BRAAIVLEIS BYGEREGTE

  • Braaivleis bygeregte

    by Kos idees vir moeë mammas on Thursday, October 13, 2011 at 10:41am

    • BYGEREG VIR BRAAI VLEIS Soria van Dyk

    Hierdie is heerlik vir bygereg saam braaivleis, of sommer net op sy eie...

    1 Brood ( gesny)

    Botter

    Marmite

    2 k Gerasperde Kaas

    2 pakkie Spek (lekker bruin gebraai)

    4 Eiers

    1 1/2 Koppie melk

    Sout en Peper

    Skyfies tamatie

    METODE:

    Smeer die snye brood met botter en marmite en sny die broodsnye in halwes.

    Klits eiers in die melk en gooi bietjie sout en peper by.

    Smeer 'n vuurvaste bak.

    Pak 'n stewige laag met die gesmeerde broodjies onder in die bak, rangskik spekvleis en tamatiesnye bo oor, strooi nou die kaas bo-oor.

    Gooi die eier-mengsel bo-oor en bak in oond by 180 *C vir 30 minute tot goudbruin... of in skottelbraai.

    ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    PAPTERT MET GROENTE Alma van Dyk Pretorius

    Stywe pap

    Kaas, gerasper

    Groente (uie, sampioene, wortels, baby marrows, kool, ens), gestoom

    Kruie, sout, peper

    In 'n oondbak, pak 'n laag pap, dan die groente, geur dit, dan kaas. Herhaal die lae en bak in oond tot kaas gesmelt isongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing

    Sommer Net Ekke

    Mielie tert (Onbekend)

    Bestanddele

    60 ml Koekmeelblom

    15 ml Bakpoeier

    2 blikke (410 g) geroomde suikermielies

    40 ml Suiker

    60 ml Gesmelte Margarien

    4 Eiers Geklits

    Metode

    Voorverhit oond tot 180° C. Smeer 'n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis.ongeveer 4 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Marina Strydom

    Net ons nuwe braaibroodjie om met julle te deel. 1 pak van daai klaar gemaakte deeg, tamatiepuree, knoffel, patatobake, room en kaas. Druk deeg plat op broodbord en smeer tamatiepuree en knoffel orals. Gooi kaas oor en rol dan deeg op. Sny in wiele en pak in bakskottel. Maak patatobake met room aan en gooi oor deeg mengsel. Bak tot gaar. Hierdie is hemels. Met komplimente van my vriendinongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Wilmarie Jones Fyfe

    Hallo Dames, wil net 'n vinnige Broodjie resep met julle deel. 500g Self Raising Flour, 500ml Karringmelk, 1 x Pakkie wit uie soppoeier, 1 x Koppie gerasperde Kaas. Meng alles saam en sit in klein brood pannetjie en bak vir een uur by 180'C. Vinnig en maklik!ongeveer 4 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    KERRIE-UIE (Heerlike bykos by braaivleis)

    Maak ten minste 3 weke vooraf, bottel en plaas op rak - nie in yskas!

    1,5 kg uie, geskil en in ringe gesny

    500 g fyn appelkooskonfyt 100 ml druiwe-asyn

    7 ml matige kerriepoeier 7 ml sout

    7 ml borrie 125 ml suiker

    Vermeng alles deeglik en laat ongeveer 2 ure lank staan voordat dit gebottel word. Laat minstens 3 weke lank by kamertemperatuur verouder voor dit gebruik word.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    MIELIEPAPTERT

    1 liter kookwater 3 ml sout

    420 ml mieliemeel

    Vulsel:

    250 g spekvleis 150g (300ml) gekapte sampioene

    25 ml olie 125 ml Cheddarkaas, gerasper

    50 ml room 3 ml varsgemaalde swartpeper

    knippie sout 50 ml olie

    Gooi water en sout in kastrol en verhit tot kookpunt. Voeg mieliemeel by, roer en laat dit met die deksel op prut tot 'n matige stywe pap verkry word. Skep pap in gesmeerde losboompan of vorm dit en laat dit koud word.

    Vulsel:

    Braai spekvleis tot bros, laat afkoel en verkrummel dit. Soteer die sampioene in die uitgebraaide vet. Voeg die olie by indien nodig. Sny die koue pap horisontaal in 2 of 4 ewe dik stukke. Smeer dieselfde pan of vorm weer met olie en plaas die eerste laag pap onderin. Strooi een derde van die spekvleis, sampioene en kaas oor. Sprinkel 'n bietjie room, olie en geurmiddels oor. Plaas volgende paplaag bo-op en herhaal die lae totdat die vulsel opgebruik is. Hou bietjie kaas oor om bo-oor te strooi nadat die tert gebak is. Bak die tert 1 uur by 160ºC. Strooi res van kaas oor wanneer die tert uit die oond kom.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Mieliepap-tert

    Jy kan dié tert in 'n pot oor die vuur of in die oond gaarmaak.

    Genoeg vir: 6

    Bereidingstyd: 40 minute

    Gaarmaaktyd: sowat 1 uur 40 minute

    Oondtemperatuur: 180 °C

    25ml olyfolie of botter

    250g swoerdlose gerookte spek, gekap

    3 groot uie, gekap

    2 huisies knoffel, gekneus

    250g sampioene, gesny

    100ml droë wit wyn

    5ml droë kruie (basilie of origanum), of 15ml vars kruie

    2 x 425g-blikkies gekapte tamaties

    750ml mieliemeel

    1 x 410g-blikkie suikermielies

    300ml gerasperde cheddar

    250g swoerdlose strepiespek

    Sous

    1 Verhit die olie in 'n pot en braai die gekapte spek oor matige hitte. Skep die spek uit die pot uit. Braai die uie en knoffel tot goudbruin. Voeg die sampioene by en braai vir 'n minuut. Skep die spek terug in die pot en verhoog die hitte.

    2 Voeg die wyn saam met die droë kruie by. (As jy vars kruie gebruik, moet jy dit eers byvoeg as die sous klaar is.) Laat kook en prut vir sowat vyf minute. Voeg die tamaties by en kook oor hoë hitte tot die mengsel verdik. Hou aan roer om te keer dat dit brand. Haal van die hitte af en sit eenkant.

    Pap

    1 Gooi 1 750ml water in 'n ander pot en roer die mieliemeel en 15ml sout by. Kook oor lae hitte en roer totdat dit begin kook. Hou aan roer oor lae hitte vir agt tot 10 minute. Voeg die suikermielies by en haal van die vuur af.

    2 Smeer 'n oondvaste skottel, of gooi olie in 'n platboom-swartpot as jy dit oor die vuur gaan gaarmaak. Skep 'n 3cm-laag pap op die bodem en bedek dit met 'n laag sous. Gaan voort met die lae en eindig met 'n laag sous. Bedek met gerasperde kaas en pak die strepiespek in 'n kruispatroon bo-op die kaas.

    3 Bak in 'n voorverhitte oond vir 40 minute tot een uur. As jy dit oor die vuur wil gaarmaak, moet jy 'n paar kole onder die pot pak en dit vir een uur stadig gaarmaak. Pak dan 'n paar kole bo-op die deksel en bak dit vir nog 15 minute. Kyk af en toe dat dit nie brand nie.

    Blink idee Jy kan die resep halveer sodat dit in 'n standaardgrootte oondvaste skottel van 22 cm pas.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Foelie verrassing

    Foelie

    Bestanddele per persoon:

    1 piesang of peerhelfte uit ‘n blik

    4 malvalekkers

    4 blokkies donker sjokolade gerasper

    Metode:

    Indien piesangs gebruik word, skil en

    sny in lengte middeldeur. Plaas vrug

    op foelie. Bedek met malvalekkers en

    gerasperde sjokolade. Vou vrug goed

    toe met foelie. Plaas oor halfwarm

    kole vir 5-10 minute. Bedien dadelik.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Heerlike voorgereggie vir

    braaivleis

    Pynappelwiggies

    Russians in skuins skywe gesny

    Agurkies skuins gesny

    Metode:

    Marineer alles vir 'n paar uur in

    pynappelsous. Ryg op sosatiestokkies

    en braai vir so 5 minute.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Groenboontjiegereg by Braaivleis

    'n Pakkie Groenbone (dun tipe)

    4 - 6 huisies knoffel, fyn gesny of

    gerasper

    1 middelslag ui, fyngekap

    sout en peper na smaak

    3 teelepels bruin asyn

    3 teelepels olie

    ½ pakkie spek, fyngekap en bros

    gebraai

    Amandelvlokkies, opsioneel vir

    garnering

    Metode

    Kook die boontjies ongeveer 15 minute

    tot NET sag. Spoel af met koue water

    en dreineer baie goed. Meng die olie,

    asyn, sout en peper met die knoffel

    en uie. Gooi oor die boontjies in 'n

    mooi plat glasbak. Roer die

    brosgebraaide spek deur die bone en

    sprinkel amandelvlokkies (of enige

    ander neute) bo-oor vir garnering.

    Laat staan oornag in yskas en bedien

    volgende dag. Heerlik.ongeveer 3 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Sue Day Kwaai Braai Paai:

    (RSG)

    2 rolle skilferkorsdeeg

    1 pak spinasie

    gaar hoenderborsies

    1 pakkie gesnipperde spek

    1 ui

    1 rooi rissie

    1 geel rissie

    1 pak sampioene

    Feta kaas

    Mozzarella

    Cheddar

    Laat ontdooi die deeg en rol uit op snyplank.

    Braai ui, rissie en spek saam.

    Voeg Ina Paarman se Rosemary and Olive en peper by.

    1. Sit helfte van rou spinasie op deeg.

    2. Sny hoenderborsies in stukkies en plaas op spinasie.

    3. Sit uie en spek mengsel op.

    4. Pak sampioene op.

    5. Sit nou verskillende kase op.

    6. Eindig met ander helfte van spinasie.

    7. Plaas deeg bo-op. Verf met eier of melk.

    8. Maak deeg oral toe soos 'n pakkie.

    Gebruik rooster met randjies.

    Braai hoog op vuur.

    Braai 15 minute, draai gedurig om.

    Braai tot mooi goudbruinongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing

    Amor Adlem

    Ahh dankie vir al hierdie resepte! Kan nie wag om hulle uit te toets op nationale braai dag nie!ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Hi mag ek 'n reseppie deel wat ek nou die aand gemaak het saam met braaivleis?

    Ek het 'n gewone vinnige broodjiedeeg aanmekaar geslaan, gewag tot dit rys en uitgerol. Ek het toe bacon, uie, sampioene en 'n klein blikkie chakalaka saam in 'n pan gebraai, gewag tot dit afkoel en toe toe bo-op die broodjie deeg gesmeer en cheddarkaas bo-oor gestrooi. Ek het die deeg van 'n kant af begin rol, in skywe gesny en op 'n gesmeerde bakplaat geplaas so teen 160 grade, sê vir sowat 20min. Mense dit was heerlik. Dit kan werk vir 'n bykos vir braaivleis of selfs vir 'n southappie.

    Die broodjiedeeg is so vinnig en maklik ek gebruik dit vir my dumplings in my potjiekos of selfs 'n vinnige broodjie in die oond.

    2 k koekmeel

    1 pakkie yeast

    1 tlp suiker

    1 tlp sout

    Bietjie louwarm water om deeg te bind en lekker goed knie.

    Ek hoop julle sal dit probeer.

    Groete

    Colette van Schalkwykongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing

    Angelique Louise De Kock

    JAMBALAYA RYS

    15 ml olie

    3-4 streaky bacon

    1 gekapte ui

    2 selderye gekap

    500 ml rou rys

    1 liter hoender stock

    3 ml sout

    3 ml swart peper

    3 ml rooipeper (cayenne peper)

    1 lourier blaar (bay leaf)

    1 greenpeper in blokkies gesny

    1 x 410 g blikkie gekapte tamaties

    100 g ham in blokkies gesny

    200 g hoender blokkies gesny (gaar)

    15 ml pietersielie

    Verhit olie en braai bacon tot bros, dreineer bacon

    Braai ui tot sag, voeg seldery en rys by, roer aanhoudend – braai 1 minuut

    Voeg hoender stock, sout, peper, rooi peper en lourier blaar by en prut vir 10 minute

    Voeg greenpeper en tamaties by en laat prut vir verdere, 5-10 minute

    Voeg ham, bacon en hoender by en prut vir 5 minute

    Gooi mengsel in opskep bak en sprinkel met pietersielie ~ genoeg vir 4-6 persone

    ongeveer 2 maande gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    FLAMING PINEAPPLES ~ Jean-Marie Steenberg

    Ingredients

    1 fresh pineapple

    1/2 cup packed light brown sugar

    1/2 teaspoon ground cinnamon

    1/8 teaspoon freshly ground nutmeg

    1/4 cup butter or margarine

    1/2 cup light rum

    Ice cream, whipped cream or chilled soft custard (optional)

    Directions

    Cut pineapple in half lengthwise, leaving on green top.

    Cut each half lengthwise into four sections.

    Carefully cut pineapple away from peel.

    Remove core, then cut pineapple into 1-inch chunks; rearrange pineapple chunks on peel.

    Place in large baking pan or foil pan.

    Sprinkle with brown sugar, cinnamon and nutmeg; dot with butter.

    Place pan on edge of grill.

    Heat pineapple, on covered grill, over medium-hot briquets 10 minutes; remove pan from grill.

    In small saucepan, heat rum on range-top over low heat just until hot.

    Carefully ignite with match; pour flaming rum over pineapple, stirring sauce and spooning over pineapple.ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    1 skottel oondbroodjies:

    sit verskillende vulsels op die broodjies (roereier met pienksous, maalvleis, spek, kaas, marmite/bovril, tuna en mayo, chicken en mayo, spinasie room en feta, tamatie en uie ens ens). Dan sny jy die broodjies in driekhoekies en pak hulle in rye in jou oondpan. Verskillendes langs mekaar. Neem gerasperde kaas EN/OF 250ml vars room en 250ml melk en meng met pakkie wituie soppoeier. Gooi bo-oor broodjies en bak @ 180 grade C vir 20minute. Grill laaste 5 minute dat die gerasperde kaas bo-op goudbruin word.

    O ja, jy kan hierdie 1 skottel oondbroodjies ook as volg maak: Ryg al die verskillende broodjies (so 4-6) op 'n sosastiestokkie. Pak nogsteeds binne in oondpan soos resep hierbo. Elkeen kry dan sy toebroodjie sosatie - dit lyk baie lekker en is oulik! Groete Madri ♥ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing

    Kos idees vir moeë mammas

    Zenellé Joubert Coetzee

    BRAAIVLEISBOLLETJIES : 1pak bacon+kaas potatobake,1kop room,1kop melk,200ml kaas.1-2pakke gekoopte deeg.klits melk,room+potatobake.gooi helfte in pan.maak deegbolletjies en pak styf teen mekaar in pan.gooi orige sous oor en dan kaas.laat 30min staan.bak dan by 180 vir +- 40min. Dit is een wat ek gecopy het en dit was heerlik geniet dit!ongeveer 2 maande gelede • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    KAASGEREG:

    8 dik snye witbrood (smeer met botter)

    3 eiers

    sout, peper en mosterdpoeier

    2 kop gerasperde kaas

    3kop melk

    (opsioneel - pakkie bacon en 1ui gebraai)

    Pak 1 laag brood - gooi helfde van eier mengsel en spek en 1 kop kaas oor

    pak weer laag en gooi laaste melk en laaste die kaas bo-oor

    Bak in oond by 180 grade tot gaar en goudbruin.

    ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    KAAS PAN BROOD:

    Skep 2 eetl botter in bak voeg by 1 tl knoffelsout - sit in oond dat dit smelt - sprinkel bietjie rooi peper bo-oor

    Meng nou saam:

    2 en half kop meel

    4tl bakpoeier

    half tl sout

    2 kop gerasperde kaas

    1 en driekwart kop melk

    Meng alles goed

    Skep nou lepelsvol bo-op die botter en rooipeper mengsel

    Bak vir 1/20 min by 180grade

    Gebruik verkieslik 'n plat bak vir die geregongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    PATAT EN AARTAPPEL GEBAK:

    3/4 groot aartappels - in ringe gesny

    3/4 medium patats - in ringe gesny

    2 uie - gekerf

    Pak nou bo- genoemde in lae in 'n plat bak

    Meng:

    250ml room

    250 ml melk

    1 pakkie bruin uiesop

    Sout en swart gemaalde peper

    Gooi die nou bo-oor die aartappels

    Rasper kaas bo-oor en bak in oond vir 1 en half uur by 180 grade

    (opsioneel, jy kan mushrooms en spek braai en ook tussen die aartappel lae sit)

    ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    MIELIETERT/SOUFLE MET GROENTE:

    60 ml meel

    60ml suiker

    60ml botter gesmelt

    15ml bakpoeier

    4 eiers

    2 blikkies room mielies

    sout en gemaalde swart peper

    1 kg gemengde groene

    Koppie kaas

    1 tamatie

    Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie

    Gooi gemengde groente onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil, hang af hoe groot is jou bak

    Gooi mieliemengsel bo-oor

    Gooi gerasperde kaas bo-oor

    Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op

    Gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 gradeongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    STAMPMIELIE GEREG:

    500ml stampmielies

    250gr spek (fyn gesny)

    250ml room

    250 ml gerasperde kaas

    1pakkie wit uiesop

    250ml mayonaise

    7 ml sout

    250 gr sampioene (gekerf)

    1 uie gekap

    Week stampmielies oornag in water

    Dreineer en kook met skoon water. Voeg sout by. Kook tot sag en dreineer.

    Braai uie en spek tot gaar. Meng nou al die ander bestandele en voeg dit by stamp

    Gooi in bak en bak in in vir 1 uur by 180 grade

    ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    AARTAPPEL SOSATIES:

    Baie lekker bykos vir 'n braai

    24 klein baba aartappeltjies (kook tot gaar)

    Draai nou om elke aartappeltjie is repie spek

    Ryg in op sosatiestokkie -

    Pak in platbak

    Maak sous van:

    250ml suurroom

    grasuie gekap

    140 gr agurkies - fyngekap

    swart gemaalde peper

    Gooi bo-oor en bak in oond tot spek gaar en lekker crispy is.ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    KONDENSMELKPAP:

    2 L water

    10ml sout

    500ml mieliemeel

    maak gewone stywe pap en kook tot gaar

    Voeg by,

    1 blikkie room mielies

    1 blikkie kondensmelk

    250gr botter

    Bedien warmongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    SKILFEEKORS "PIZZA" OP DIE KOLE:

    2 rolle skilferdeeg - ontdooi en uitgerol

    1 pak spinasie of vars bossie

    Gaar hoender (geflok of in blokkies)

    250gr spek - 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar

    1 pak sampioene in skywe gesny

    Fetakaas

    Cheddar kaas

    Mozzarella kaas

    Gouda kaas

    Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse

    Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.

    Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter

    Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors

    Sit helfte van die rou spinasie op

    Sit hoender op

    Sit uie en spek mengsel op

    Pak rou sampiene op

    gooi speserye op

    Sit nou verskillende kase op

    Eindig af met ander helfte van pak spinasie

    Plaas ander skilferkos bo-op - knyp toe aan die kante

    Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors

    Knyp rooster toe.

    Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.

    Draai gedurig om.

    Kos idees vir moeë mammas

    ‎''n idee vir BRAAI BYGEREG: Ek het die naweek die aartappelgereg saam met ons braaivleis gemaak en dit was baie lekker gewees. Kook baba aartappels tot 95% gaar. Draai om elke aartappeltjie 'n repie spek. Ryg nou die aartappels saam met 'n groen of rooi kersie op 'n sosatie stokkie. Ek het 'n sousie gemaak van 'n teelepel appelkooskonfyt, botter, garlic, droe pietersielie, sout en gemaalde swartpeper en die oorgesmeer terwyl dit op die kole gele het – Geniet dit Rencia !!!!!!

    ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    VLAMIELIEBROOD:

    325ml Impala Mieliemeel

    15ml koekmeel

    5 ml bakpoeier

    50ml suiker

    5ml sout

    250ml suurmelk (amasi of karringmelk)

    2 eiers geklits

    125ml kaas gerasper

    Meng droe bestandele en voeg suurmelk en eiers by en helfte van die melk

    Gooi mengsel in goed gesmeerde bak (met botter)

    Gooi nou oorblywende melk bo- oor

    Gooi kaas bo-oor

    Bak 30/40min by 200 grade

    ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    BIERBROOD IN 'N BLIKKIE:

    500 gr bruismeel

    5 ml sout

    10ml suiker

    125ml gekapte pietersielie, kruie na jou smaak

    1 bier (kamer temp)

    geklitste eierwit

    BLIKKIES - 4 X 300 ml elk, of 'n paar klein tuna blikkies. Kondensmelk blikkies groot konftyt blikke , jou keuse

    Meng droe bestandele, pietersielie of enige ander kruie wat jy wil ingooi

    Gooi bier in en meng tot taai deeg -

    Verdeel jou deeg in die hoeeelheid blikkies wat jy het

    Smeer blikkies goed met botter of spray and cook

    Smeer die eierwitte bo-op en bak in oond vir 30 min tot gaar, goudbruin en uitgerys

    Vervang kruie en pietersielie met 125 ml kaas of 125ml gekerfde fyn biltong.

    Jy kan regrig hier enige iets saam met die deeg inwerk.

    Spar deeg werk net so lekker met die blikkies. Dit is ietsie anders by 'n braai.ongeveer ʼn maand gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    ROAST BUTTERNUT:

    Sny jou butternut in skywe, met skil aan. Hou die pitte eenkant. Sit in 'n oondpan of bak. Gooi oor bietjie garlic, tiemie, basil, roosmaryn, sout gemaalde swartpeper, mixed hetbs, enige iets wat jy wil oorgooi, en 'n lekker klomp olyfolie en bietjie balsamic vinager. Roast in die oond tot sag en gaar. Skud dit elke nou en dan sodat dit nie vasbrand nie. Braai nou in 'n pan die pitte tot gaar. As opdien, strooi die pitte, vars pietersielie en gekapte spruituie bo-oor.

    #

    BUTTERNUT SKYWE MET GARLIC:

    Saam met braai werk die ook lekker. Sny jou butternut in dik skywe - met skil aan. Smeer lekker homp botter op en garlic flakes, sout en gemaalde swartpeper - sny 'n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die butternut. Maak toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond.ongeveer 3 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    Julz van der Merwe

    PAPTERT:

    lekker groot pot krummelpap - groterige korrels wat lekker sal kan in balvorm kleef (gaar en half afgekoel)

    2 kop bruinbroodkrummels

    3/4 kop botter (gesmelt)

    3 pake bladspek

    1/2 kop melk

    6 eiers, geskei

    1blik geroomde sampioene

    1blik gesnipperde sampioene gedreineer

    2 lekker vol kops gerasperde Chedder

    170g blikkie ingedampte melk

    350 ml suurroom

    5ml sout

    oond op 180C en smeer oondskottel.Braai die spek bros in botter en krummel dit. Hou 'n bietjie van die spek vir garnering. Meng die pap, krummels en sout, voeg die botter by+meng goed. Voeg spek by krummelpapmengsel. Klits melk+eiergele saam en voeg dit en die sampioene en helfte van die kaas by papmengsel (kan stewiger gemaak word met xtra krummelpap of verslap met gebruik van melk)Rol nou bolle van papmengsel en plaas in oondskottel. Sprinkel res van kaas en spek oor. Giet suurroom nou oor papbolle gevolg deur ingedampte melk. Bak +- 45 min..

    • AARTAPPEL-EN TAMATIEGEBAK:

    4 uie dun dun gesny

    4 ryp rooi tamaties dun dun gesny

    6/8 middelslag aartappels (met skil) in dun dun skywe gesny

    2 knoffelhuisies gekap

    2 eetl masala of matige kerrie

    1tl fyn komyn

    1 blokkie hoender of groente aftreksel

    half kop room

    Braai uie, knoffel en speserye tot sag .Hou eenkant

    Pak nou die aartappels in treintjies sodat dit weer lyk soos lang worsies dws die aartappels staan op hul sye en le nie plat nie

    Druk nou so ooral, hier en daar 'n tamatieskyfie tussen die aartappels in.

    Gooi nou die uie mengsel bo-oor die aartappels.

    Meng die aftreksel met die room en gooi bo-oor die aartappels. Sit deksel op en bak in die oond vir ongeveer 'n uur tot gaar en sag.

    Opsioneel, ek persoonlik sou so 'n paar stukkies mushrooms en greenpeppers ook saam met die uie gebraai het om bo-oor te gooi.

    Bedien saam met braaivleis.

    ongeveer 2 weke gelede • • Rapporteer • Verwyder Plasing

    Rencia Odendaal Pretorius

    SLAPPAP POFFERTJIES:

    Maak lekker slap pap (mieliepap) en laat afkoel, gooi 'n geklitste eier en genoeg bruismeel by om 'n slapperige deeg te maak- nie loperig nie, maar ook nie styf nie. Gooi by bietjie sout as jy nie sout by die pap gegooi het nie, so eetlepel mosterd of mosterd sous en half koppie gerasperde kaas en knippie rooipeper en fyngekapte biltong. Bak nou teelepels vol in warm olie tot bruin en uitgepof. Dreineer op kombuispapier en eet warm of koud- dis vreeslik lekker

    Lizette Venter :

    PAP MET KAASKRULLE

    1 groot pak dubbel kaaskrulle

    Gesnipperde spek

    1 pot stywe pap

    Braai spek in bietjie olie. Wanneer gaar, gooi die kaaskrulle by en voeg voortdurend bietjies water by totdat kaaskrulle en spek ‘n lekker pasta gemaak het. Gooi die pasta in die pot pap en roer goed deur. Jy moet steeds 'n tamatie- en uiesous maak vir die pap - dit gee die pap ekstra geur.♥ RENS

    ROOSTERKOEK

    Bestandele:

    10 Roosterkoeke

    1kg growwe meel

    3 tl droe gis

    ½l louwarm water

    2 tl sout

    1 tl olie

    • 50 Roosterkoeke

    4kg growwe meel

    12 tl droe gis

    • 3l louwarm water

    5 tl sout

    • 5 tl olie

    Metode:

    Begin vroegoggend of die vorige aand met die roosterkoek deeg voorbereiding.

    Sprinkel die gis oor 'n koppie of bakkie louwarm water waarin 'n teelepel suiker opgelos is.

    Roer na 'n paar minute en los die gis om die skuim.

    Voeg dit dan by die meel en sout en voeg die olie en genoeg lou water by om 'n stywerige deeg te vorm.

    Smeer lig met olie, bedek en laat ruis tot die deeg verdubbel het.

    Knie tot glad.

    Knie goed af en vorm balletjies.

    Druk effens plat, plaas op die rooster en laat vir 10 - 15 minute rys.

    Plaas die rooster bo-oor ligte kooltjies en rooster aan albei kante tot bruin en gaar.

    Toets deur liggies te tik - as dit gaar is, klink dit hol.

    BRAAI BYGEREG: AARTAPPEL SOSATIES MET BACON EN KERSIES

    . Kook baba aartappels tot 95% gaar. Draai om elke aartappeltjie 'n repie spek. Ryg nou die aartappels saam met 'n groen of rooi kersie op 'n sosatie stokkie. Ek het 'n sousie gemaak van 'n teelepel appelkooskonfyt, botter, garlic, droe pietersielie, sout en gemaalde swartpeper en die oorgesmeer terwyl dit op die kole gele het . Jy kan ook mushrooms en baba uitjies saam op die sosatie stokkie opryg. GROETE RENS !!!!



    Like this post to subscribe to the topic.