KERSFEES ETE IDEE'S

  • KERSFEES :

    KERSFEES 2011 SPYSKAART a la Madri

    VOORGEREG:

    Shrimp vrugte kebab met sweet chilli sousie a la Madri

    OF

    Biltong mousse a la Madri

    OF

    Koue komkommersop

    HOOFGEREG:

    WARM BYKOSSE

    Basmati rys

    OF

    Couscous

    Baba-aartappels met pietersielie in botterknoffel sousie

    OF

    Aartappelwiggies in oond met BBQ spice

    Pitmielie poffertjies

    OF

    Pampoenpoffertjies met caramelsous

    Groenbone

    OF

    Gemengde groente oondgereg

    Soet wortels

    OF

    Kaneel patats

    VLEIS – WARM (saam met bykosse hierbo) KOUD (saam met slaaie onder)

    Skaapboud in oond

    OF

    Varknek in oond

    Hoender in oond

    OF

    Kalkoen in oond

    Beestong met mosterdsous

    OF

    Verskeidenheid koue vleise

    SLAAI

    Gestolde komkommerslaai

    OF

    Drie-bone slaai

    Gestolde wortelslaai

    OF

    Gestolde mosterdring

    Griekse slaai

    OF

    Uitpakslaai

    Marokkaanse couscous slaai

    OF

    Broodslaai

    NAGEREG:

    GEBAK

    Katriena se Telefoonpoeding met roomys en vla

    OF

    Gebakte sjokolade poeding met roomys en sous

    KOUD

    Tiramisu

    OF

    Koekstruif

    Swartwoudkoek

    OF

    Driehoek kaaskoek

    Groete uit my Plaaskombuis ♥

    KERSFEES: VRUGTEKOEKE

    Ernestine Frick

    MIKROGOLF VRUGTEKOEK

    600 g vrugtemengsel

    75 g kersies

    250 g dadels

    250 ml bruin suiker

    ... 200 ml water

    125 g botter/marg

    250 ml brandewyn

    Plaas die bestandele in n bak, maak toe en mikro vir 5 minute op hoog.

    Meng nou: 500 ml koekmeel

    15 ml kakao

    15 ml koffiepoeier

    2 ml gemmer

    1 ml sout

    Roer 5 ml koeksoda by warm mengsel, dit sal skuim en voeg dan al die droe bestandele by. Meng goed. Voeg nou 2 groot geklitste eiers by en meng weer goed.

    Bedek bodem van mikrobak met bakpapier en gooi mengsel in. Sit bak op omgedopte piering of eierdosie en mikro vir 25 min op med/50%.

    Sprinkel dan 25 ml brandewyn oor terwyl dit nog in die bak is en laat afkoel. Keer dan uit.

    Rina Kleinhans

    EKONOMIESE VRUGTEKOEK (MIKROGOLF)

    500g droëvrugtekoekmengsel

    250ml sagte bruinsuiker

    200ml botter of margarine

    375ml water

    10ml koeksoda

    500ml koekmeel

    5ml gemengde speserye

    Knippie sout

    2 iers

    125ml brandewyn

    Mikrogolf droevrugte, bruinsuiker, botter en water vir 10min by vol krag. Roer af en toe. Roer koeksoda by en laat afkoel. Sif meelblom, gemengde speserye en sout saam. Klits eiers, roer meelmengsel by vrugte mengsel en dan eiers. Meng baie goed. Skep beslag in pan, sit pan op omgekeerde piering in die oond. Mikrogolf vir 20min by 70% krag. Toets vir gaarheid. Gooi brandewyn oor terwyl dit nog warm is

    Kos idees vir moeë mammas

    KLASSIEKE VRUGTEKOEK:

    50g glanskersies

    45ml brandewyn

    850g droëvrugte koekmengsel

    50g amandels

    225g koekmeelblom

    2ml sout

    2ml gemengde speserye

    1ml vars gerasperde neutmuskaat

    225g ongesoute botter

    225g melassesuiker

    4 ekstra groot eiers

    15ml melasse

    gerasperde skil van 1 suurlemoen

    gerasperde skil van 1 lemoen

    Plaas die glanskersies in 'n vergiettes en spoel die stroop af. Laat die kersies afdroog en sny dit fyn op. Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed. Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel. Bedek die houer en laat die vrugte oornag masereer. Kap die amandels met bruin velletjies en al fyn en sit dit opsy. Smeer 'n diep koekpan met 'n deursnee van 20cm. Voer die boom en want met 'n dubbele laag gesmeerde waspapier uit. Bind 'n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas. Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op 'n keer by die bottermengsel in. Vou af en toe 'n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif. Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in. Vou daarna die vrugtemengsel, amandels en die res van die bestanddele in. Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk. Bedek die koek met 'n dubbele laag waspapier met 'n gaatjie in die middel. Plaa die koek op 'n dubble laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in 'n vooraf verhitte oond by 140C. As 'n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar. Laat die koek 'n halfuur in die pan afkoel. Keer dit op ' draadrak uit en sprinkel 'n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is. Draai die koek in 'n dubble laag waspapier toe. Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot 'n jaar in die vrieskas gebêre word. Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand. Sprinkel brandewyn oor

    Marietjie Botha

    HEERLIKE VRUGTEKOEK

    Laat staan die vrugtekoek vir minstens twee maande voor dit geëet word. 'n Ordentlike vrugtekoek moet stadig verouder – soos 'n goeie rooiwyn.

    1250 g gemengde droëvrugte

    250 g dadels, fyngekap

    75 g rooi glanskersies

    150 g heel, gepelde amandels

    500 ml brandewyn

    250 g koekmeel

    2,5 ml sout

    2,5 ml koeksoda

    12,5 ml kakao

    2,5 ml gemengde speserye

    2,5 ml fyn kaneel

    2,5 ml fyn gemmer

    1 ml fyn neutmuskaat

    250 g botter

    250 g suiker

    4 eiers

    Meng al die vrugte en amandels en gooi 250 ml brandewyn oor. Bedek met kleefplastiek en laat staan oornag. Sif die droë bestanddele, behalwe die suiker, saam. Room die botter en suiker saam tot lig van kleur. Voeg die eiers een vir een by. As dit wil skif, gooi van die meel by. Jy kan dit alles met 'n elektriese menger aanmaak. Voeg nou al die meel by en meng goed. Die mengsel moet taamlik styf wees, anders sal die vrugte afsak. Sit nou die botter en - meelmengsel by die vrugte. Dit sal lyk asof die vrugte te veel vir die deeg gaan wees, maar moenie bekommerd wees nie - dis reg. Ek gebruik my hande om die vrugte goed deur te werk, omdat dit baie moeilik is om die vrugte met ’n lepel deur die deeg te roer. Skep die mengsel in 'n uitgevoerde koekpan en bak vir 4-5 uur in 'n matige oond teen 150 °C. Toets met 'n dun pennetjie. Wanneer hy droog uitkom, is die vrugtekoek reg. Gooi nou die res van die brandewyn oor en laat dit in die pan afkoel. Versier jou vrugtekoek met rooi glanskersies.

    KERSFEES KOEKIES:

    OUTYDSE SPESERYKOEKIES:

    425g koekmeel

    3ml sout

    3ml koeksoda

    5ml fyn kaneel

    3ml fyn naeltjies

    200g karamelbruinsuiker

    125g botter

    1 eier (geklits)

    90ml sjerrie of port

    5ml lemoenskil, gerasper

    amandelsplinters vir versiering

    Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam. Vryf botter in. Voeg eier, sjerrie en skil by. Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan. Rol deeg uit tot 3mm-dikte. Druk ronde koekies uit,druk ‘n stukkie amandel in die middel van elke koekie vas. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat. Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200C.

    KONDENSMELK SOETKOEKIES:

    12 kop meel, 4 eiers, 1 pakkie cream of tartar, 1 pakkie koedsoda, 1tl stroop, 730gr botter, 1 blik kondensmelk , 3 kop suiker Room suiker, botter en kondensmelk Voeg droe bestandele by behalwe koeksoda - meng koeksoda met kwart kop melk en voeg by - as jy sien die deeg is te slap voeg nog 1 kop meel by - Rol uit en druk vormpies. Bak in oond by 180 grade tot gaar

    KLAPPER MAKROLLETJIES: (Soentjie koekies)

    1 blik kondensmelk - 5 ml vanilje - 500 ml klapper - meng alles - skep klontjies op bakplaat - bak vir 10 min - haal uit en laat afkoel.

    MEULETJIE DEEG VIR KOEKIES

    -Washielah Adams

    250g botter, 250ml olie, 250ml icing sugar, 8 soplepels vlapoeier, 3-4k meel. Meng 1ste 3 bestandele saam. Voeg vla by en dan meel tot jy n sagte maar verm deeg het. Plaas in drukker. Jy kan ook half kop kakao en half kop choc-chips byvoeg verminder net meel. Vir lemoengeur rasper lemoenskil en voeg lemoensap by. So verander jy net en hou net die meel hoeveelheid dop

    Vulsel:

    250ml suiker

    125ml melk

    250ml botter

    5ml vanilla

    kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep op gaar koekies en plak op mekaar

    GRONDBOONTJIEBOTTER KOEKIES:

    Meng 125 ml van elk van die volgende - botter, peanutbotter, witsuiker, bruinsuiker - Voeg nou by 1 eier. Voeg by 325ml meel, 1ml sout en 2 ml koeksoda - Knie vir so 'n rukkie - Maak bolletjies ongeveer 10ml elk (so 2tl) Pak op bakplaat en druk met vinger effe plat - bak vir 15/20 min

    • VLAKOEKIES:

    125gr botter

    100ml versiersuiker

    50ml vlapoeier

    Meng al bo-genoemde

    Voeg by:

    250ml meel

    1ml vaniljie

    Druk plat in bakplaat

    Bak vir 20min by 180 grde

    Sny in blokkies

    SJOKOLADE KOEKIES:

    (hierdie koekie proe nes Romany creams, maar is net brosser)

    750gr botter

    800ml suiker

    6x 250 ml bruismeel

    4x 250ml klapper

    4x 250ml fyn graanvlokkies

    200ml kakao

    250ml kookwater

    200gr melksjokolade

    Meng botter en suiker tot room

    Voeg by bruismeel, klapper en graanvlokkies

    Los kakao op in kookwater en laat effe afkoel

    Meng kakao met botter en suiker mengsel

    Voeg meel mengsel by en meng goed

    Rol balletjies van ongeveer 3cm in deursnit - pak op bakplaat en druk plat met vurk

    Bak 15 min by 180 grade

    Smelt sjokolade oor kookwater en smeer op 1 koekie - Plak nog 'n koekie bo-op die ander koekie met die sjokolade.

    Lizette Venter

    SKURWE JANTJIES

    250G MARGARIEN

    1K SUIKER

    1K MEEL 1T KOEKSODA

    2 E KOOKWATER

    1 K HAWERMOUT

    1 E STROOP

    1 K KLAPPER

    METODE

    SMELT STROOP, BOTTER, KOEKSODA EN KOOKWATER SAAM EN MENG MET DIE DROE BESLANDELE.

    ROL BALLETJIES,

    DRUK EFFENS MET N VURK EN SIT IN PAN

    BAK IN OOND OP 180' TOT GOUD BRUIN

    MADRI SE KOFFIE KOEKIES

    750ml botter

    250ml suiker

    25ml stroop

    25ml koffie

    5ml vanilla

    60ml melk

    5ml koeksoda

    5 koppies koekmeel

    halwe teelepel sout

    klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met koekmeel en knie. Sit deur vleismeuletjie of rol uit en druk vormpies.

    bak 20 min @ 180 grade C

    Vulsel:

    250ml suiker

    125ml melk

    250ml botter

    5ml vanilla

    kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep op gaar koekies en plak op mekaar

    SHORTBREAD KOEKIES

    2 cups flour

    1/2 cup powdered sugar

    1/2 pound butter (DO NOT USE MARGARINE)

    ...Cream together butter and sugar.

    Add flour.

    Roll out to about 1/4 inch thickness on a floured surface.

    Cut into desired shapes.

    Bake at 350 until pale golden, about 15-20 minutes.

    APPELKOOSKOEKIES:

    500g sagte margarien; 2 kop witsuiker; 2 eiers; half kop appelkooskonfyt; 2 t koeksoda; 4 kop koekmeel; 1 t sout. METODE: Meng alles behalwe meel. Voeg meel laaste by en meng deeglik. Rol bolletjies en sit effens uitmekaar op bakplaat. Bak by 180 grade C vir 15 minute tot ligbruin

    Kos idees vir moeë mammas

    Oats Koekies

    2 k meel

    4 k oats

    2 k klapper

    2 k suiker

    250 g margarien

    3 t stroop

    2 t koeksoda

    Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)

    Voeg koeksoda by. Meng die droeë bestanddele saam

    Gooi stroop by droë bestanddele

    Gooi in 'n oondpan en druk vas.

    Bak vir ± 10 - 15 min teen 180° C. Haal uit en sny dadelik.

    WIELIE WALIE KOEKIES:

    1 kop meel

    1/4kop vlapoeier

    1/2 kop botter

    1/4 kop versiersuiker

    Meng alles - vorm koekies en bak by 200grade tot gaar

    DAIRYMLIK SJOKOLADE KOEKIES (GOOD STUFF)

    1/2 kop botter

    5eetl wit suiker

    5 eetl bruin suiker

    1 eier

    1/2 tl koeksoda

    1 en 1/8ste kop meel

    1/2 tl sout

    paar druppels warm water

    1/2 kop gekapte neute

    250gr cadbury's milk chocolade in stukkies gesny

    1/2 tl vanilje

    Room botter en suiker voeg geklitse eiers by. Meng al die droe bestandele en voeg by. Gooi paar druppels warm water by en meng goed.

    Gooi stukkies sjokolade by en dan die neute en laaste die vanilje.

    Skep lepels volop bakplaat en bakso 10 tot 20 min by 175 grade.

    NB: PAK KOEKIES VER VAN MEKAAR AF OP DIE BAKPLAAT WANT DIT SIT BAIE UIT AS GEBAK WORD.

    Sylvia Prinsloo-Heydenrych

    JAM SQUARES

    250g botter/marg, 4 koppies meel, 2 eiers, 2tl vanilla, 4 tl bakpoeier, 1 koppie suiker. Meng als, deel deeg in 2 druk 1 deel in bak pan, smeer konfyt van jou keuse. Rasper ander helfde bo oor en bak @180 vir so 15 min.

    Jomarié Oliver

    MAKLIKE – ZOO KOEKIES

    12-15 koekies

    185g koekmeel

    125g botter

    60g strooisuiker

    Versiersel:

    Meng 125g versiersuiker met 1 eetlepel warm water. Drup voedeselkleursel by en meng.

    Meng meel en suiker en vryf botter in. Hou aan met jou hande meng tot 'n bal vorm.

    Rol uit-1/2cm dik- druk vormpies uit.

    Bak 10-12min by 180gradeC.

    Laat afkoel en smeer icing op.

    • Mariska Jordaan

    Custard biscuits

    :400g cake flour, 130g

    custard powder,20ml bakingpowder 1ml

    salt,250g butter,200g sugar,2xtra large

    eggs,5ml vanilla,30 glance cherries.

    Method: preheat oven-180 C. Sif

    together cake flour,custard and salt.

    Cream together butter,sugar eggs and

    vanilla.gradually add flour mixture to the

    butter mixture and combine well to form

    a soft dough.shape dough into biscuits

    with a biscuit gun or biscuitmaker.place

    on baking sheets and decorate each

    biscuit with a quarter cherrie.bake

    10-15min. Moenie bakplaat smeer nie

    anders sit hul ni vas nie

    Mariska Jordaan

    Peppermentkoekies

    125 gr margarien,60ml karamelsuiker, 185ml

    witsuiker,5ml vanilla, 500ml koekmeel,

    1ml sout.3ml koeksoda, 60ml water,5ml

    pepermentgeursel 1stafie(49g)

    pepermint crisp-gerasper. Metode:

    voorverhit oond 180C. Smeer bakplaat.

    Room margarien en alby suikers saam

    tot lig en donsig. Voeg vanilla by en

    meng.meng meel.sout en koeksoda

    saam in n bak en voeg dit by die

    margarienmengsel. Voeg water by en

    meng tot n sagte beslag(voeg meer

    water by indien nodig) meng die

    pepermentgeursel by. Skep lepels vol op

    n bakplaat en bak 10min verwyder uit

    oond en strooi fyn peppermint crisp oor.

    Plaas 1min lank terug ini oond tot

    sjokolade begin smelt.verwyder en plaas

    koekies op draadrakkie vir sowat 20min

    Mariska Jordaan

    Soetkoekies

    Cream together 250ml soften butter and 250ml

    caster sugar. Whisk in 2 eggs and 10ml

    vanilla essence.add 800ml cake flour

    and 10ml baking powder.work to a

    smooth dough and refrigerate untill firm

    and cool- about 10-20min. Roll out to

    about 5mm and press shapes out.bake

    cpokies untill golden-10min in a

    preheated oven 180C. Ps ek maak myne

    aan met my kenwood chef,werk die

    maklikste

    Lucille Wood

    KITSPOEDING KOEKIES

    ‎2 kop suiker, 250g marg, 2 eiers, 500g bruismeel, 90g kitspoeding

    verhit oond 180 C

    verroom suiker en marg, voeg 1 vir 1 eiers by, klop goed

    sit meel en kitspoeding by

    maak balletjies en bak vir 15 min

    die lekkerste geur vd kitspoeding is die choc en karamel

    Gemmerkoekies

    12 k meel

    4 k suiker

    1 k botter

    2 k stroop

    6 eiers

    1 pakkie kremetart

    sout

    pakkie koeksoda

    2 t gemmer

    Sif meel sout en kremetart saam.

    Meng eiers en suiker saam.

    Smelt botter en stroop.

    Maak koeksoda aan met water.

    Voeg alles saam en knie.

    Laat staan vir ± 2 uur.

    Maak bolletjies, druk plat en bak by 200 grade vir 12 min.

    Julz van der Merwe

    • MELTING MOMENTS

    250g margarine at room temperature

    ½ cup icing sugar, sifted

    ½ cup cornflour

    ½ tsp vanilla essence

    .2 cups flour

    extra icing sugar for sifting over biscuits

    Preheat oven to 180°C Cream margarine with icing sugar and cornflour Beat in essence Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle Pipe finger lengths onto a baking sheet Bake for +/-15 minutes or until the edges appear lightly browned Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes Lift off biscuits with a spatula When cold, sandwich with buttercream Sift icing sugar over and place in paper cups to serve

    VARIATION: Biscuits could be sandwiched together with chocolate Ends of biscuits can also be dipped in chocolate

    Vulsel:

    250ml suiker

    125ml melk

    250ml botter

    5ml vanilla

    kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep op gaar koekies en plak op mekaar

    Ilse Van Wyk Mynhardt

    As jou man 'n regte ou boerseun is, dan treat jy hom met hierdie :

    Hierdie menu is genoeg vir 4-5 mense

    Maklike skaapboud:

    1 gevriesde skaapboud

    1 k water

    4 uie in kwarte gesny

    1 takkie Roosmaryn

    Chicken Spice

    Sit boud in groot genoeg casserole wat kan toemaak

    gooi koppie water oor

    plaas uie rondom boud

    Gooi lekker dik laag Chicken spice oor

    Plaas takkie bo-op boud en maak toe

    Sit die aand as jy gaan slaap in jou oond wat op 120C gestel is

    Jy gaan wakker word met 'n heerlike geur in jou huis.

    So teen 10uur die volgende oggend maak jy jou bygeregte:

    kook 2 k rys

    Braai nou die volgende:

    1 pakkie gesnipperde bacon

    1 ui, gekap

    1 klein greenpepper, gekap

    2 k fyn gesnyde kool

    bietjie knoffel na smaak indien verkies

    As dit als gaar is, meng jy net die hele lot bymekaar vir spicy rice

    Hou warm

    Groenbone op die boeremanier:

    1kg groenbone

    4 aartappels, geskil en blokke gesny

    1 pakkie bacon, gesnipper

    water

    1/2 k suurroom of vars room

    Braai bacon in pot tot gaar en crispy

    Verwyder net die bacon, maar los die vetjies agter

    Gooi groenbone by en braai net so vinnig tot die bone bedek is met die vette.

    Gooi aartappels by en bedek met water

    Kook tot aartappels en bone sag is.

    Dreineer water en mash die bone en aartappels

    Meng bacon stukkies weer by

    Meng room by

    Hou warm.

    Loer nou na jou boud, Hy moet nou doeksag wees. Maak weer toe en los nog so rukkie

    Skil 4 groot aartappels en sny in kwarte

    Koekmeel

    Kook aartappels in water tot 50% gaar

    Dreineer goed en rol in meel tot goed bedek

    Verwyder nou die deksel van jou boud en sit die grill aan en sit terug in oond.

    Deepfry aartappels tot goudbruin, crispy buite en sag binne

    Teen die tyd wat jou aartappels gaar is, is jou boud moot bruin met crispy vetjie.

    Nou kan jy als lekker warm hou terwyl jy die tafel mooi maak en dan die self gemaakte boere ete opdra.

    KERSETE IDEE’S VAN ONS LEDE :

    • Audrey Coetzer ons kerskos is altyd vars snacks met sweetchillimayo dip, en steak en tjips! bogger tradisies :)

    Marzanne Potgieter-Van Den Berg waartlemoen, vars bazil, veta kaas en vars gemaalde peper bly 'n wenner vir 'n warm kers dag! Dit kan bedien word as 'n slaai of as 'n vrugte poeding vir die wat nie so 'n soet tand het nie. As daar oorbly kan dit altyd gevries word en op nuwe jaar versap word saam met vodka of cane vir 'n lekker cocktail! :) wenner resep...

    Yvette Kunneke Ons doen ook kouevleis en baie slaaie en dan trifle vir nagereg. My man se mense doen die kalkoen en warm kos.

    Philippa Parham Pienaar Re glazed cherries wrapped in strips of bacon and then put onto a kebab stick. Grill them till bacon is crisp and serve as a snack.

    Teresa Theunissen omdat ons gewoonlik n warm kersdag het en langs die swembad deurbring is dit koue vleis(hoenderboudjies, mince balletjies, tong, varkboud) saam met so 3 slaaie en dan die peusel happies deur die dag vir die kinders. kinders geniet dit ook baie as daar lekker koue gemmerbier is om te drink. vir later in die aand is daar gewoonlik n lekker tert of poeding..

    Veda Harris-Coetzer Gebraaide varkboud wat oral gaaitjies is met knoffel..klein wortel stukkies en bacon sout en peper na smaak oornag in òond ,.volg dan róoster crispie...skaapboud ook gestop met varkspek ..bacon en geur middels ook oornag ...lekker tong...mincebolletjie in ñ toothstick met ñ geel/groen/rooi/wit uitjies en blokkie kaas...hoendervlerkies lekker gebraai...beesrol in skuiwe gesny...,..SLAAIE: * noedelslaai...(spesiale rerep)..* aartappel slaai...* beetslaai.* tuna en perske slaai..* rysslaai..* SNACKS; ..kaas/viennas/uitjie stokkies...vleisrolletjies...snackboxe ...gevulde eiers..soet en soutdoppies.,horingkies....NAGEREG: vrugtekoek met room/roomys....moenie chips/lekkers/peanuts en koeldrank vergeet ni

    Ilse Van Wyk Mynhardt Skaapboud Traditional Kalahari Style:

    Sit jou heel GEVRIESDE skaapboud in 'n groot genoeg casserole wat kan toemaak

    Voeg slegs die volgende by:

    1 k water

    3 uie in kwarte gesny

    Sit in 'n oond van 120C vir 5 ure

    Meng nou die volgende:

    1 k balsamiese asyn

    1 k bruinsuiker

    2 t fyn koljander

    1 t Sout

    1 t Fyn Swart Peper

    Kook to suiker gesmelt is. Kry 'n dik spuitnaald en groot spuit by die apteek.

    Druk die naald to teen aan die been en spuit dan die sous daar in.

    Herhaal oor bo-kant van boud tot sous op is. Nie nodig dat jy die boud omdraai nie.

    Maak toe en en sit terug in oond vir verdere 5ure.

    Sprinkel nou met chicken of BBQ speserye en sit onder grill tot vetjies mooi bruin en crispy is.

    Ilse Van Wyk Mynhardt BOKS Hoender:

    1 Heel hoender

    1 t fyn knoffel

    1/2 t sout

    1/2 t peper

    1 t Aromat

    2 t Basil Paste van Robertsons

    2-3 t Olyfolie

    Maak 'n pasta van al die geurmiddels en olie.

    Maak Vvl los van hoender en druk die pasta regoor die hoender onder die vel in.

    Kry 'n groot genoeg boks war oor die hoender kan gaan.

    Voer boks uit met foelie

    Sny 'n laag foelie en druk vol gate die grootte van jou duim se punt.

    Sit foelie met gate onder hoender hoog op matige kole en sit boks bo-oor

    Maak seker die kole bly warm.

    Na ongeveer 2 ure behoort die hoender gaar en sag te wees.

    Linda van den Berg heel hoenders, vleis rolle en boude opi spit met aartappelslaai, pampoenkoekies, ertjieslaai en als wat lekker klink daai oggend!

    Tanya Joubert Varkboud, hoender, slaphakskeentjies, gebraaide aartappel, rys, poeding

    Barbara Blom gammon met mostert sous, skaapboud, slaaie en trifle

    Monday at 5:19pm • Like

    Veda Harris-Coetzer Pak skulp moedels geur normaal weg kook tot sag ..wanneer gaar gòoi in groot bak..gooi volg in halwe k olie...halwe k suiker..50 ml asyn..koppie tamatiesous...dl kerrie...meng als ..jy kan suiker en asyn gooi na smaak tamatiesous ook..kap ñ ui fyn sit in slaai roer goed ..hoe langer in yskas hoe lekkerder,.as dit te dròog lyk kan bietji kookwater bygevoeg word my gesin veral my man verslind dit...jy kan tamatiesous ook minder en meer mk..,

    Marlene van der Walt Ons doen ook die koue ete ding vir Kers middag, elke jaar sorg ek vir stokkies met suur uitjies, kaas en `n worsie, is gek daaroor, ons eet ons letterlik moeg vir koue kosse oor Kersfees en Nuwejaar, want dis heerlik op `n warm dag in die Noord Kaap!!!Dit bly interessant om die resepte te sien ek weet ek gaan die Kersfees so hele paar nuwe idees doen!!xx

    Mariette Visser Ons doen altyd OuKersaand en Kersdag spesiale moeite. (Spruit uit die dae toe die hele familie altyd saam getrek het vir Kersfees.) Nou is dit nie meer so 'n groot saamtrek nie, maar die tradisie het gebly. Ons wissel dit gewoonlik af: 1 jaar is Oukersaand 'n warm ete en Kersdag dan kouevleis en slaaie en volgende keer anders om. Soms sal ons Oukersaand net allerhande snacks maak, maar dan doen ons dit ordentlik en fancy. Ons spyskaarte wissel elke jaar. Dit is my en my ma se projek waaraan ons alreeds in Oktober begin werk! Dan begin ons die spyskaarte en temas beplan. Almal dink altyd ons is laf. Is ons regtig die enigste mense wat dit so doen? Ons het altyd 'n kleurskema wat ons deurtrek van die tafelversierings tot die boom tot die geskenkpakkies. 1 Van ons gunsteling geregte is ontbeende varknek wat in die oond gaargemaak is (soos 'n roast) en dan bedien ons dit met 'n appelmayonnaise (net appel wat met 'n Twista fyngekap is in piepklein blokkies en dan met 'n lekker romerige mayonnaise gemeng is) - ons het dit so in 'n restaurant geeet en ons hele familie is versot daarop. Dis heerlik warm of koud. En as dit 'n kouevleis en slaai spyskaart is, is daar gewoonlik 'n romerige wortelring op die tafel. Dit lyk so feestelik versier met die groen gekapte blaarslaai rondom en die holte van die ring gevul met kersie-tamatietjies.

    KOMKOMMERRING

    Kersete en -tafel 2010

    Komkommerring

    1 middelslag ui, gerasper

    250ml water

    1 pakkie suurlemoen- of groen jellie

    2 middelslag kommkommers

    250ml mayonnaise

    sout en peper na smaak

    10ml suurlemoensap

    Verhit ui en water tot kookpunt en kook 2min. Voeg jelliepoeier by en laat afkoel, nie stol. Rasper komkommers met skil en al en meng met mayonnaise, sout, peper en suurlemoensap. Voeg by jelliemensel, meng goed. Gooi in slaaivorm wat met koue water uitgespoel is en laat stol in yskas. Ontvorm en garneer soos verkies.

    Variasie: Voeg 250g korrelmaaskaas en verminder water dan na 125ml

    WORTEL EN PYNAPPELRING

    Kersete en -tafel 2010

    Wortel-en-pynappelring

    1 blik fyn gemaakte pynappels (410g)

    1 pk suurlemoenjellie

    100g wit suiker (125ml)

    1 ml sout

    2 kp fyn gerasperde wortels

    125ml room

    Dreineer die pynappels en vul die sap aan met water tot by 250ml. Verhit tot kookpunt en los jellie daarin op. Laat afkoel totdat dit dik is maar nie styf nie, klits die dik jellie en gooi die suiker bietjiegewys by. Meng die wortels en pynappel en vou liggies in jellie in. Klits die room styf en vou dit ook in. Spoel die jellievorm met koue water uit, gooi mengsel daarin, plaas in yskas om te stol .

    AVOKADORING

    Kersete en -tafel 2010

    Avokadoring

    1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado's, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo's fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in 'n ringvorm. Verkoel tot gestol.

    KERSFEES AARTAPPELSLAAI:

    Kook aartappels tot gaar en sny is blokkies of ringe - soos verkies

    Maak sousie van:

    Mayonaise, kondensmelk, chutney, mosterd, sout, gemaalde swartpeper en bietjie melk (ek gooi altyd so 'n splash honey and mustard sous ook by en los die kondensmelk)

    Dan meng ek die volgende by my aartappels,

    ui fyngekap

    greenpepper fyn gekap

    hardgekookte eier in skywe gesny

    Pynappel stukke of jy kan ook die mouse gebruik (dreineer sap af)

    Gerkins fyngekap

    Blokkies kaas

    Meng dan alles lekker deur en bewaar in die yskas. Net voor jy dit opdien, meng weer lekker deur en sprinkel vars pietersielie en spruituie oor of gedroogde pietersielie.

    ♥ Rencia



    Like this post to subscribe to the topic.
  • VOORGEREG:

    SHRIMP VRUGTE KEBAB MET SWEET CHILLI SOUSIE a la Madri

    Spanspek in blokkies en balletjies

    Aarbeie (heel of in helftes)

    Pynappel in drienhoekies

    Druiwe (groen en rooi)

    Kook shrimps in kookwater vir 2 minute. Braai liggies in olyfolie en margarien. Sit op kombuispapier.

    Ryg nou shrimps en vrugte op sosatiestokkies en sit oornag in yskas.

    Sousie:

    1 Koppie witasyn

    ¾ Koppie witsuiker

    Half koppie sweet chilli sous

    2 Eetlepels tamatiesous

    1 Eetlepel olyfolie

    Gemaalde swartpeper

    Gooi al die sousbestanddele in potjie en bring tot kookpunt. Prut vir 5 minute. Laat afkoel en sit in yskas.

    Sit vir elke gas ‘n vrugte kebab op ‘n bordjie, bedruip met sweet chilli sousie en garneer met mintblaartjie of bietjie fennel. Drup van die sousie op die bordjie se rand.

    OF

    BILTONG MOUSSE a la Madri

    1 Fyngekapte ui

    1 Hoender stock blokkie

    100ml Kookwater

    10ml gelatien

    Knypie fyn koljander

    10ml Bruinasyn

    170g Ideal melk (koud)

    100g fyn biltong

    45ml mayonnaise

    Spuit ‘n 1 liter vorm met cook ‘n spray. Braai die uie in olyfolie tot sag. Gooi uit pan en laat afkoel. Meng hoender stock blokkie met kookwater en sprinkel gelatien bo-oor. Roer totdat gelatien opgelos het. Voeg die uie, koljander en bruinasyn by. Klits die ideal melk tot styf. Vou die biltong en mayonnaise by die ideal melk en daarna die gelatien mengsel. Verkoel tot koud (maar nog nie gestol nie). Meng goed deur en gooi in vorm. Verkoel tot gestol. Keer vorm uit en sny vir elke gas ‘n snytjie. Bedien op mooi bordjie met melba roosterbrood, margarine en ‘n kwart gekookte eier en halwe cocktail tamatie. Garneer met ‘n takkie roosmaryn of fennel.

    OF

    KOUE KOMKOMMER SOP

    4 Groot komkommers

    2 Eetlepels margarien

    2 Eetlepels meel

    1/4 Koppie pietersielie fyn gekerf

    1/4 Koppie seldery blare fyn gekerf

    1 Pakkie uie sop

    2 Koppies water

    2 Koppies room

    Metode:

    Skil komkommers, sny dit in die lengte en verwyder die sade, Kerf die komkommer fyn tot jy min of meer 3 1/2 koppies het.

    Smelt nou die botter in 'n groot pot roer meel in en kook vir 3 min terwyl jy bly roer

    Voeg nou die komkommer, seldery en pietersielie en verlaag die temperatuur. Kook tot die komkommers sag is, min of meer 8 min.

    Meng die water en uie sop in 'n apparte bak, Voeg dit by die komkommers. Verhit tot dit kook en laat dit prut vir 15 min.

    Laat die sop staan by kamer temperatuur.

    Blits dit in 'n verwerker in klein hoeveelhede tot die sop romerig is. Voeg dan die room by, skink in 'n groot bak en sit dit in die yskas tot dit koud is.

    Die sop moet koud bedien word. Skep vir elke gas ‘n kelkie of sop in spierwit nagereg bakkie. Garneer met ‘n skyfie komkommer, gemaalde swartpeper en stukkie fennel.

  • HOOFGEREG:

    PITMIELIE POFFERTJIES

    ‎1 Blikkie pitmielies

    1 Koppie koekmeel

    1.5 Teelepel bakpoeier

    2 Eetlepels suiker

    1 Eier

    Bietjie melk

    Knypie sout

    Sit droe bestanddele saam (behalwe suiker). Room eier en suiker saam . Meng met droe bestanddele en voeg pitmielies by. Gooi net genoeg melk by om die deeg hanteerbaar te maak. Skep vol teelepels vol in warm olie in. Die poffertjie pof baie mooi rond. Skep uit op kombuispapier. Skep in bak

    Sousie:

    Half koppie suiker

    125g margarien

    Koppie melk

    5ml vanilla essence

    Kook als saam in 'n potjie. Gooi bo-oor poffertjies in bak.

    PAMPOENKOEKIES MET STROOP

    (sowat 20 koekies)

    500 ml gaar pampoen

    120 g (215 ml) koekmeel

    10 ml bakpoeier

    2 ml sout

    1 eier, geklits

    sonneblomolie om koekies in te bak

    Stroop

    15 g botter

    300 g suiker

    200 ml melk

    15 ml mielieblom

    175 ml koue water

    1 kaneelstok

    Druk die pampoen fyn en meng met res van die bestanddele behalwe die olie. Verhit die olie in 'n pan en braai eetlepels vol beslag in warm olie tot bruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier. Maak die stroop: Verhit die botter, suiker en melk tot kookpunt. Meng mielieblom en water, roer by melkmengsel in en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor warm koekies.

    SPEK-EN-FETA GROENBONE

    250 g pakkie spekstukkies

    500 g vars groenboontjies

    5 ml fyn knoffel

    100 g fetakaas, gekrummel

    2.5 ml uiesout

    knippie swart peper

    30 ml water

    Plaas die spek in 'n groot braaipan. Kook oor medium hitte tot die spek gaar en bros is. Skep dit uit die pan uit en hou van die vet oor vir later. Hou so 30 ml van die spek uit vir garnering.

    Kook die boontjies in bietjie soutwater maar nog nie heeltemal gaar nie. Dreineer, druk droog met kombuispapier en laat eenkant. Verhit nou weer die pan met die vet in, en braai die knoffel daarin tot goudbruin. Voeg die boontjies en feta (hou bietjie uit vir garnering) hierby in, en geur met die uiesout en peper. Verhit die boontjies oor matige hitte tot deurwarm en tot die meeste van die feta gesmelt het- dit neem ongeveer 2 minute.

    Skep die boontjies uit in 'n opdienbak en sprinkel die oorblywende spek en feta bo-oor vir garnering. Bedien warm.

    GEMENGDE GROENTE OONDGEREG

    1kg Gevriesde gemengde groente (country garden vegetables werk beste)

    4 Snytjies ham in blokkies

    10ml Country garlic & herb spice (Robertsons)

    Sout en gemaalde swartpeper

    1 Koppie gerasperde cheddar kaas

    Paprika

    Olyfolie

    Gooi groente in 'n bak en bedek met kookwater en mikrogolf op hoog vir 7-10 minute. Dreineer. In 'n oondskottel - gooi olyfolie in bak. Gooi groente uit in oondbak en versprei mooi. Gooi sout en gemaalde swartpeper en country garlic en herb spice oor. Gooi ham blokkies oor. Bedek met gerasperde kaas. Strooi paprika vir kleur en grill in oond tot kaas goudbruin is

    SOETWORTELS

    500 g geelwortels

    250 ml wit suiker

    2,5 ml fyn kaneel

    Skil die wortels en sny dit in dun wieletjies. Sit dit saam

    met 'n bietjie water in 'n kastrolletjie en kook tot die wortels sag is. Gooi

    die vloeistof af en sit die wortels terug op die hitte. Gooi die suiker oor en

    roer tot die wortels goed bedek is. Roer en kook tot die suiker gesmelt is en

    dit 'n blink, karamelagtige laag bo-op die wortels gevorm het. Sprinkel die

    kaneel oor en meng goed deur. Bedien warm.

    KANEELPATATS

    1.5 kg patat

    300 ml margarien

    300 ml bruin suiker

    750 ml mini-malvalekkers

    2.5 ml fyn kaneel

    1 ml fyn neut

    Kook die patats tot gaar en skil af. Sny die patats in groterige blokkies, en druk van die

    blokkies effens fyner met 'n vurk.

    Voorverhit die oond tot 180 grade. Smeer 'n oondvaste bak.

    Meng die margarien, bruin suiker, 500 ml van die malvalekkers, kaneel en neut saam

    in 'n kastrol. Kook oor medium hitte, en roer gedurig tot die malvalekkers gesmelt is.

    Meng die patat goed by die mengsel in.

    Skep dit in die voorbereide bak uit en bak in die oond vir 15 minute. Verwyder

    uit die oond en gooi die res van die malvalekkers bo-oor. Plaas terug in die

    oond en bak tot die malvalekkers gesmelt en goudbruin is.

  • GRIEKSE LAMSBOUD MET JOGURTSOUS

    1.5kg lamsboud

    3 knoffelhuisies, gekerf

    50ml botter

    5ml roosmaryn

    3ml tiemie

    12.5ml suurlemoensap

    sout en peper na smaak

    SOUS:

    250ml jogurt

    2 knoffelhuisies, gekneus

    10ml vars kruisement, gekap

    10ml sprietui, gekap

    Sny klein snytjies oral in lamsboud. Druk knoffelstukkies in

    snytjies. Klop botter, roosmaryn, tiemie en sap saam. Geur na smaak. Plaas

    vleis in oondbraaipan en oondbraai by 160C. Laat 20 minute toe vir elke 500g

    vleis plus 20 minute. Bedruip vleis af en toe met bottermengsel.

    Berei sous: Meng jogurt met res van sousbestanddele. Geur nasmaak.

    Sit voor saam met vleis.

    VARKNEK a la Madri

    Ek neem varknek in sit dit in 'n oondbak (gooi olyfolie onder in oondbak en sprinkel sout en gemaalde swartpeper en sous van pynappelstukke). Voorverhit @ 180 grade C.

    1 Blikkie pynappelstukkies

    1 Gekapte ui

    1 Pakkie mutton & veg sop

    300ml koue melk

    200ml koue water

    5ml Mixed herbs

    Sousie:

    Half koppie tamatiesous

    Half koppie bladjang

    Half koppie asyn

    Half koppie heuning/goue stroop

    30ml worcestersous

    5ml fyn gemmer

    2 Eetlepels suurlemoensap

    Bietjie kookwater

    Meng al die sous bestanddele saam. Baste die varknek met die sous en ook gedurende die bakproses so elke 10-15min.

    Sit varknek in oond en elke keer wat jy vark baste met sous, draai vark. Bak vir so 40min tot 'n uur. Haal reksakkie af en sny die varknek in dun stukkies.

    Meng sop, gekapte ui, pynappelstukke, koue melk en koue water en speserye saam asook die oorblyfsels van die basting sousie. Bring tot kookpunt in pot. Gooi warm sous oor die varknek stukke.

    AARTAPPELSKYFIE HOENDER IN OOND

    2kg Hoender porsies

    Sout en peper;

    90ml botter, gesmelt

    3 knoffelhuisies, gekneus

    1 Groot pak kaas-en-uieskyfies

    Metode:

    Plaas hoenderporsies met vel na bo in gesmeerde oondskottel. Geur. Voeg die

    fyn knoffel by die gesmelte botter en bedrup hoender daarmee. Maak die

    aartappelskyfies fyn en sprinkel oor die hoender. Bak in voorverhitte oond

    teen 200°C vir 'n uur en half of tot gaar.

    KALKOEN IN OOND

    Die Kerskalkoen word nie met die vulsel gestop nie. Dit word apart gebak en dan net saam met die kalkoen en sous voorgesit.

    1 kalkoen van 5-7 kg, ontdooi indien gevries, goed skoongemaak

    Voorverhit die oond tot 150 °C. Spoel die kalkoen goed af (binne en buite) en druk goed droog met kombuispapier. Geur goed met sout en peper (binne en buite). Sny twee suurlemoene in stukkies en voeg 'n handvol vars tiemie en pietersielie by. Vul die kalkoen se maaggedeelte daarmee en bind die kalkoen op met tou. Smeer 'n diep oondbak goed met 'n mengsel van olyfolie en botter. Sny die uie in skywe en pak dit in 'n enkellaag in die oondbak om 'n "bed" te vorm waarop die kalkoen in die oond rus. Sprinkel 'n paar tiemietakkies oor die uie en geur goed met sout en vars gemaalde swartpeper. Druk 'n ekstra suurlemoen oor die ui-en-kruiebed uit. Giet 'n koppie (250ml) hoenderaftreksel bo-oor. Sit die kalkoen bo-op neer en smeer goed met sagte botter. Bedek en bak vir ongeveer 3-3 ½ uur, of tot gaar. (Toets vir gaarheid deur 'n toetspen of sosatiestokkie in die dikste deel van die vleis te druk. As die sappe wat uitloop helder is, is die kalkoen gaar). Haal uit die oond en laat rus vir 30 minute, voor die deksel afgehaal word. Haal die deksel af en laat afkoel. Sit die kalkoen op 'n dienbord en smeer met 'n mengsel van sagte botter, sout, peper en heuning. Oondrooster net voor ete vir 20-30 minute (teen 190 °C tot 200 °C) tot 'n diep, goue kleur.

    Vulsel

    250g vars witbroodkrummels

    12 middelslag-varkworsies, vleis uit worsderms gedruk

    1 groen appel, geskil, ontpit en grof gerasper

    3 knoffelhuisies, fyn gekap

    100g lig geroosterde amandels, grof gekap

    60ml gekapte, vars pietersielie

    45ml gekapte tiemieblaartjies

    Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

    4 eiers, geklits

    60ml gesmelte botter

    Meng die broodkrummels, varkworsievleis, appel, knoffel, amandels, pietersielie, tiemie, sout en peper goed saam. Roer die geklitste eiers en gesmelte botter by. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde brood- of koekpan en bedek met foelie. Verkoel tot benodig en bak (net voor ete) vir 30 minute tot gaar. Sny in skywe of blokkies en sit saam met die kalkoen en sous voor.

    Sous

    Wanneer die kalkoen op die dienbord gesit word, sit die roosterbak (met al die pansouse en uie) op 'n warm stoofplaat en verhit tot kookpunt. Sprinkel 60ml koekmeel oor, verhit tot kookpunt en voeg nog 250ml hoenderaftreksel asook 250ml port by. Kook, terwyl geroer word, tot verdik en gaar. Verpulp tot glad, geur na smaak en voeg ‘n skeut room by, indien verkies.

    BEESTONG MET MOSTERDSOUS

    1 Beestong (gepekel)

    3 Kruienaeltjies

    15ml Bruinsuiker

    125ml Witsuiker

    30ml Kookolie

    30ml Koekmeelblom

    3ml Sout

    60ml Mosterdpoeier

    5ml Peperkorrels

    250ml Kookwater

    12.5ml Wit asyn

    12.5ml Mayonnaise

    Sap van een suurlemoen

    Broodkrummels

    Rol tong op en bind met tou vas.

    Kook sag in baie kookwater waarby naeltjies, bruinsuiker en peperkorrels gevoeg is.

    Plaas tong op bord wanneer dit sag is en trek die velle af.

    Laat dit afkoel en plaas in koelkas om goed koud te word voordat dit in skywe gesny word.

    Meng witsuiker, koekmeelblom, mosterd, sout en water in bak. Roer mayonnaise en suurlemoensap by.

    Pak helfte van tongskywe in vuurvaste bak en skep helfte van die sous oor.

    Pak res van tong bo-oor en dan die oorblywende sous.

    Sprinkel broodkrummels oor en bak vir 30 minute teen 180 grade C.

    MOSTERD (KOUD)

    1 groot eier

    50ml asyn

    0.5ml sout

    12.5ml suurlemoensap

    25ml sonneblomolie

    225g kondensmelk

    Klits eier tot skuim, klits mosterd by. Klits suurlemoensap en asyn by. Klits olie in. Voeg kondensmelk geleidelik by. Klits baie goed. Verkoe lin houer wat dig seël

  • SLAAI

    GESTOLDE KOMKOMMERSLAAI

    2 Komkommers - gerasper met skil en gedreineer

    1 Klein ui gerasper

    1 Pakkie groen jellie

    1 Teelepel gelatien

    125ml Kookwater

    250ml Gladde maaskaas

    250ml Mayonaise

    2 Teelepels suurlemoensap

    Sout en peper

    Maak jellie en gelatien aan met kookwater.

    Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by.

    Voeg komkommer ui sout en peper by.

    Meng en gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater.

    Plaas in yskas.

    3-BONE SLAAI

    1 Blik baked beans

    1 Blik groenbone

    1 Blik botterbone

    1 Ui, gekap

    1 Green pepper, gekap

    Sous:

    125ml Olie

    125ml Asyn

    125ml Suiker

    80ml Suurlemoensap

    1 Teelepel mosterd poeier

    1 Teelepel knoffel

    Sout, peper, aromat na smaak

    1 Teelepel Basil (opsioneel)

    Meng al die slaai bestanddele saam. Meng sous bestanddele saam en gooi oor die slaai. Meng goed deur. Maak tenminste een dag voor die tyd om kans te gee dat die slaai trek. Hoe langer hy staan, hoe lekkerder!

    GESTOLDE WORTELSLAAI

    1 Medium blik 'crushed' pynappelstukke

    4 Koppies gerasperde wortels

    1 Pakkie pynappeljellie

    15ml Gelatien (aangemaak met 15ml lou water)

    Halwe teelepel sout

    Kwart koppie suiker

    2 Teelepels suurlemoensap

    1 Blik nestle room, geklop

    Gooi sap van pynappelstukke af, genoeg vir 1 koppie. Voeg 2 koppies water by pynappelsap en laat kook. Haal af van stoof en laat afkoel. Voeg jellie, suurlemoensap, sout, gelatien en suiker by. Laat afkoel tot dikte van wit van 'n eier. Rasper 4 koppies wortels by. Voeg fyn pynappelstukkies by afgekoelde jelliemengsel. Voeg geklopte room by. Gooi in vorm en laat stol.

    MOSTERDRING

    4 Eiers

    250ml Water

    125ml Asyn

    175ml Suiker

    15ml Gelatien

    15ml Mosterdpoeier

    2ml Borrie

    1ml Sout

    250ml Room

    Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.

    MAROKKAANSE COUSCOUS SLAAI

    1 Pak Couscous gaargestoom en gevlok met bietjie botter

    1 Pak Calamata Olywe

    4 Wiele Feta in blokkies

    1 Pakkie geroosterde amandels

    1 Pakkie cocktail tamaties in helftes

    1 Komkommer in halfmane

    1 Rooi/Pers ui gekap

    Sous:

    175ml Olyfolie

    175ml Appelasyn

    12 Teelepels suurlemoensap

    15ml Mixed herbs spice

    Gemaalde swartpeper

    Skud sousie goed in 'n bottel. Gooi oor slaai en meng goed. Verkoel voor bediening en meng weer goed voor jy in mooi slaaibak sit.

    BROODSLAAI

    1 Brood in blokkies gesny

    2 Koppies kaasblokkies

    2 Teelepels mosterdpoeier

    1 Teelepel sout

    ½ Teelepel peper

    2 Eiers

    ½ Koppie gesmelte botter

    1 Koppie kondensmelk

    25ml Asyn

    125ml Agurkies in skyfies gesny

    3 Hardgekookte eiers.

    Braai broodblokkies tot bruin in olie.

    Dreineer op papierhandoek. Laat koud word.

    Klits mosterd, sout, peper, en asyn saam. Voeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies, agurkies en eiers. Versier met vars pietersielie.

  • NAGEREG:

    TELEFOONPOEDING

    Deeg:

    3 Koppies meelblom

    3 Koppies melk

    2 Eetlepels botter

    2 Eiers

    2 Teelepels koeksoda

    2 Koppies suiker

    2 Eetlepels appelkooskonfyt

    2 Teelepels vanielje

    2 Teelepels gemmer

    Knypie sout

    Klits botter en suiker tot room. Klits eier en vanielje en voeg by. Sif soda, meelblom, gemmer by. Maak aan met melk en voeg laaste die konfyt by.

    Sous:

    2 Koppies suiker

    3-4 Koppies water

    Roer tot suiker gesmelt is en bring tot kookpunt. Gooi oor deeg en bak tot gaar.

    WARM SJOKOLADE POEDING

    1 k Meelblom

    ½ t Sout

    ½ E Kakao

    ¾ k Suiker

    3 t Bakpoeier

    ½ - ¾ k Melk

    ½ t Vanieljegeursel

    ¼ k Botter

    METODE:

    Klits botter en suiker tot room en voeg die goedgeklitste eier by. Sif die droë bestanddele en roer dit om die beurt met die melk by die bottermengsel, voeg die geursel by.

    Maak die sjokoladesous deur 1 koppie water, ʼn koppie suiker en 1 Desertlepel kakao on ʼn kastrol te meng en te roer tot dit kook. Gooi sjokoladepoe-dingmengsel in ʼn gesmeerde vuurvaste skottel.

    Gooi die sous daaroor en bak vir ongeveer 35 minute in ʼn matige oond.

    SWARTWOUDKOEK

    Halwe koppie margarine

    Halwe koppie suiker

    2/3 Koppie kakao

    1, 2/3 Koppie meel

    1 Teelepel vanilla-ekstrak

    1,5 Koppie karringmelk

    2 Eiers

    1 Teelepel bakpoeier

    1 Teelepel sout

    Halwe koppie kirschwasser

    Halwe koppie botter

    3 Halwe koppies strooisuiker

    Knypie sout

    1 Teelepel sterk koffie

    2 Nlikkies kersies, gedreineer

    500ml Room

    Halwe teelepel vanilla-ekstrak

    1 Eetlepel kirschwasser

    Gerasperde amandels

    Gerasperde sjokolade en sjokolade krulle

    Verhit die oond tot 180 grade C.

    Voer die bodem van 2 koekpanne uit met bakpapier.

    Sif die meel, kakao, bakpoeier en teelepel sout saam. Hou eenkant.

    Verroom die suiker en margarine.

    Klits die eiers en 1 teelepel vanilla-ekstrak by.

    Klits die meelmengsel en karringmelk by.

    Gooi in die koekpanne.

    Bak vir 40 minute.

    Laat heeltemal afkoel en sny dan elke koek horisontaal in twee.

    Sprinkel die kirschwasser oor die 4 koeke.

    Verroom die halwe koppie botter en klits die knypie sout, strooisuiker en koffie by tot glad. Gebruik dit as versiering en smeer dit op elke laag koek. Deel die kersies tussen die verskillende koeke. Jy het dus nou 4 koeke, elkeen gesmeer met die koffieversiersel en bedek met kersies.

    Plaas die lae koek op mekaar.

    Klits nou die 500ml room, halwe teelepel vanilla-ekstrak en 1 eetlepel kirschwasser saam.

    Bedek die kante en bokant van die koek met die roommengsel.

    Versier met gerasperde amandel en die sjokolade.

    TIRAMISU

    125ml Sterk swart koffie

    62.5ml Brandewyn

    2 Groot eiers geskei

    125g Bakers Boudior beskuitjies

    25ml Strooi suiker

    10ml Addisionele brandewyn

    10ml Kakao

    150g La Campania mascarpone kaas

    • Meng koffie en 62.5 ml brandewyn.

    • Doop beide kante van die beskuitjies in die mengsel en rangskik op die bodem van 'n vlak bak. Bedek die bodem van die bak met die beskuitjies. Gooi die oorblywende stroop oor die beskuitjies.

    • Room geel van eiers (geskei) en strooisuiker saam tot dit dik en geel is.

    • Voeg 10 ml brandewyn en La Campania kaas by die eiermengsel en meng tot glad.

    • Klits die eierwitte tot styf, en vou in die eiermengsel in.

    • Gooi die mengsel oor die beskuitjies. Los in die yskas vir 4 ure tot dit geset is.

    • Besprinkel met kakao voor dit bedien word. Bedien 4 - 6 porsies.

    • Jy kan die beskuitjies in twee lae pak, en dit met 'n bietjie room en selfs kaneel bo-op bedien.

    OF MAAK VIR ELKE PERSOON SY EIE IN TIRAMISU IN ‘N GROOT WYNGLAS….!

    DRIEHOEK KAASKOEK

    125 ml sagte botter

    65 ml strooisuiker 65 ml versiersuiker

    1 eiergeel

    5 ml vanieljegeursel

    250 g geroomde maaskaas

    1 pakkie Tennis-beskuitjies

    kersies

    250 ml vars room

    1 Flake

    Aluminiumfoelie

    1. Meng of klits die botter, versiersuiker en strooisuiker saam. Meng goed met 'n houtlepel. Voeg die eiergeel en vanieljegeursel by en meng goed.

    2. Vou die maaskaas in.

    3. Sny 'n groot stuk foelie en plaas op 'n houtbord.

    4. Plaas 12 beskuitjies op die foelie (3x4). Die beskuitjies moet dig teen mekaar lê.

    5. Smeer die helfte van die mengsel oor die beskuitjies. Moenie die beskuitjies skuif nie.

    6. Plaas weer 12 beskuitjies bo-op (in dieselfde orde as voorheen) en smeer die res van die mengsel.

    7. Plaas kersies in 'n ry in die middel van die koek en trek dan die buiterande van die foelie na bo om 'n driehoek te vorm.

    8. Vou nou die driehoekige vorm toe met foelie en plaas in vrieskas vir omtrent 2 uur of totdat koek hard en gevries is.

    9. Verwyder foelie, plaas op bedieningsbord en bedek met styfgeklopte room. Versier met gekrummelde Flake en kersies.