5 DAG - 4 WEEK BUDGET SPYSKAART

  • 5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART

    Hier is ‘n paar resepte vir vinnige maklike kos vir al die lede wat partykeer uit idees hardloop vir aandetes. Hierdie resepte is eenvoudig en jy behoort die meeste goed in jou huis te he .Ek het die spyskaart uitgewerk vir 4 weke – Maandag tot Vrydag. Ek hoop julle vind baat daarby . Rencia !!!!

    Maandag:

    EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT

    Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)

    Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.

    Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.

    Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.

    Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder

    Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.

    Bedien met vars mengelslaai.

    Dinsdag:

    KRUMMEL LAM/SKAAP/VARK TJOPS MET KELLOG'S:

    20 gr kellogs en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas sal doen (fyngemaak)

    2.5ml paprika

    5ml gemengde speserye

    sout en gemaalde swartpeper

    Meng alles

    koekmeel

    eier

    4/5 vark/lam/skaap tjops

    Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder

    Druk die tjop in meek, dan in eier en dan in die kellogs mengsel.

    Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit

    Sit in bakpan met bietjie olyfolie onder in en sprinkel olie ook so bietjie bo-oor

    Oondbraai vir 30 min by 190/200 grade, draai om en bak vir verdere 15-20 min .

    Net voor opdiening - grill net se offe om dit lekker crispy temaak.

    Bedien met lekker mayo mash ertjies, mengelslaai, jacket potato, aromat potato wedges soet pampoen of patats.

    Woensdag:

    Rencia Odendaal Pretorius

    TUNAROL MET CHAKALAKA EN MIELIES

    As jy nie van die chakalaka hou nie, vervang dit met 1 ekstra blikkie tuna

    1 Rol blaardeeg, 1 x Tuna, 1 x Chakalaka met Mielies, 1 kop gerasoerde kaas,1 x gekapte ui, 1 x eetlepel mayonaise,1x teelepel mosterd. Meng alles in een bak, smeer oor dun uitgerolde deeg, rol op soos jamroll, smeer met melk of eier, sny 3 gleuwe vertikaal bo-op rol. druk goed vas langs kante. Bak op groot gesmeerde bakplaat

    vir 45 min by 180C.

    Bedien saam met mayo-mash, ertjies en mengelslaai/vars broodrolletjies

    Donderdag;

    CHICKEN GORDON BLEU

    Rencia Odendaal Pretorius

    Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie

    Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette

    Sit feta kaas bo-op

    Geur met sout en gemaalde peper

    Rol toe en neem nou “streaky bacon”en rol om die hoender

    So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies

    Sit in bakplaat

    Maak ‘n sous van chutney, garlic, suurlemoensap n bietjie wostersous en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn in as jy het. Dit is baie lekker.

    Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor

    Bedien met mayo-mash, ertjies mengelslaai of potato wedges.

    ** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.

    Bedien met mengelslaai/ertjies en mayo-mash of aromat potato wedges.

    Rencia Odendaal Pretorius

    MAYO MASH:

    Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar - maak fyn - Voeg by - gemaalde swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en 'n lekker homp botter - roer deur - gooi nou so 2 eetl mayonaise by - Voeg nou bietjie melk by om dit lekker creamy te maak. Roer deur en bedien Jy kan jou melk halfveer met room en melk - dit maak dit nog net meer creamy. Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk - onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

    Rencia Odendaal Pretorius

    POTATO WEDGES MET MEEL EN AROMAT: - kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges - gooi nou jou aartappels in 'n chekkers sak so 'n lekke klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat - ek het nou die dag van daardie nuwe Cheese aromat ook so 'n biejie bygegooi, dit gee 'n lekker kaas smaak - dan maak jy 'n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys - moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en dan le en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af - Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.

    Vrydag:

    SKAAP TJOPS IN ROOISOUS

    Pak jou skaap tjops onder in casserole. Sny lekker dik stukke uie ringe bo-op

    Maak die volgende sous en gooi bo-oor die tjops en bak in die oond. Hierdie resep werk net so lekker met hoender.

    • ROOI HOENDER/TJOPS: (sous-marinade in oond)

    Sit hoender of tjops onder in casserol

    Sny dik skywe uie bo-oor

    Maak sous van:

    1/2 kop tamatiesous

    1/2 kop chutney

    1/4 kop wostersous

    2 kop water

    3 eetl suiker

    Bak in oond vir 1 uur by 180gr

    Verdik sous met nog meel indien nodig.

    Bedien saam met lekker soetpampoen, rys en mengelslaai

    WEEK 2

    Maandag:

    Rencia Odendaal Pretorius

    BOBOTIE (MIKROGOLF)

    1 groot ui gekerf -1 sny brood - 200ml melk - 750gr maalvleis - 2 eiers - 15 ml appelkooskonfyt - 50 ml suurlemoensap 60gr rosyne - 4 teel kerrie - 5ml borrie - sout en peper - 30 ml chutney - Mikrogolf die olie en ui ...vir 1 min - roer - mikro vir 3 min weer - Week brood in helfte van die melk - Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap - Bedek en mikrogolf op 100 vir 10 minute - roer deur - maak weer gelyk en plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium onbedek.Gee staantyd met deur toe vir so 5 minute.

    Bedien met geelrys en soetpampoen en mengelslaai

    Dinsdag;

    TENDERISED STEAK MET KOMBERSIE

    Maak ‘n mengsel van meel en speserye – jou keuse, sout peper,bbq spices, Texan spices ens en meng deur

    Klits so 2 eiers en sit in plat bak

    Druk nou die steak eers in die meel, dan in die eier en bak vinnig in vlak olie in warm pan.

    Ons hou van ons steak medium, so ek gee so ongeveer 3 minute aan die een kant – draai om en 3 minute aan die ander kant.

    Bedien dadelik op met mash, of chips, mengelslaai en ertjies

    Woensdag:

    EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:

    1 hoender - gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok

    1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

    100 ml mayonaise

    1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak

    400ml witsous

    50ml gekapte vars pietersielie

    2 eiers geklits

    Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.

    Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor

    Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor

    Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

    OF

    ALI SE ALFREDO PASTA

    Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer

    1 groot ui (gekap)

    250gr spek

    1 pakkie mushrooms

    Braai bogenoemde tot sag

    Voeg by pasta en gooi 1 blikkie room oor.

    Gooi baie gemaalde swartpeper en aromat oor en laat prut oor lae hitte tot warm

    Bedien beide saam met lekker vars broodrolletjies of tuisgemaakte brood en slaaie

    Donderdag:

    OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS –WORS GEREG - whatsfordinner.co.za (SPAR)

    125ml melk

    175ml water

    2 eiers

    4ml sout

    250ml meel

    1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon

    500gr bief sausageworsiess

    1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

    1) Meng die melk, water, eiers en sout

    2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot 'n gladde deeg

    3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word

    4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)

    5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer 'n oond bak goed

    6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg

    7) Bak vir 35 min tot gaar.

    8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.

    Bedien saam met ‘n lekker slaai

    Vrydag;

    Rencia Odendaal Pretorius

    HOE OM VETKOEK TE BAK MET SPAR DEEG: Vat jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in 'n worsrol en sny 8 stukke uit die deeg. Vat 'n skinkbord en strooi meel oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir 'n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op 'n slag in die warm olie - Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol, en dit het 'n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.

    MAALVLEIS VULSEL

    Rencia Odendaal Pretorius

    Kook uie, maalvleis , aartappelblokkies ‘n koppie veggie catering mix en kook tot sag. Ek kook eers my uie,maalvleis en aartappels vir ‘n rukkie voor ek die groente bygooi anders kook dit pap. Die groente is mos reeds so te se gaar. As aartappels sag en gaar is, gooi orige ekstra water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot - dit maak dat die maalvleis so 'n lekker dik stywe beslag is. Dan gooi ek sout, peper chutney, kerrie, borrie asyn en suiker by in en kook lekker deur.

    WEEK 3

    Maandag:

    Rencia Odendaal Pretorius

    VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG:

    1 kg varkworsies

    1 groot ui gekap

    1 green pepper gekap

    50ml tamatiesous

    50ml wostersous

    50ml chutney

    410gr perske skywe

    Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)

    Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min

    Bedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

    DINSDAG:

    LASAGNE

    1 1/2 kg maalvleis

    2 uie gekap

    125 gram spek, gesnipper

    Braai bruin in 15 ml margarien of olie

    VOEG NOU BY:

    10 ml Origanum

    10 ml knoffelvlokkies

    1 vol teelepel sout

    1 Blik tamatiepuree

    250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.

    Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.

    KAASSOUS:

    Maak kaassous van:

    100 gram margarien

    100 ml meel

    sout na smaak

    850 ml melk

    Voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by.

    Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.

    Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.

    Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.

    Woensdag:

    • HOENDERPASTEI

    1kg hoender

    250ml mayonnaise

    250ml gaar rys

    2 hardgekoote eiers

    1 pakkie roomsampioensop

    1 pakkie hoenderroomsop

    1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg

    Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.

    Bedien saam met lekker vars slaai

    Donderdag:

    Rencia Odendaal Pretorius

    BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS

    500 g boerewors

    MOSTERDAARTAPPELS:

    4 groot aartappels

    4 repies spekvleis

    1 ui (gekap)

    1 knoffelhuisie (gekneus)

    2 agurkies (gekap)

    MOSTERDSOUS:

    1 eiergeel

    125 ml mayonnaise

    15 ml aangemaakte mosterd

    30 ml gekapte pietersielie of vars kruie

    Berei die mosterd soos volg:

    Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits

    tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie

    laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

    Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil

    aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai

    spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.

    Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg

    agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd

    aartappels in die middel van 'n ronde bord en rangskik wors rondom.

    Lewer 6 porsies.

    Bedien met mengelslaai

    Vrydag:

    Rencia Odendaal Pretorius

    TUNA KOEKIES:

    2 Blikkies (175gr) elk tuna (gedreineer) Koop die tuna chunks - 6 spruit uie of 1 ui gekap - 100gr pitmielies (gedreineer) gemaalde swart peper, 150 ml koekmeel , 10ml suurlemoensap, 3 eiers geklits, 3 ml sout, half tl bakpo...eier, 1 desert lepel chutney (opsioneel wat ek bysit, bietjie green, yellow en red pepper gee mooi kleur en so 'n bietjie gerasperde kaas) Meng alles en braai in olie in vlak pan.

    Bedien met mayonaise wat jy bo-oor sit, mayo mash , mengelslaai en /of ertjies.

    WEEK 4

    Maandag:

    Rencia Odendaal Pretorius

    SUURLEMOEN/UIE TJOPS"

    5 dik vark of beestjops

    5 dik uie skywe

    5 dun suurlemoen skywe

    75ml bruinsuiker

    75 ml wostersous

    10ml lemoensap - ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het

    5ml sout

    Lemoen of gemaalde swart peper

    Pak tjops onder in casserol.

    Sit 'n skyfie suurlemoen op en ui bo-op

    Maak sousie en gooi bo-oor

    Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade

    tot gaar en sousie lekker taai is.

    OF:

    4/6 varktjops

    Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper

    Maak sousie en gooi bo-oor:

    50ml bruinsuiker

    50ml tamatiesous

    50ml water

    Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak

    Bedien met lekker potato wedges / chips of mash en slaai

    Dinsdag;

    EENBAK HOENDERGEREG

    Gebruik casserole met deksel

    Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole

    Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor

    Pak jou hoender stukke bo-op

    Sny dik skywe uie bo-op

    Maak pakkie mushroom of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles

    Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender.

    Bak vir 1 en half uur by 150 grade C

    Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin

    Bedien saam met mengslaai

    Woensdag:

    OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI:

    Lillyne Grunewald

    1 ui, fyngekap olie

    500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap

    sout en varsgemaalde swartpeper 10ml Worcestersous

    30ml tamatiepasta 1 ekstra groot eier, geklits

    1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 60ml gladde maaskaas

    4 aartappels, geskil en in stukke gesny 50ml suurroom

    50ml Cheddarkaas, gerasper paprika

    Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit 'n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.

    Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

    Bedien met slaai

    Donderdag;

    Rencia Odendaal Pretorius

    HAWAISE LAMTJOPS:

    Marinade:

    1 blik (440gr) pynappelstukke gedreineer

    40ml sojasous

    40ml appelasyn

    2ml mosterdpoeier

    12.5ml olyfolie

    Meng alles en gooi bo-oor tjops vir ongeveer 3 ure. Haal tjops uit en sit marinade eenkant.

    Braai nou die tjops tot bruin in vlakpan. Rangskik tjops op bodum van casserol strooi sout,peper en 50ml bruinsuiker bo-oor en giet marinade weer bo-oor tjops.

    Bedek en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien sous bietjie dun is verdik met maizina.

    Bedien met lekker gebakte aartappels, potato wedges, slaai

    Vrydag:

    Rencia Odendaal Pretorius

    ANDERSTE BOBOTIE (BULLY BEEF) MET PIESANG:

    1 uie - gekap

    1 green pepper - fyn gekap

    Braai bogenoemde tot sag

    Voeg by: 15/20ml matige kerrie

    30ml appelkooskonfyt

    35ml asyn

    1 blik bully beef (fyn blokkies gesny)

    sout en swart gemaalde pepper

    Skep in gesmeerde bak

    Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel

    Sny piesang skyfies en rangskik bo-op - gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin

    BEDIEN SAAM MET MASH, SOETPAMPOEN, MENGELSLAAI EN VARS BROODROLLETJIES



    Like this post to subscribe to the topic.