PATATS

  • Lekker patat idees

    • GESTOOFDE PATATS: Lillyne Grunewald

    6 klein of 4 middelslag-patats 12,5 ml sout

    30 ml bruinsuiker 60 ml kookwater

    60 ml botter 'n paar stukkies heel kaneel

    Voorverhit die oond tot 200C .Was en skil die patats en sny in skywe. Kook dit 30 minute lank tot sag. Voeg die sout by. Sny elke patat in die lengte deur en plaas in 'n oondvaste bak. Maak die stroop deur die suiker in die kokende water op te los en die botter by te voeg. Verhit tot die botter gesmelt is. Vir 'n mooi bruin stroop kan die suiker eers droog in 'n kastrol verhit word terwyl dit aanhoudend met 'n houtlepel geroer word tot dit mooi bruin en gesmelt is. Voeg dan die kokende water by, roer tot dit in die water opgelos is en voeg die botter by. Giet die stroop oor die patats, voeg 'n paar stukkies heel kaneel by vir geur, en bak sowat 30 minute lank tot dit bruin isongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    SOET PATATS: Lillyne Grunewald

    1kg patats 125ml heuning

    60g botter knippie sout

    80ml water

    Voorverhit die oond tot 200C. Smeer 'n oondpan met 'n lagie botter. Kook patats in skilletjies in soutwater tot net sag. Skil af sodra effens afgekoel en sny in skywe. Verhit heuning, botter, sout en water saam oor matige hitte. Plaas patatskywe in lae in bereide oondbak met 'n lagie heuningsous tussen elke lagie. Skep orige sous bo-oor. Bak in oond vir sowat 30 minute tot sous deur patats getrek het en glansend lyk.

    Lewer 6-8 porsies.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    GEBAKTE GEMMER PATATS

    Leonora Rautenbach Kook 1kg patats half gaar in water met bietjie sout. Gooi patats in gesmeerde lang tertbak. Druk pakkie gemmerkoekies fyn.(grof) Gooi oor patats. Gooi genoeg klontjies botter oor. Gooi koppie bruinsuiker oor patats. Bedek met tinfoelie. Bak half uur op 180. Verwyder foelie en bak 10 min tot goudbruin.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Maureen Adendorff Van Os

    SWEET POTATO BAKE

    750 ml cooked and mashed sweet potatoes

    Pinch salt

    1 extra large egg

    125 g butter or margarine, melted

    5 ml vanilla essence

    125 ml sugar

    Topping

    125 ml light brown sugar

    125 ml cake flour

    125 ml coconut

    125 g butter / margarine

    Almond flakes (optional)

    Preheat the oven to 180 degrees. Combine the sweet potatoes, salt, egg, butter, vanilla essence and sugar. Turn into a greased, ovenproof dish.

    Topping: Combine the brown sugar, flour, coconut and butter to make a crumble topping and sprinkle over the sweet potato mixture. Cover with almond flakes, if preferred. Bake for 20 to 30 min or until golden brown. Serves 6ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    SWEET CHILLIE PATATS Maureen Adendorff Van Os

    Kook patats met skil tot sag.

    Skil af sit in bak en sny in skywe maar nie deur nie (ek sal dit skil aanhou)

    Gooi aromat, stip met botter en gooi Sweet Chillie Sous oor patats (soveel soos jy wil na smaak)

    Maak toe met foelie bak 1/2 uur - haal foelie af - bak tot droogongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Kaneel Patats

    Patats geskil en in wiele gesny

    1 Eetlepel kaneel

    10ml vanilla essence

    250ml suiker

    600ml kookwater

    Gooi kookwater, suiker en kaneel in 'n pot en bring tot kookpunt. Gooi patats in en kook tot sag. Gooi vanilla essence by en maak fyner soos jy van die patats hou...ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Liezel Scholtz Was patats,sny blokke(met skil aan) sit in oondpan gesmeer met bietjie olyfolie. Gooi roosmaryn & aromat oor en bak in oond (180grade) tot sag. Heerlik! Of maak patats gewoon gaar. Vat skilferkorsdeeg en sit gaar patats in middels (soos sausage roll). Sny dikkerige skywe,sit in glasbak,gooi room & bruinsuiker na smaak oor en bak in oond (180grade) tot gaar. Net so heerlik!ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Denise Mostert Brits Spiced Sweet Potato Chips

    Dusted with a blend of sweet and hot seasonings, these crunchy chips never stay around for long. Stick to making them in small batches and enjoy right away.

    What You Need

    0.5 t ground cumin 0.25 t sugar 0.25 t salt 0.25 t chilli powder/paprika 1 sweet potato, peeled, (about 340g)

    Method

    Preheat the oven to 190°C. With a V-slicer or mandoline, cut the potato into very thin slices. Spray two baking sheets with cooking spray. Arrange the potato slices on the baking sheets in a single layer. Coat the slices lightly with cooking spray and bake for seven minutes, or until barely starting to brown. Turn the potato slices over and return to the oven. Bake until lightly browned, about seven to 10 minutes. Transfer to a bowl and repeat with remaining potato slices, if necessary. Meanwhile, in a

    small bowl, combine the cumin, sugar, chilli powder, and salt. Sprinkle over the chips and toss well before servingongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Wendy Louw Patat wiele: Kook patats gaar met bietjie sout en mash dit. Voorverhit oond tot op 180•c Rol skilferkors deeg uit en smeer lekker dik met fyn patats. Rol die deeg op en sny dan in skywe so 5cm of soos verkies. Pak in gesmeerde oond bak, strooi kaneelsuiker oor kan maar lekker gooi en dan houertjie room bak tot gaar. Heerlikongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Jorinda Van Staden bak die patats in oond met skil aan. as dit gaar/sag is sny dit in die helfte en scoop dit uit die skil, meng dan met cream chees, bacon en chives en skep dit terug in skil. jy kan selfs kaas booor rasper en dit weer bietjie bak tot gesmelt...mmmmm....lekker!ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Chantelle Van Der Walt As patat!! Was patats en draai in foelie toe, skil en al. Druk in die kole as julle braai. As patat sag is verwyder en eet met botter soos jy 'n jacket potato sal eet. Vernaamlik lekker met snoek!ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Anri Steenkamp Rol gewone Todays deeg uit. Smeer lekker dik met fyngemaakte patats wat jy soos normaalweg gaargemaak het, maar met nie te veel suiker nie. Rol dit weer op en sny in lekker dik wiele. Pak die wiele in 'n oonbak en gooi room oor. Strooi dan bruin suiker bo-oor en bak totdat die deeg gaar is. Moenie te veel room oorgooi nie, dan is dit te loperig en pap. Dit werk ook makliker as die opgerolde deeg weer in die yskas geplaas word voor die wiele gesny word, sodat dit ferm bly.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Corrie Vorster Gewone soet patats op plaat haal af sit marshmellos bo op, ganoeg, en grill in oond tot gesmelt en bruin. SMAAKLIKongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Rona Swart PATATPOTJIE:

    15ml kookolie; 2 uie in skywe gesny; 500gm patat of pampoen; 250gm droë perskes (heel of gekerf); 250ml kookwater; 10ml sout; varsgemaalde swart peper; 1 stuk pypkaneer; 50ml bruinsuiker; 50ml botter

    Verhit olie in potjie en braai uie tot deurskynend, voeg patat/pampoen en droë perskes in lae by, daarna die kookwater, geurmiddels en pypkaneel. Bedek en prut vir 30min oor lae kole/hitte. Haal die deksel af en prut nog 10min totdat die vloeistof ingedamp is. Voeg bruinsuiker en botter by en kook totdat die suiker gesmelt het. Verwyder die pypkaneer en sit warm voor.

    Baie lekker saam met 'n braai of as bykos by skaapvleis.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Dina Ernest le Roux Sny patats op soos skyfies (slap tjips) en braai in diep olie soos skyfies... Heerlik!!! Het dit gister vir my kinders so gegee en hulle eet nie patats nie..:)ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Maralinda Engelbrecht Truter Kook patatskywe op in water. Pak dan laag in bak, gevolg deur gemmerkoekies. Strooi bruinsuiker oor. Herhaal tot patat op is. Gooi heel laaste n houertjie room oor. Bak in oond.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Rika Du Plessis Mouton Patats in skywe met feta kaas bo-op. Bietjie olyfolie onder in pan. Bak in oondpan in oond. Min moeite, smaak heerlik en vertoon goedongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Elizca Oppel

    Patat-rol

    1 rol gekoopte skilferkorsdeeg, skil & kook so 4 middelmatige patats tot sag. Smeer patat oor die deeg en rol op in die lengte. Sny in wiele en pak in gesmeerde oondbak. Meng 250 ml room met 250 ml geelsuiker en gooi bo-oor, bak teen 180 tot goudbruin.ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    MARMALADE-GEROOSTERDE SOETPATATS:

    4 Lang dyn patats

    1 ui gekap

    50ml olyfolie

    50ml marmalade

    100ml lemoensap

    Skil patats, en sny in ringe

    meng al die bestandele saam en sit in roosterpan - bedek met foelie en rooster vir omtrent 45min - meng weer deur en rooster vir nog so 5/10min tot mooi goudbruin.ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    JASSIE PATATS:

    12.5 ml witsuiker

    12.5 ml goue stroop

    3ml fyn gemmer

    3ml fyn kaneel

    1ml sout

    15ml botter

    4-6 klein patats skoon gekrap (nie geskil)

    50ml water

    Meng alles en verhit tot begin kook. Gooi patats in mengsel en kook tot gaar.

    ongeveer 3 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    Ade Le

    Nog nie die resep gemaak nie.

    PATAT KOEKIES MET KARAMELSOUS. Vrouekeur II resepteboek.

    Bestanddele:

    375 ml (1 en half) koppie koekmeel

    20 ml (4 t) bakpoeier

    knypie sout

    75 ml (5 e) strooisuiker

    2.5 ml (half t) gemaalde kaneel

    knypie gemengde speserye

    knypie gemaalde gemmer

    3 eiers, geklits

    750 ml (3 k) patat, gaar en fyngedruk

    olie vir vlakbraai

    Sous:

    90 ml (6e) botter

    90 ml (6e) geelsuiker

    250 ml (1k) water

    60 ml (4e) koekmeel

    60 ml (4 e) gouestroop

    2-3 stukke kassia (nie pypkaneel nie)

    Patatkoekies : Sif meel, bakpoeier, sout, strooisuiker, kaneel, speserye en gemmer saam.

    Meng eiers en patat. Meng patat- en meelmengsel deeglik.

    Verhit bietjie olie in braaipan en skep teelepels vol beslag in warm olie.

    Braai goudbruin aan albei kante.

    Plaas op kombuispapier om olie te absorbeer. Hou patatkoekies in oond teen lae temperatuur warm terwyl sous berei word.

    Sous : Smelt botter en suiker in kastrol. Verhit tot kookpunt terwyl geroer word.

    Stel hitte van plaat laer.

    Meng water, meel en stroop saam. Voeg dit by die bottermengsel asook die kassia. Kook ongeveer 20 minute tot goudkleurig terwyl geroer word. Verwyder kassia en sit sous warm met plaatkoekies voor....ongeveer 3 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    SOETPATATS:

    2 kg patat

    375 ml geel suiker

    375 ml water

    2 hoogvol eetlepels Maizena (mielieblom)

    5 ml karamelgeursel

    Was die patat en kook dit in 'n groot kastrol tot gaar. Skil

    dit af en sny in skywe. Pak die patatskywe in 'n reghoekige glasbak. Meng die

    suiker, water, mielieblom en geursel goed saam.

    (Stip die patats met blokkies margarien, indien verkies.)

    Verhit die suikermengsel effens, tot die suiker gesmelt het. Gooi dit oor die patat

    en bak teen 180 grade vir 30-40 minute, of tot die suiker stol en karameliseer.

    Graanvlokkie Patat

    Patat met 'n sopie brandewyn - (Vir dié van

    julle wat nie weet nie, die alkohol in die brandewyn kook weg en net die lekker

    geur van die brandewyn bly oor.)

    4 patats

    190 ml geelsuiker

    25 ml brandewyn

    60 ml botter

    2,5 ml fyn kaneel

    125 ml graanvlokkies (Corn Flakes)

    Kook die patats tot gaar en sny dit in skywe. Pak die patat

    in lae in 'n oondvaste bak. Meng die suiker, brandewyn, botter en kaneel saam.

    Verhit dit stadig tot die suiker gesmelt is. Gooi die sous oor die patat. Druk

    die graanvlokkies bietjie fyner en strooi dit bo-oor die patats. Bak in 'n

    voorverhitte oond teen 180 grade tot die gereg deurwarm is, en die

    graanvlokkies mooi bruin is.

    Bedien warm.

    Lemoenpatats

    2 kg patat

    50 ml mielieblom

    500 ml lemoensap

    125 ml bruin suiker

    2 ml sout

    2 ml gerasperde lemoenskil

    125 ml pitlose rosyne

    Voorverhit die oond tot 180ºC.

    Kook die patat met die skil tot sag. Skil af en sny in

    skywe. Pak in ‘n groot oondvaste bak. Meng die mielieblom met bietjie lemoensap

    tot gladde pasta. Voeg die res van die lemoensap by, asook die suiker, sout,

    lemoenskil en rosyntjies. Verhit die sous tot dik en gooi die oor die patat.

    Bak vir 30 minute tot die patat deurwarm is.

    Njammie-Patats

    1.5 kg patat

    300 ml margarien

    300 ml bruin suiker

    750 ml mini-malvalekkers

    2.5 ml fyn kaneel

    1 ml fyn neut

    Kook die patat tot gaar en skil af. Sny die patat in

    groterige blokkies, en druk van die blokkies effens fyner met 'n vurk.

    Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n oondvaste bak.

    Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die

    malvalekkers, kaneel en neut saam in 'n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer

    gedurig tot die malvalekkers gesmelt is. Meng die patat goed by die mengsel in.

    Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder

    uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die

    oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is.

    Patatkoekies

    500 ml fyn, gaar patat

    125 ml koekmeelblom

    2 eiers

    olie vir vlakbraai

    Meng die patat en meel goed. Klits die eiers saam en voeg

    dit by die patat. Meng tot 'n sagte deeg. (Indien dit te styf is, kan 'n

    bietjie melk bygegooi word.) Verhit die olie in 'n kleefvrye pan en braai

    lepelsvol van die deeg daarin tot gaar en goudbruin.

    Bedien warm met kaneelsuiker, heuning en suurlemoen.

    Nutty Crust Patat

    4 kg patat

    3 pakke Nutticrust-beskuitjies

    250 ml vars room

    500 g goue stroop

    Kook die patat in soutwater tot sag. Skil af en maak fyn.

    Smeer 'n oondvaste bak. Neem een van die pakke Nutticrust en pak dit in 'n

    enkellaag onderin die bak. Skep die helfte van die patat oor. Maak die stroop

    bietjie warm en gooi die helte oor. Gooi ook die helte van die room bo-oor.

    Krummel die tweede pak beskuitjies en gooi dit oor die patat. Skep die tweede

    helfte van die patat bo-oor en maak gelyk. Gooi die res van die stroop en room

    oor. Krummel die laaste pak beskuitjies en strooi dit bo-oor die patat. Bak vir

    20-30 minute by 180 grade tot die gereg deurgaar is

    • Hannah Frauendorf Langenhoven

    gemmerpatats

    4 patats, geskil en in wiggies gesny van 1½ cm

    3 eetlepels botter

    3 eetlepels stroop

    ¾ koppie bruinsuiker

    ... ½ koppie kookwater

    gemmerkoekies

    Kook patats gaar in water.

    Smelt botter, stroop en bruinsuiker in ½ koppie kookwater, en prut stadig totdat hy 'n lekker stroop vorm.

    Plaas een laag gaar patats in oondpan, een laag gemmerkoekies, nog 'n laag patats, en dan gooi jy die sousie oor.

    En krummel nog koekies bo-oor.

    Bak in oond, oop, teen 180 grade vir 'n halfuur.

    Ernestine Frick

    Patats met gemmerkoekies en mashmallows.

    4 groot patats, geskil en in skywe gesny.

    1 pak gemmerkoekies

    1 pak mashmallows.

    Kook patats in soutwater tot gaar, dreineer.

    ... Pak gemmerkoekies teen rand van glasbak, rond of vierkantig.

    Gooi patats in bak.

    Gooi pak mashmallows oor.

    Bak vir ongeveer 30minute by 180°C.



    Like this post to subscribe to the topic.