, in klein blokkies gesny.
• 15 - 30 ml (1 - 2 eetlepels) gras ui, gekap
• 15 ml (1 eetlepel) Mayonnaise
• Sout en peper na smaak
• 30 ml (2 eetlepels) Pietersielie, gekap. Hou bietjie oor vir garnering.
Metode;
• Dreineer Mossels deeglik en sprinkel liggies met suurlemoen sap. Laat vir `n rukkie dreineer.
• Sny die tamaties se een punt af en hou vir garnering. Skep die binnekant uit en plaas dop op `n papier handoekie om te dreineer.
• Meng Mossels, maaskaas,seldery,ui,mayonnaise, sout en peper en pietersielie.
• Skep mengsel in tamatie doppe en plaas elk op `n kleinbordjie.
• Garneer met tamatie, pietersielie en afgesnyde punte.
________________________________________
Maureen Van Helden
KOUE SLAAI VIR WARM AANDE:
500g Vark fillet of bees strips
1 ui
100 ml water
Blikkie mango/1 vars mango
... Slaaiblare van jou keuse
1 peer
Halwe rooi/geel soetrissie
Blokkies fetakaas
'n Handvol ontdopte pekaneute
Balsamic asyn
Olyfolie
Sout en peper na smaak
Sny die ui in skyfies en voeg dit saam met die water en fillet in 'n oondvaste bak met 'n deksel. Strooi sout en peper oor. Bak vir 15 minute by 230' en daarna vir 'n uur by 150'. Draai die vleis elke 20 minute om. Wanneer die vleis gaar is, laat dit bietjie afkoel en sny dit in repe.
Sny die peer, mango en soetrissie in skyfies. Voeg die slaaiblare, peer, mango, soetrissie, feta en neute in 'n slaaibak en meng alles goed. Drup 'n bietjie olyfolie en balsamic asyn oor. Skep die slaai in jou borde, skep jou vleis bo-oor en voila. Geniet 'n heerlike somerslaai!
• Heiner Lange
BILTONGSLAAI: (Dit lewer 6 porsies)
Slaaisous:
60 ml balsem-asyn
125 ml olyfolie
... 1 knoffelhuisie, gekneus
5 ml suiker of na smaak
5 ml Dijon-mosterd
1 stingel sprietui, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Slaai:
250 g klam, baie dun gekerfde biltong
375ml gerasperde cheddarkaas
3 agurkies, gekap
2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met suurlemoensap
'n verskeidenheid blaarslaai om die slaai op te rangskik
Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in 'n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in 'n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste 'n uur (of selfs tot 'n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op 'n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in 'n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.
Heiner Lange
BLOMKOOLSLAAI:
1 blomkool (in blommetjies gebreek)
250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)
24 gevulde olywe (in skyfies gesny)
... 1 bossie grasuie (fyn gekap)
6 groot radyse (in skyfies gesny)
SLAAISOUS:
100 ml suurroom
100ml mayonnaise
17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)
1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.
2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.
3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.
Heiner Lange
EIERSLAAI:
1 slaaikop, fyn gekerf
8 eiers, hardgekook
sout en vars gemaalde swartpeper
... 250ml natuurlike joghurt
50ml mayonnaise
45ml blatjang
5ml suurlemoensap
1 klein ui, in ringe gesny
fyn gekapte pietersielie
Rangskik die slaaiblare op ‘n mooi opdienbord. Sny die eiers in kwarte en rangskik bo-op. Geur goed met sout en peper. Meng die res van die bestanddele behalwe die pietersielie en ui en giet oor die eiers en slaaiblare. Rangskik uieringe bo-op en strooi pietersielie oor.
Lewer 6 porsies.
Like this post to subscribe to the topic.